Versteekde onkostes by troues

ARTIKELFOTO<>

Kyk vir diensverskaffers in jul begroting.

Jy hoef nie te gaan met die duurste diensverskaffers nie, want hul het ‘n begroting vir ‘n groot advertensie veldtog en beste webwerwe wat verseker in hul prys-etiket ingewerk word.  Kyk eerder na diensverskaffers wat nie weet hoe goed hul werk is nie.  Laat die produk homself verkoop.


Doen-dit-self waar moontlik

Betrek familie en vriende met die beplanning van jou troue dalk het iemand ‘n vaardigheid wanneer dit kom by iets maak wat jou beursie verligting sal gee en hoor by hul of hul weet waar jy seker items goedkoper kan kry.  Die persone sal dit so waardeer as julle hul betrokke maak.  Keer tog net dat hul oorvat, dit bly julle troue.


Buite-seisoen blomme

Ons alma is mal oor Pioen blomme, maar het jy geweet hul seisoen is die Lente? Probeer om te gaan vir blomme wat bietjie buite hul seisoen is.  Gesels met jou bloemis en kyk watter ander opsies daar is wat jou paar rand sal spaar maar ewe mooi lyk.


Nie-Goedgekeurde diensverskaffers

Meeste venues het hul eie lys van diensverskaffers met wie hul gereeld werk.  Hoor by die venue watter diensverskaffers werk gereeld daar en gaan kyk na daardie diensverskaffers se portefeuljes en vergelyk dit met die diensverskaffers van jul keuse en so kan jul ‘n ingeligte besluit neem.


Hotel kamer vir die vorige aand

Om te slaap in ‘n hotel kamer die vorige aand kan help met die stres vlakke, want jy kan heerlike koffie drink en ontbyt word bedien, onthou net jou grimering kunstenaar en haarstilis sal tien teen een per kilometer brandstof heffing by jou rekening plaas.  Hoor net wat is hul reis kostes ensovoorts.


Krag

Jy sal dink moet ingesluit word, of hoe?  Wel, as jy trou in ‘n ou gebou of afgeleë plek wat nie voorberei is vir groot gebeure nie, sal jy mag betaal vir ‘n kragopwekker.


Oortyd

Die feesviering is aan die gang en almal kuier lekker, maak vooraf seker wat die diensverskaffers, soos fotograwe, platejoggie en videograwe, personeel  en venue huur per uur se kostes is.


Etes vir diensverskaffers

Jul gaste lys is op gestel en almal het R.S.V.P gestuur, so jul weet hoeveel gaste jul moet spyseniering moet voorberei.  Gewoonlik betaal paartjies per kop vir hul gaste se etes.  Maak voorsiening vir gaste wat nie R.S.V.P gestuur het nie – Ons weet dis ongemanierd, maar dit gebeur.

Besef ook asb jul diensverskaffers werk lang ure om jul troue so spesiaal moontlik te maak so voorsien etes vir die platejoggie, fotograaf en Videograwe.  Vra ook die diensverskaffers hoeveel assistent hul het, want soms kom fotograwe en Videograwe in ‘n span met een tot vier assistente.