Thys & Carina se mooi troue

Na ‘n vriendskap wat gelei het na ‘n hegte verhouding het Thys en Carina die knoop deur gehaak op ‘n prentjie mooi dag in die mooie Paarl.

Ons hou baie van die kapel wat toegangbaar is oor ‘n bruggie en in die middel van ‘n dam kan paartjies voor hul vriende en familie die ewige eg sweer.  Die majestueuse tuine is is ideaal om mooi kiekies te kry wat jou vir jare gaan hou om jou kinders en klein kinders te wys.

Die dekor van die onthaal is sag met ‘n vintage gevoel.

Geniet die fotos.


carina-en-thys_0001carina-en-thys_0002 carina-en-thys_0003 carina-en-thys_0004 carina-en-thys_0005


Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Ons het mekaar ontmoet by ‘n vriend van ons wat ons albei geken het by ‘n braai  Van daar af het ons mekaar kort kort gesien en op ‘n dag het ons nommers geruil en begin praat en saam uitgaan.  Ons was vriende vir ‘n rukkie en toe het hy my uitgevra…en 10 jaar later het ons getrou.


carina-en-thys_0006 carina-en-thys_0007


Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?

Die liefde wat ons het vir mekaar, ons hou van eenvoud, maar ek het ‘n oog vir detail, maar die hart tema was ons liefde vir mekaar twee harte wat een word.  Ons hou van die buite lewe, so dit is hoekom ons ‘n venue gesoek het waar ons buite kon trou.


carina-en-thys_0009 carina-en-thys_0010 carina-en-thys_0011 carina-en-thys_0012 carina-en-thys_0013 carina-en-thys_0014


Was julle met wittebrood?

Ja ons was weg na Zanzibar, dit was ongelooflik verby, dit het nie na veel gelyk toe ons daar gekom het nie, maar die see en blou waters by die oord is asemrowend, die mense is so gaaf en wil net help en hulle kultuur vir hulle land is so mooi.   Ek sal definitief weer gaan.  Ons was by Melia oord gewees, en dit was wonderlik gewees, die hotel was so mooi en ons het so lekker ontspan daar.


carina-en-thys_0015 carina-en-thys_0016 carina-en-thys_0017 carina-en-thys_0018 carina-en-thys_0019 carina-en-thys_0020 carina-en-thys_0021 carina-en-thys_0022 carina-en-thys_0023 carina-en-thys_0024 carina-en-thys_0025 carina-en-thys_0026 carina-en-thys_0027 carina-en-thys_0028 carina-en-thys_0029


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Maak altyd tyd vir mekaar, die lewe kan so besig raak met werk en ander goed, maar wees altyd daar vir mekaar, daar is niks beter in die lewe as om iemand te hê wat jou oneindig lief het en wat jou altyd eerste sal stel in die lewe nie, maak nie saak wat gebeur nie bly lief vir mekaar.


carina-en-thys_0030 carina-en-thys_0031 carina-en-thys_0032 carina-en-thys_0033 carina-en-thys_0034 carina-en-thys_0035 carina-en-thys_0036


Diensverskaffers: