Oulike Gratis Drukbare Confetti Sakkies

laaiafsilk-twine-on-mooi-troues_0001


Confetti is ‘n groot deel van ‘n troue want dit simboliseer dat jou geliefdes jul toe gooi met hul seëninge.  Jy kry soveel verskillende tiepe confetti deesdae, van uitgedroogde blomme tot sade.  Silk & Twine het die oulikste Confetti sakkies ontwerp wat jy gratis kan aflaai vanaf Mooi Troues.  Hierdie sakkies is maklik om by die huis te maak en ook ‘n bekostigbare en baie mooi elegante opsie vir jou troudag.  Al wat jy nodig het is oulike sakkies, A4 karton papier waarop jy die gratis ontwerp kan laat druk en jou Confetti. Jy druk die ontwerp op jou papier by ‘n professionele drukker of op jou drukker by die huis, dan knip jy dit uit so groot as wat jou sakkie se breedte is.  Vou dit dan in twee en plak dit met gom aan die sakke vas. Ons beveel aan jy gebruik altyd eko-vriendelike confetti wat nie die omgewing om jou sal skade doen of vuil maak nie.


silk-twine-on-mooi-troues_0002laaiafsilk-twine-on-mooi-troues_0003 silk-twine-on-mooi-troues_0004


Artikel Krediet:

Skryfbehoeftes: Silk & Twine