Ons kuier ‘n naweek by Mofam River Lodge

mofam-river-lodge_0001


Ons was vir ‘n naweek uit genooi om te kuier by Mofam River Lodge in Elgin.  Die oord is so 80-kilometer van Kaapstad en ‘n perfekte ontspanne luukse wegbreek plek vir jou droom troue, wittebrood of net ‘n plek om van alles te vergeet en die natuur skoon om jou te geniet.   Vermy ‘n stresvolle rit en maak seker om die tekens te volg vanaf die Appletiser Pad in Elgin.

Mofam River Lodge is geleë op die oewer van die Palmiet rivier wat lekker aktiwiteite aanbied soos visvang, streng vang-en-terug-gooi beleid in plek,  Kano’s wat jy gratis kan neem om te gaan roei, Prentjie mooi staproetes en vierwiel-motorfietse vir die gene wat eerder die plaas lewe wil verken op vier wiele.   Daar is ook vele binne-huise aktiwiteite vir diegene wat minder avontuurlustig is.

Ons was gegroet met ons aankoms deur die hoofbestuurder wat ons onmiddellik tuis laat voel het en dadelik ons ingelig het hoe Mofam se bedryf-prosedures werk.  Indien jy nie so goed geluister het nie is daar wel ‘n leer met alle inligting van A-Z wat jy sal benodig, dus is daar geen verskoning om oningelig te wees nie.


mofam-river-lodge_0002 mofam-river-lodge_0003 mofam-river-lodge_0004 mofam-river-lodge_0005 mofam-river-lodge_0006


Die ten volle gelisensieerde restaurant,  Flavours het ons ook baie aangenaam verras.  Dit ontwerp van buite en binne is saam was vars.  Die hele restaurant se vloer is bedek met nagemaakte gras tapyte en tafels met verskillende stoele is wit geverf.  Die spyskaart is lip-lek lekker en die porsies is groot, want die spyskaart woord voorberei uit ‘n Suid-Afrikaans plaas kombuis en daar is geen Franse-Kookkuns nie.  Jy sal verseker nie honger ly na jou maaltye nie.  Die ander lekker element is dat jy jou etes op jou kamer se stoep kan geniet wat uitkyk op grasperke en die Palmiet Rivier.  Bespreek dit asseblief net vooraf met die vriendelike diens personeel op die perseel om te verhoed dat jy sit en wag sonder enige diens.

Alle kamers is in hout huisies wat luuks uitgerus, hoë kwaliteit linne, koffie-stasie en en-suite met warm water wat deur ‘n gas warmwatersilinder voorsien word.  Ontbyt is ook ingesluit.

 


mofam-river-lodge_0007 mofam-river-lodge_0008 mofam-river-lodge_0009 mofam-river-lodge_0010 mofam-river-lodge_0011 mofam-river-lodge_0012 mofam-river-lodge_0013 mofam-river-lodge_0014 mofam-river-lodge_0015 mofam-river-lodge_0016 mofam-river-lodge_0017


Die Mo-Villa word vir die Bruid en haar strooimeisies aangebied die aand voor die trou dag en daar kan tot tien mense slaap.  Hierdie afgeleë luukse selfsorg akkommodasie bied alles vir ‘n lekker kuier saam jou meisies die aand voor jy Mevrou word.  Julle sal van die villa vervoer word op ‘n veerboot om jou Meneer en gaste te ontmoet.

Paartjies verkies dit om hul trou seremonie by die Labirint te hou wat majestueuse uitsigte het wat jou sal laat voel of jy in ‘n ander wêreld is.

As dit kom by jul onthaal, kan jul kies of jul ‘n buite-lug troue wil hê onder ‘n markies tent op die oewer van die Palmiet rivier en groen grasperke of elegante minimalisme venue.  Mofam bied ‘n volledige venue koördinering diens en die trou-koördineerder verseker dat elke personeel lid goed ingelig is van die verloop van jul verblyf by Mofam sodat alles seepglad verloop.

Ons hoop jul geniet die fotos soos ons die naweek by Mofam geniet het.


mofam-river-lodge_0018 mofam-river-lodge_0019 mofam-river-lodge_0020 mofam-river-lodge_0021 mofam-river-lodge_0022 mofam-river-lodge_0023 mofam-river-lodge_0024 mofam-river-lodge_0025 mofam-river-lodge_0026 mofam-river-lodge_0027 mofam-river-lodge_0028 mofam-river-lodge_0029 mofam-river-lodge_0030