Leon & Sonja se pragtige verlowing fotosessie

Richard and Samantha_0077


Dit gebeur baie dat iemand ‘n oog het op ‘n ander persoon en wonder of die persoon ooit weet jy bestaan… Al wat dit soms neem is ‘n bietjie moed en jy sal aangenaam verras word dat eintlik ‘n wedersydse gevoel is.

Dit is die storie van Sonja en Leon wat jul gerus onder meer van kan lees en Sonja vertel graag wat haar aandag na Leon getrek het.


Richard and Samantha_0078 Richard and Samantha_0079 Richard and Samantha_0080 Richard and Samantha_0081 Richard and Samantha_0082


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Dit was 2008, so 7 jaar terug toe ek Leon vir die eerste keer ontmoet, ons was albei in dieselfde skool.  Ek het altyd geweet van hom, maar nie so seker hy het ooit geweet wie ek was nie, hy was ‘n senior 2 jaar ouer as ek.  Ek het die grootste hoërskool crush op hom gehad en nooit gedink hy sou belangstel in my nie!  Om n lang storie kort te maak ek het op een of ander manier sy aandag gekry.  Hy was maar ”n skaam seuntjie as dit kom by meisies, so was makliker as wat ek gedink het.  Ons het dadelik gekliek, ek was dol verlief, alles van hom was perfek!  Sy skaam mondjie as hy met my praat, sy snaakse neusie, groen ogies en krul hare!!


Richard and Samantha_0083 Richard and Samantha_0084 Richard and Samantha_0085 Richard and Samantha_0086 Richard and Samantha_0087


Hoe het julle verloof geraak?

Ons was laas jaar Oktober op ‘n familie vakansie Botswana toe, ons het die Delta en Chobe getoer saam Leon se ouers. Ons het op ons laaste dag in Botswana besluit om Victoria Valle toe te gaan vir die dag, aangesien ons so naby aan dit was kon ons dit net nie mis nie.  Dit was by Victoria Valle die agste uit kyk punt as ek dit nie verkeerd het nie (hoof uitkyk punt) waar hy toe afgaan op een knie en my vra of ek sy vroutjie sal wees.  Natuurlik het ek “JA!” gesê met trane in my oë!  Ons het daarna dit gaan vier saam sy ma’lle in Zambië met ‘n koue “Mosi” (Zambiese bier) in die hand, dit was wel een van die warmste dae wat ons nog daar beleef het.


Richard and Samantha_0088 Richard and Samantha_0089 Richard and Samantha_0090 Richard and Samantha_0091 Richard and Samantha_0092 Richard and Samantha_0093 Richard and Samantha_0094 Richard and Samantha_0095 Richard and Samantha_0096 Richard and Samantha_0097 Richard and Samantha_0098 Richard and Samantha_0099 Richard and Samantha_0100 Richard and Samantha_0101 Richard and Samantha_0102 Richard and Samantha_0103 Richard and Samantha_0104 Richard and Samantha_0105 Richard and Samantha_0106 Richard and Samantha_0107 Richard and Samantha_0108 Richard and Samantha_0109 Richard and Samantha_0110 Richard and Samantha_0111


Wanneer beplan julle om te trou?

7  Mei 2016 by Vredenheim wynplaas, Hudson’s trou venue, Stellenbosch.


Richard and Samantha_0112 Richard and Samantha_0113 Richard and Samantha_0114 Richard and Samantha_0115 Richard and Samantha_0116 Richard and Samantha_0117 Richard and Samantha_0118 Richard and Samantha_0119 Richard and Samantha_0120 Richard and Samantha_0121 Richard and Samantha_0122 Richard and Samantha_0123 Richard and Samantha_0124 Richard and Samantha_0125 Richard and Samantha_0126 Richard and Samantha_0127 Richard and Samantha_0128 Richard and Samantha_0129 Richard and Samantha_0130 Richard and Samantha_0131 Richard and Samantha_0132 Richard and Samantha_0133 Richard and Samantha_0134 Richard and Samantha_0135 Richard and Samantha_0136 Richard and Samantha_0137 Richard and Samantha_0138 Richard and Samantha_0139 Richard and Samantha_0140


Ander Diensverskaffers:

Fotograaf: Monique Harris van Fraai Photo and Design