Jacoba Clothing gee strooimeisie rok inspirasie

Vandag wys Anna van Jacoba Clothing vir ons baie mooi alternatiewe vir strooimeisie rokke.  Anna bespreek ook met ons die nuwe tendense by troues as dit kom by strooimeisie rokke en gee baie goeie raad wanner dit kom by die kies van kleur skemas vir jou strooimeisie rokke en die meisies se figure wat die rokke moet dra.

Ons by Mooi Troues is absoluut verlief op die inspirasie en weet sommer ons lesers sal ook baie hiervan hou.


jacoba-clothing-fotos_0001jacoba-clothing-fotos_0002 jacoba-clothing-fotos_0003 jacoba-clothing-fotos_0004 jacoba-clothing-fotos_0005 jacoba-clothing-fotos_0006


Wat was die inspirasie agter die fotosessie?

Met hierdie fotosessie wou ons iets anders as die gewone pastel kleur bruidsmeisie-rokke probeer.  Ons wou aandui hoe veelsydig Jacoba rokke kan wees en hoe ‘n groot verskil bykomstighede en kleur kan maak.

Ons het sterk kleure gebruik om ‘n stelling te maak.  Met die Swart het ons die ‘Boheemse’ as inspirasie gebruik, maar op ‘n meer donker en dramatiese wyse.  Met die rooi was ons inspirasie die  ‘Italiaanse weduwee’.  Die kruishandruikers van N Concepts and Designs het definitief hierdie styl gemaak!  Vir die groen fotosessie het ons ‘oorvloed’ gebruik as inspirasie met goue bykomstighede en baie blomme.


jacoba-clothing-fotos_0007 jacoba-clothing-fotos_0008 jacoba-clothing-fotos_0009 jacoba-clothing-fotos_0010jacoba-clothing-fotos_0028 jacoba-clothing-fotos_0011


Wat is die nuutste tendens wanneer dit kom by strooimeisie rokke?

Die Boheemse tendens is groot hierdie jaar.  Lang, vloeiende rokke met baie armbande,  oorgroot halssnoere of lang oorbelle.

Groen is een van die groot kleure vir die seisoen van in ‘n ligte pastel tot ‘n donker woud- of Smaraggroen.

Pastelkleure sal altyd in die mode wees vir troues en dit kan aansluit by die boheemse tendens.  Wit strooimeisie-rokke is ook iets wat ons baie sien op die oomblik.  Kant is ook nog gewild, veral iets met ‘n geskulpte randjie.  Deurskynende Maasstof (“Mesh”) panele is ‘n groot tendens vir die meer waaghalsige strooimeisie.


jacoba-clothing-fotos_0012 jacoba-clothing-fotos_0013 jacoba-clothing-fotos_0014


Advies vir toekomstige strooimeisies vir hulle keuse van rokke?

Die belangrikste – GEMAK.  As jy gemaklik voel, voel jy mooi en jy wil nie die heel aand trek aan ‘n rok wat nie goed pas nie.  As ‘n rok jou figuur pas is jy al 99% daar.  Jy sal weet dis die regte rok as jy met ‘n glimlag en ‘n swaai uit die aanpas-hokkie kom!  Dan die gewone reël van hoe groter die grootte is, hoe donkerder moet die kleur wees. Dus as jou strooimeisies almal verskillende groottes is, probeer om ‘n paar skakerings van een kleur te kies in plaas van almal in dieselfde kleurskakering.  Op hierdie manier kan die voller figure die donkerder kleure dra.


jacoba-clothing-fotos_0015 jacoba-clothing-fotos_0016 jacoba-clothing-fotos_0017 jacoba-clothing-fotos_0018 jacoba-clothing-fotos_0019 jacoba-clothing-fotos_0020


Wat maak Jacoba Clothing se rokke anders as die res?

Ons rokke word ontwerp met figuur tipes in gedagte.  Die meeste meisies en vrouens het dele waarvan hulle minder hou as ander en ons probeer om rokke te ontwerp wat elke figuur-tipe en grootte pas.  As ‘n rok jou figuur pas voel jy gemaklik en as jy gemaklik voel, lyk jy mooi.  Met die meeste van ons rokke kan jy ook die moue verander of bostukke en rompe meng en pas sodat jy ‘n rok kry wat jou soos ‘n godin laat voel.  Ons het dus ook baie rokke vir die voller figuur asook vir die Moeder van die Bruid/Bruidegom. Ons rokke is gemaklik, goeie kwaliteit en veelsydig.


jacoba-clothing-fotos_0021 jacoba-clothing-fotos_0022 jacoba-clothing-fotos_0023 jacoba-clothing-fotos_0024


Hoe kan ons lesers die rokke koop?

Jy kan enige tyd ‘n draai kom maak by ons winkel in Tuine in Kaapstad. Dis nie nodig om ‘n afspraak te maak nie, jy kan net inkom wanneer dit jou pas. Indien jy nie in die Kaap is nie, kan ons kleur voorbeelde stuur en jou rok(ke) koerier.


jacoba-clothing-fotos_0025 jacoba-clothing-fotos_0026 jacoba-clothing-fotos_0027


Artikel krediet: