Enrico & Carike se selfdoen strand troue

Enrico en Carike is ‘n pragtige paartjie en ons by Mooi Troues is opgewonde om vandag hul selfdoen strand troue met ons lesers te deel.  Enrico was heel emosioneel toe hy Carike sien aangestap kom na hom waar hy voor die kansel gestaan het.  Die paartjie het se trou fotosessie was ook ‘n goeie kontras met trein spore en sand-duine waar die water die mooiste refleksie gemaak het met die sonsondergang.  Hul gaste was bederf met Seekos pot op ‘n oop vreugdevuur wat hul geniet het in die venue wat mooi opgemaak is deur die paartjie en familie.  Geniet hierdie paartjie se troue.

Enriko en Carika_0001Enriko en Carika_0002 Enriko en Carika_0003 Enriko en Carika_0004 Enriko en Carika_0005 Enriko en Carika_0006 Enriko en Carika_0007 Enriko en Carika_0008 Enriko en Carika_0009 Enriko en Carika_0010 Enriko en Carika_0011 Enriko en Carika_0012 Enriko en Carika_0013

Hoe het julle die eerste keer ontmoet


Ons het saam gewerk en Enrico het my eendag gevra of ek wil gaan koffie drink.  Ons het net gekliek, voor ons ons oë kon uitvee was ons verlief en verlore en soos hul sê, “Die res is geskiedenis”!

Enriko en Carika_0014 Enriko en Carika_0015 Enriko en Carika_0016 Enriko en Carika_0017 Enriko en Carika_0018 Enriko en Carika_0019 Enriko en Carika_0020 Enriko en Carika_0021 Enriko en Carika_0022 Enriko en Carika_0023 Enriko en Carika_0024 Enriko en Carika_0025 Enriko en Carika_0026

Hoe het jul verloof geraak?


Ons het n lang naweek weg gereël Clarens toe.  Enrico het my op een van die berge in Golden Gate, 2 jaar voor dit uitgevra en ons wou op die datum dit weer herleef.  Ek het hom natuurlik n paar keer gevra of hy enige planne het vir n verlowing maar hy het vol gehou nie die naweek nie.  Teen Sondag het ek gedink daar is geen kans nie en toe daarvan vergeet.  Ons het die Sondag oggend Golden Gate toe gegaan en wou piekniek nadat ons gaan stap het, maar die wind was so sterk ons het op die berg gestop en agter in die bakkie gesit en piekniek.  Na n rukkie het ek geloop om fotos te neem en toe ek terug kom toe staan Enrico buite die bakkie reg met n groot drukkie (en hy het my opgetel en reg gedraai na die kamera wat in die bakkie besig was om n video te neem).  Toe hy my neersit het ek gedraai om my hare uit my gesig te bind en toe ek terug draai toe sit hy op een knie.  Ek het gehuil en was so stom geslaan hy moes weer vra wat my antwoord is.  Dit was die perfekte plek en perfekte oomblik!

Enriko en Carika_0027 Enriko en Carika_0028 Enriko en Carika_0029 Enriko en Carika_0030 Enriko en Carika_0031 Enriko en Carika_0032 Enriko en Carika_0033

Hoe lank was jul saam voor julle getrou het?


Ons was 2 jaar saam toe ons verloof geraak het en 11 maande verloof.

Enriko en Carika_0034 Enriko en Carika_0035 Enriko en Carika_0036 Enriko en Carika_0037 Enriko en Carika_0038 Enriko en Carika_0039 Enriko en Carika_0040 Enriko en Carika_0041 Enriko en Carika_0042 Enriko en Carika_0043 Enriko en Carika_0044 Enriko en Carika_0045 Enriko en Carika_0046 Enriko en Carika_0047 Enriko en Carika_0048 Enriko en Carika_0049 Enriko en Carika_0050 Enriko en Carika_0051 Enriko en Carika_0052 Enriko en Carika_0053 Enriko en Carika_0054 Enriko en Carika_0056 Enriko en Carika_0057 Enriko en Carika_0058 Enriko en Carika_0059

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Daar is so iets soos ware liefde en Sielsgenote.  Partykeer moet mens eers jou kop stamp voor jy weet wat jy wil hê maar vertrou op God en weet dat sy tyd reg is.  Mens moet mekaar elke dag laat spesiaal voel en doen moeite met mekaar.  Wees Sielsgenote teenoor mekaar.  Praat mooi en as jy moet raas probeer dit op n regverdige manier doen.  Luister na jou maat en sy/haar behoeftes.  Probeer om hulle liefdes-taal te verstaan. Staan bymekaar al raak dinge moeilik.  Opgee is maklik, dis die moeilike tye saam wat n huwelik maak werk.

Ons het vreeslik baie van die goedjies vir die troue self gemaak en gedoen. My swaer het die tafels gedoen, blomme rangskikkings en die  trou koek gepak.  Ons lampies is uit koffie bottels gemaak en die bootjies het ons ook self gemaak.  Ons is seker soos almal anders baie trots met hoe mooi ons troue was en dankbaar vir ons familie wat gehelp het.

Enriko en Carika_0060 Enriko en Carika_0061 Enriko en Carika_0062 Enriko en Carika_0063 Enriko en Carika_0064 Enriko en Carika_0065 Enriko en Carika_0066 Enriko en Carika_0067 Enriko en Carika_0068 Enriko en Carika_0069 Enriko en Carika_0070 Enriko en Carika_0071 Enriko en Carika_0072 Enriko en Carika_0073 Enriko en Carika_0074 Enriko en Carika_0075 Enriko en Carika_0076 Enriko en Carika_0077 Enriko en Carika_0078 Enriko en Carika_0079 Enriko en Carika_0080 Enriko en Carika_0081 Enriko en Carika_0082

Diensverskaffers: