Delft & Geel Makiti

Ietsie Blou, ietsie oud en ietsie geleen…  Dit is die die tema van die gestileerde fotosessie wat ons met jul deel.  Die Blou & Wit van die Delft porselein en die geel van die blomme is lekker vars op die oog.  Lees gerus onder meer oor die inspirasie agter die fotosessie wat verskillende persoonlikhede bymekaar bring en hoe so ‘n mooi konsep binne 24 uur gereël was.

delft-geel-makiti_0002 delft-geel-makiti_0003delft-geel-makiti_0001 delft-geel-makiti_0004 delft-geel-makiti_0005


Inspirasie van die fotosessie?

Ilse Louw van Blomstories het met die konsep van Delft, terracotta en ‘n titseltjie geel vorendag gekom “omdat dit nog nooit voorheen gedoen is nie”.  Sommige bruide soek iets met ‘n bietjie meer van ‘n speelse element en hierdie is perfek!  Dis “Netherlands meets Tuscany”.  Die idee agter die hele konsep was om twee total verskillende idees (en lande) bymekaar te bring.  Die Nederlandse inspirasie was Delft en tulpe en dan die goudgeel sonneblomme en terracotta potte van Tuscany.  Hierdie kombinasie het toe op die ou einde gelei tot ‘n geel en blou ontploffing!


delft-geel-makiti_0006 delft-geel-makiti_0007 delft-geel-makiti_0008 delft-geel-makiti_0009


Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?

Ons het alreeds ‘n hegte band gebou met die betrokke diensverskaffers en is altyd opsoek na iemand wat bereid is om iets anders te waag en ook hulle eie kreatiwiteit te gebruik.  Dus was hierdie die perfekte kombinasie van totaal verskillende idees en persoonlikhede.


delft-geel-makiti_0010 delft-geel-makiti_0011 delft-geel-makiti_0012 delft-geel-makiti_0013 delft-geel-makiti_0014 delft-geel-makiti_0015 delft-geel-makiti_0016


Wie het die fotosessie  gereël?

Ilse Louw van Blomstories het die konsep uitgedink en Marli Nel van Liefkraal Koördinering was toe verantwoordelik om die perfekte venue asook fynere elemente bymekaar te kry.  Ons het soveel pret gehad met die hele samevoeging van die sessie aangesien alles in ‘n baie kort tyd gereël is!  Ons bloemis het per ongeluk haar datum verkeerd gehad en toe al haar blomme vir 1 maand vroeër bestel.  Toe ons hierdie fout agterkom het ons besluit om steeds voort te gaan en daarom het ons letterlik als in 1 dag gereël!  Maar kreatiewe persoonlikhede laat hul nie deur sulke realiteite stuit nie.  Na 24 uur het ons die perfekte fotosessie gereël met hierdie speelse en natuurlike uitkoms.


delft-geel-makiti_0017 delft-geel-makiti_0018 delft-geel-makiti_0019 delft-geel-makiti_0020 delft-geel-makiti_0021 delft-geel-makiti_0022 delft-geel-makiti_0023 delft-geel-makiti_0024 delft-geel-makiti_0025 delft-geel-makiti_0026 delft-geel-makiti_0027 delft-geel-makiti_0028 delft-geel-makiti_0029 delft-geel-makiti_0030


Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?

Die beplanning daarvan.  Dit is ongelooflik bevredigend om na die tyd na die fotos te kyk en te weet dit is fantasties…en als is slegs in ‘n dag gedoen.  Die blomme vertel hul eie storie, saam met die Delft en terracotta elemente en die ongelooflike mooi venue.  Als het net perfek uitgewerk.


delft-geel-makiti_0031 delft-geel-makiti_0032 delft-geel-makiti_0033 delft-geel-makiti_0034 delft-geel-makiti_0035 delft-geel-makiti_0036 delft-geel-makiti_0037 delft-geel-makiti_0038


Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?

Gaan groot!  Baie bruide is bang om iets te probeer omdat dit te anders is, maar dit is belangrik om iets te kry wat jou persoonlikheid weerspieël.   Dis jou een spesiale dag en indien Sonneblomme en geel Knopkieries jou hart gelukkig maak, go for it!  Selfs kontrasterende kleure soos blou en geel kan op die ou einde die perfekte prentjie vorm.


delft-geel-makiti_0039 delft-geel-makiti_0040 delft-geel-makiti_0041 delft-geel-makiti_0042

Diensverskaffers: