Viljoen & Melodie se troue by Het Vlock Casteel

Op hul troudag het Viljoen en Melodie eg aan mekaar gesweer voor hul familie en vriende.  Die paartjie het gekies om hul troue te hou by Het Vlock Kasteel in die Swartland dorpie van Riebeeck Kasteel.

Wat die gewilde venue so besonders maak is dat die boustyl geïnspireer is deur die Kasteel die Goeie Hoop en is oring deur wingerde.  Die venue kan 250 gaste sonder ‘n dansvloer en 200 gaste met ‘n dansvloer vat.

Geniet die fotos en storie van die oulike paartjie.

Melodie & Viljoen Trou_0002 Melodie & Viljoen Trou_0003 Melodie & Viljoen Trou_0004Melodie & Viljoen Trou_0005 Melodie & Viljoen Trou_0006 Melodie & Viljoen Trou_0007 Melodie & Viljoen Trou_0008 Melodie & Viljoen Trou_0009 Melodie & Viljoen Trou_0010 Melodie & Viljoen Trou_0011


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

My vriendin/kollega het my gebel ‘Kom kyk hier!’  en daar op die rekenaar skerm sien ek toe sy gesig. ‘Hy’s langer as jy’  het sy gesê en so het ek besluit om vir die vriendelike gesig ‘n boodskap te stuur.  Ons albei het ‘n week verniet op die dating website gehad en met ‘n eenvoudige ‘Wit wyn of rooi wyn’ boodskap het ek besluit om ‘n kans te vat en so het als begin.  Ons eerste ontmoeting was by On the Rocks in Blouberg gewees so week later en soos hulle sê … the rest is history.


Melodie & Viljoen Trou_0012 Melodie & Viljoen Trou_0013


Hoe het julle verloof geraak?

My pa het die naweek afgekom Kaap toe sodat Viljoen my pa die groot vraag kon vra.  Min het ek daai Saterdag oggend geweet dat Viljoen klaar ‘n hele dag se verassings/bederfies gereël het.  Eks wakker gemaak met ‘n briefie van Viljoen af wat my inlig vandag is ons groot dag.  Ek het nog 5 briefies gekry deur die dag, waarvan ek die laaste een by my pa gekry het.  Met mooi blink naels, ‘n nuwe uitrusting en trane van blydskap het ek af gestap strand toe waar die man van my drome vir my gewag het, op sy knieë.


Melodie & Viljoen Trou_0014Melodie & Viljoen Trou_0015 Melodie & Viljoen Trou_0016 Melodie & Viljoen Trou_0017 Melodie & Viljoen Trou_0018 Melodie & Viljoen Trou_0019


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons het mekaar 17 maande geken voor ons getrou het.  Ons het mekaar in Julie 2014 ontmoet, in Maart 2015 verloof geraak en in Februarie 2016 getrou.  Viljoen het na ons eerste afspraak sy neef gebel en gesê: ‘Dit is ‘n vrou met wie ek sal kan trou’ … dit was regtig ‘n geval van ‘when you know, you  know!’


Melodie & Viljoen Trou_0020 Melodie & Viljoen Trou_0021 Melodie & Viljoen Trou_0022 Melodie & Viljoen Trou_0023 Melodie & Viljoen Trou_0024Melodie & Viljoen Trou_0025 Melodie & Viljoen Trou_0026 Melodie & Viljoen Trou_0027 Melodie & Viljoen Trou_0028 Melodie & Viljoen Trou_0029 Melodie & Viljoen Trou_0031 Melodie & Viljoen Trou_0032 Melodie & Viljoen Trou_0033 Melodie & Viljoen Trou_0034 Melodie & Viljoen Trou_0035Melodie & Viljoen Trou_0036 Melodie & Viljoen Trou_0037 Melodie & Viljoen Trou_0038 Melodie & Viljoen Trou_0039 Melodie & Viljoen Trou_0040 Melodie & Viljoen Trou_0041 Melodie & Viljoen Trou_0042


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Wees geduldig, die tydjie voor die troue is maar baie stresvol vir almal.  Gaan sien iemand vir huweliks-klasse, ‘n mens leer baie van die ander persoon en dit help om net iemand anders se siening oor iets te hê.  Probeer om altyd saam te baklei as om teen mekaar te baklei.  Iets wat ons baie gehelp het is om nie die maand voor die troue saam te bly nie, dis ‘n goeie manier om net ‘n bietjie spasie vir jouself te hê.  Mees belangrik geniet dit, dit gaan alles baie gouer verby as wat jy dink.


Melodie & Viljoen Trou_0043 Melodie & Viljoen Trou_0044 Melodie & Viljoen Trou_0045Melodie & Viljoen Trou_0046 Melodie & Viljoen Trou_0047 Melodie & Viljoen Trou_0048 Melodie & Viljoen Trou_0049 Melodie & Viljoen Trou_0050 Melodie & Viljoen Trou_0051 Melodie & Viljoen Trou_0052 Melodie & Viljoen Trou_0053 Melodie & Viljoen Trou_0054 Melodie & Viljoen Trou_0055


Diensverskaffers: