Tropiese inspirasie vir ‘n hennepartytjie

Met die dreigende winterkoue is ons opgewonde om vandag se gestileerde fotosessie met julle te kan deel wat die week sommer op ‘n helder en kleurvolle noot sal laat afspring.  Die fotosessie laat ons besef die lang warm somersdae is nie so ver meer nie en teen die tempo wat die jaar gaan is dit weer tyd vir baaikostuums en skemerkelkies.   Twee vriendinne wat lief is vir reis, ontwerp en tema partytjies het met die konsep opgekom en ons waardeer die kleurvolle elemente wat ons laat droom van Somer.

Ons by Mooi Troues weet julle sal die gestileerde fotosessie geniet en dink dit sal perfek werk by ‘n kombuis tee of hennepartytjie.


Stationery_0006 Stationery_0007 Stationery_0008 Stationery_0009 Stationery_0010 Stationery_0011


Inspirasie agter die fotosessie?

As dit kom by droom vakansies, troues en feesvieringe, kan ‘n mens tog nie help om van ‘n tropiese eiland te droom nie. Dalk verlang julle soos ek na nog ‘n paar warm daggies in jou baai kostuum  voor die winter koue ons verras. As ‘n groep vriendinne wat die wêreld na universiteit saam ontdek het, is amper elke verjaarsdag en herdenking (enige geleentheid eintlik) deur ‘n tema partytjie gevier. Ons wou graag ‘n tropiese tema bekostigbaar maak vir enige geleentheid en begroting. Tog was ons nie seker of ‘n tropiese tema moontlik sou wees sonder die palm bome en blou see nie.  Opgewonde het ons besef het: “Die perfekte lokaal is op ons voorstoep!”


Stationery_0012 Stationery_0013 Stationery_0014 Stationery_0015 Stationery_0016 Stationery_0017 Stationery_0018 Stationery_0019 Stationery_0020


Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?

Leanne is die eienaar en fotograaf van Leanne Love Photography.  Maxine is die eienaar en stilis by Stylingbymo.  Met ‘n liefde vir reis, ontwerp en ‘n tema partytjie of twee is dit geen wonder die twee geniet die lewe saam nie.


Stationery_0021 Stationery_0022 Stationery_0023 Stationery_0024 Stationery_0025


Wie het die fotosessie  gereël?

Leanne Steyn-Begley en Maxine Oakley


Stationery_0026 Stationery_0027 Stationery_0028 Stationery_0029


Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?

Jy kan jou tropies eiland in jou agterplaas geniet.  (wink-wink met ‘n skemerkelkie)


Stationery_0030 Stationery_0031 Stationery_0032 Stationery_0033 Stationery_0034 Stationery_0035 Stationery_0036 Stationery_0037 Stationery_0038


Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?

Om die tema lewensgetrou en natuurlik te hou het ons op 3 maklike bekombare elemente gefokus. Vrugte, kleur, en voëls.


Stationery_0039 Stationery_0040 Stationery_0041 Stationery_0042


Artikel Kretiet