Ons gesels met Kinda Creative

Kinda Creative Business Fueture_0001


Ons gesels met die dinamiese duo Caetlin en Nikki van Kinda Creative, jou een stop dekor verhuring maatskappy.  Kinda Creative spesialiseer in Dekor en stilering, blomme, beligting en skryfbehoeftes.  Dus hoef jy nie rond te bel of kilometers te ry vir al jou dekor behoeftes nie.

Lees onder meer oor die span en laat hul ‘n hand bysit vir die beplanning vir jou droom troue teen billike pryse.


Kinda Creative Business Fueture_0002


Wie is die gesigte agter Kinda Creative en wat maak ons anders?

Caetlin Simoes en Nikki Paul

Ons is verseker ‘n dinamiese duo.  Caetlin het ‘n graad in Gasvryheidsbedryf en Bestuur, en het verskeie kursusse gedoen in blomme rangskikking, terwyl Nikki die regter brein van die besigheid oorheers met haar graad in Binneargitektuur en diploma in fotografie.   Ons albei het ‘n talent vir die kreatiewe, en doen omtrent alles self.  Ons neem ons eie foto’s, maak ons eie dekor, ons stik selfs ons eie bunting.  Ons is ook aspirante bakkers.

Kinda Creative het begin deur Nikki en Caetlin wat beide koördineerders was by ‘n besonderse unieke venue in die hartjie van Pretoria. Vir 4 jaar het hulle gespesialiseer in die opset van nie-tradisionele troues.   Geen Damask tafeldoeke en silwer kershouers nie!

Die individualiteit van elke troue, en elke bruid wat ons meer gewerk het, het ons inspireer om in 2014 met Kinda Creative te begin.

Ons streef om met elke liewe troue wat ons doen ‘n persoonlike afdruk te lê.  Ons fokus is streng op die visuele, en ons wil graag hê die bruid moet dit ook so ervaar.  Ons beplanning sluit in “moodboards”, getekende toonsetting van die tafel, en talle kamma opstellings.


Kinda Creative Business Fueture_0003 Kinda Creative Business Fueture_0004 Kinda Creative Business Fueture_0005 Kinda Creative Business Fueture_0006 Kinda Creative Business Fueture_0007 Kinda Creative Business Fueture_0008 Kinda Creative Business Fueture_0009 Kinda Creative Business Fueture_0010


Wat is Kinda Creative?

Kinda Creative is ‘n span van 2 ietwat kreatiewe troue geesdriftiges.

Ons help graag om die bruid meer visueel haar perfekte troue dekor te beplan.

Terwyl ons fokus meer gerig is op die dekor, stilering, blomme en algehele voorkoms van die onthaal, het ons nog nooit nee gesê om te help in ander aspekte nie.  Ons is vreeslik prettig en besonders entoesiasties oor troues: van koek pops bak 4 vm in die oggend vir die dag se koek tafel, tot instem om ‘n 1000 origamie voëls te vou vir ‘n bruid, want met elke ontmoeting bring sy vir ons sjokolade…

Sodra ons ‘n idee het, is die opsies eindeloos!


Kinda Creative Business Fueture_0011 Kinda Creative Business Fueture_0012 Kinda Creative Business Fueture_0013 Kinda Creative Business Fueture_0014 Kinda Creative Business Fueture_0015 Kinda Creative Business Fueture_0016 Kinda Creative Business Fueture_0017


Moet jy jou eie dekor te doen, of iemand anders dit laat doen?

Na 6 jaar in die trou-bedryf, het ons meer as ons deel gehad in troues waar die bruid verkies om eerder haar eie dekor te doen, as gevolg van die feit dat dit ‘goedkoper sal uitwerk’

Ons stem nie rêrig saam met die stelling nie.

Terwyl die idee om heeltemal jou eie ding te doen met jou dekor fantasties klink, kan dit rêrig lei tot onnodige angstigheid

Jy het nie nodig om nog ekstra stres te ervaar op jou groot dag, wanneer jy vroeg die oggend by die venue moet wees om die blomme klaar te maak nie.

In ons ervaring het ons bruide gesien wat gou agtergekom het hoeveel werk ingaan met die opset van troue dekor.  Meeste van die venues kan jy slegs op die dag jou tafels mooi maak, en dit los dan bittermin tyd vir die bruid om eintlik haar dag te geniet. Dit is ‘n geskarrel van alles regkry en emosies hardloop hoog. Jy is veronderstel om rustig aan vonkelwyn te smul!

Terwyl Pinterest goeie hulp verleen vir trou idees, kan dit werklik ‘n uitdaging word om alle items en dienste te verkry.  Dit word nog moeiliker om dan alle idees bymekaar te sit om dan jou ideale prentjie te realiseer.

 En dan, indien jy besluit om eerder alle items aan te koop (in plaas van huur),wat maak jy met al die nuut aangekoopte dekor items?  Hou jy dit alles vir jou nuwe huis?

Ons twyfel sterk.

Caetlin het nog steeds ‘n pragtige hout agtergrond in haar pakstoor wat veronderstel was om omskep te word in ‘n kopstuk vir haar slaapkamer.

Haar troue was in 2013…

Daar is niks fout om ‘n paar items aan te skaf, en om ook jou persoonlike gevoel in die vorm van ‘n ‘doen-dit-jouself’ projek te inkorporeer nie, maar daar is makliker maniere om die werklading te verminder – gebruik jou familie en vriendinne!


Kinda Creative Business Fueture_0018 Kinda Creative Business Fueture_0019 Kinda Creative Business Fueture_0020 Kinda Creative Business Fueture_0021 Kinda Creative Business Fueture_0022 Kinda Creative Business Fueture_0023 Kinda Creative Business Fueture_0024


Artikel Krediet:

Fotos geneem deur Nikki van Kinda Creative