Deon & Danielle se besonderse selfdoen troue

Ons is absoluut mal oor vandag se troue en die troue is die Standaard van troues wat ons graag op Mooi Troues wil deel. Ons het die paartjie se kleurvolle verlowing foto sessie ook gepubliseer, Klik hier om dit te lees.

Alle elemente het perfek saam gepas. Danielle se trourok met kant oor die skouers tot haar blomme kroon, die mans het ook aantreklike gelyk in hul pakke en dasse met hul moderne haarstyle. Die minimalistiese elegante tafel dekor is ‘n baie goeie kontras tot die plaas atmosfeer.

Word geïnspireer deur Deon en Danielle se troue.


Deon & Danielle_0002 Deon & Danielle_0003 Deon & Danielle_0004 Deon & Danielle_0005 Deon & Danielle_0006 Deon & Danielle_0007 Deon & Danielle_0008 Deon & Danielle_0009 Deon & Danielle_0010 Deon & Danielle_0011 Deon & Danielle_0012 Deon & Danielle_0013 Deon & Danielle_0014 Deon & Danielle_0015 Deon & Danielle_0016 Deon & Danielle_0017 Deon & Danielle_0018 Deon & Danielle_0019


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Dit was in my studente jare wat ek en n paar van my universiteit vriende naweke in ‘n Ierse kroeg in Durbanville gekuier het.  Een Saterdag aand onderbreek ‘n jong man my terwyl ek in ‘n gesprek was.  Sy eerste woorde aan my was “Soek jy tequila?” (die poging was glo om my te red uit die gesprek uit).  Ek staar na hom geskok oor hoe onbeskof die onderbreking was, maar toe ons oë mekaar s’n vang verloor ek myself in die diep kyk in sy oë, mooi oë, ek mompel vir hom, “Ja”.  Na daardie aand het hy my hart geroer, ek dink dit het toe al geweet dat Deon op daardie oomblik by die kroeg waar ons vir mekaar gestaar het ‘n gedeelte van my hart gesteel het.


Deon & Danielle_0020 Deon & Danielle_0021 Deon & Danielle_0022 Deon & Danielle_0023 Deon & Danielle_0024 Deon & Danielle_0025 Deon & Danielle_0026 Deon & Danielle_0027 Deon & Danielle_0028 Deon & Danielle_0029 Deon & Danielle_0030


Hoe het julle verloof geraak?

14 Februarie 2014.  Ek stop voor Deon se huis en ‘n gespanne man wat vreeslik baie glimlag groet my by die deur. Hy gee vir my ‘n koekie wat in ‘n hart vormpie is en sê “Ek is lief vir jou”.  Hy glip weg en sê vir my ek moet my oë toe maak. Ek staan en peusel aan die Valentyn koekie, oë toe. Toe Deon terugkom vat hy my hand en fluister vir my: “Ek gaan jou nou vra om te trou”, ek hoor hoe bewe sy stem, ek voel hoe klop my hart vinniger.  Ek maak my oë oop en Deon staan onrustig voor my en vra al ewe giggelrig “watter knie moet ek op afgaan?”.  Ek giggel saam met hom. “My antwoord is, ja.”


Deon & Danielle_0031 Deon & Danielle_0032 Deon & Danielle_0033 Deon & Danielle_0034 Deon & Danielle_0035 Deon & Danielle_0036


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ek en Deon was in ‘n verhouding van 4 jaar voordat hy my gevra het om te trou.  Ons het besluit dat ons vir 2 jaar gaan beplan vir die groot dag.  Altesaam is ons 6 moeilike, maar wonderlike jare saam, en dis net die begin.


Deon & Danielle_0037 Deon & Danielle_0038 Deon & Danielle_0039 Deon & Danielle_0040 Deon & Danielle_0041 Deon & Danielle_0042 Deon & Danielle_0043 Deon & Danielle_0044 Deon & Danielle_0045 Deon & Danielle_0046 Deon & Danielle_0047 Deon & Danielle_0048 Deon & Danielle_0049 Deon & Danielle_0050 Deon & Danielle_0051 Deon & Danielle_0052 Deon & Danielle_0053 Deon & Danielle_0054 Deon & Danielle_0055 Deon & Danielle_0056 Deon & Danielle_0057


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Beplanning is nie vir sussies nie, ek en Deon is mense wat  altyd reg staan om die bul aan die horings te gryp en nooit bang is om groot take aan te pak nie, maar troue reël verg baie beplanning.  Indien jy ‘n “doen-dit-jouself” bruid is, neem elke persoon se aanbod om te help ernstig op.  Ons het op nommer 99 ‘n elle lang lys gehad vir die mans om aan te pak die oggend van die troue, en tot my geluk was daar ‘n hele paar vroue feetjies wat hulle afgesloof het daardie oggend.  Iets wat ek en Deon na die tyd besef het is dat dit wonderlik is om baie gaste by jou troue te hê, maar dat ons soveel meer geld op ons wittebrood kon spandeer het en die gaste lys klein gehou het. Dis nie die einde van die wêreld as jou tannie se niggie se neef se broer se kind nie genooi hoef te word nie.


Deon & Danielle_0058 Deon & Danielle_0059 Deon & Danielle_0060 Deon & Danielle_0061 Deon & Danielle_0062 Deon & Danielle_0063 Deon & Danielle_0064 Deon & Danielle_0065 Deon & Danielle_0066 Deon & Danielle_0067 Deon & Danielle_0068 Deon & Danielle_0069 Deon & Danielle_0070 Deon & Danielle_0071 Deon & Danielle_0072Deon & Danielle_0073


Diensverskaffers: