Anke & Willem se plaas verlowing

Die spontane verlowing fotosessie van Anke en Willem het prentjie mooi agtergronde van beeste, skape, treine en asemrowende son ondergang.  In Abundance Photography het die spesiale oomblikke onvergeetlik gemaak deur dit op kiekies vas te vang soos jul hier onder sal sien.

Daar is niks so mooi soos plaas lewe nie en ons gedagtes gaan weg in a dag droom….

Anke & Willem verlowing_0002 Anke & Willem verlowing_0003

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het mekaar op skool ontmoet by Die Hoërskool Menlopark.  Ons was beide baie sportief en ons het die liefde vir sport gedeel.

Anke: Hy was baie aantreklik en gewild onder sy vriendekring en later het sy omgee hart en liefde vir sy familie my hart finaal gesteel.

Willem: Sy was verskriklik mooi en ek moes haar leer ken. Haar onvoorwaardelike omgee en liefde en veg vir ons verhouding het my laat besef sy is spesiaal. Ons is onskeibaar en het alles en meer met mekaar gedeel en het onvoorwaardelik, sonder terughou, mekaar lief. Ons skool verhouding het gegroei en so ook ons liefde en vertroue in mekaar, en 6 jaar later is ons vasbyt en langafstand verhouding als die moeite werd toe hy my vra om sy boervrou te word.

Anke & Willem verlowing_0004 Anke & Willem verlowing_0005 Anke & Willem verlowing_0006 Anke & Willem verlowing_0007 Anke & Willem verlowing_0008

Hoe het julle verloof geraak?


Dit was ‘n sprokie en ‘n onvergeetlike middag op die plaas.  Ek wou hom verras en ‘n dag vroeër as beplan kom kuier min wetende van sy groot planne.  Ons het soos altyd die vee se voer uitgesit en stil gehou op die koppie by die windpomp met die mooiste Vrystaat sonsondergang.  Ons sandsteen plaashuis in die agtergrond en my droomman op sy knieë het my asem weggeslaan en daar het hy my gevra om vir ewig sy boervrou te wees.  Na 6 jaar, was dit net ek en hy op ons Vrystaat plaas en ‘n opwindende toekoms wat vir ons wag.

Anke & Willem verlowing_0009 Anke & Willem verlowing_0010 Anke & Willem verlowing_0011 Anke & Willem verlowing_0012 Anke & Willem verlowing_0013 Anke & Willem verlowing_0014

Hoe het julle verloof geraak?


Dit was ‘n sprokie en ‘n onvergeetlike middag op die plaas.  Ek wou hom verras en ‘n dag vroeër as beplan kom kuier min wetende van sy groot planne.  Ons het soos altyd die vee se voer uitgesit en stil gehou op die koppie by die windpomp met die mooiste Vrystaat sonsondergang.  Ons sandsteen plaashuis in die agtergrond en my droomman op sy knieë het my asem weggeslaan en daar het hy my gevra om vir ewig sy boervrou te wees.  Na 6 jaar, was dit net ek en hy op ons Vrystaat plaas en ‘n opwindende toekoms wat vir ons wag.

Anke & Willem verlowing_0015 Anke & Willem verlowing_0016 Anke & Willem verlowing_0017 Anke & Willem verlowing_0018 Anke & Willem verlowing_0019

Inspirasie agter die fotosessie?


Die dag van die verlowing fotosessie was baie spontaan. Ons het vir Alet en Wilmie gevra vir ‘n natuurlike omgewing wat ons liefde vir mekaar sal beklemtoon. Die sessie het kraal mure, treinspore, groen reën stewels, dans in die vlak waters en veld en ‘n onverwagse padkruising van beeste en skape ingesluit. Sonder veel beplanning het die natuur en plaaslewe ons opregte en moeitelose liefde vir mekaar weerspieël.

Anke & Willem verlowing_0020 Anke & Willem verlowing_0021 Anke & Willem verlowing_0022 Anke & Willem verlowing_0023 Anke & Willem verlowing_0024 Anke & Willem verlowing_0025 Anke & Willem verlowing_0026 Anke & Willem verlowing_0027 Anke & Willem verlowing_0028 Anke & Willem verlowing_0029 Anke & Willem verlowing_0030 Anke & Willem verlowing_0031 Anke & Willem verlowing_0032 Anke & Willem verlowing_0033 Anke & Willem verlowing_0034 Anke & Willem verlowing_0035 Anke & Willem verlowing_0036 Anke & Willem verlowing_0037 Anke & Willem verlowing_0038 Anke & Willem verlowing_0039 Anke & Willem verlowing_0040 Anke & Willem verlowing_0041

Diensverskaffers

Fotograaf: In Abundance Photography