André & Rhode se mooi troue

Rhodé & André_0001


Die liefdesverhaal van André en Rhode is besonders en ons gaan nie te veel verklap nie en jul die kans gee om die storie self te lees.  Al wat ons sal weggee is dat die Here op sy eie manier werk en dat jy na jou gut of daardie innerlike stemmetjie moet luister.

Rhode het asemrowend gelyk in haar trourok en ons by Mooi Troues hou baie van haar ruiker en hoe die kombinasie van verskillende blomme en kleure vars op die oog is,

Hul trou motor is ‘n Mercedes-Benz W110 van die 1960’s wat nog in vertoonlokaal toestand is en dit is seldsaam dat ons nog die spesifieke modelle sien.

Die dekor van die troue het ons ook na ons asems laat snak.  Die plof van die blomme prag en granate op wit tafel doeke as agtergrond is ‘n unieke prentjie.  Welgedaan aan die paartjie se familie wat dit bymekaar gesit het.


Rhodé & André_0002 Rhodé & André_0003 Rhodé & André_0004 Rhodé & André_0005 Rhodé & André_0006 Rhodé & André_0007 Rhodé & André_0008 Rhodé & André_0009 Rhodé & André_0010 Rhodé & André_0011 Rhodé & André_0012 Rhodé & André_0013


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?  

Die Here het hom vir my gestuur – so ek gee Hom al die eer en glorie.

Die Here het een oggend op my hart gesit om kontak te maak met ‘n vriendin wat ek tien jaar laas gesien het of van gehoor het.  So het ek gemaak.  Sy het by daardie koffie my genooi vir nog ‘n koffie die komende week daarop.  Met die tweede koffie afspraak was daar uitnodiging gegee aan my om saam vriende by eetplek in die Paarl te geniet, blykbaar vriende van hulle almal wat vir familie gaan kuier oorsee.  Daardie tyd in my lewe het die Here by wonders gedoen wardeer ek deur gegaan het.

Ek het vir haar gesê ek sal dit nie kan maak.  Toe ek die middag na koffie in my kar klim het stem in my hart gesê ek moet alles los en gaan en die mooiste “going away” biltong pakkie maak.  Ek bel haar in die kar en sê ek sal die volgende aand by die ete wees.  My buurvrou het ‘n week voordie tyd ‘n visie hehad hoe my man gaan wees wat die Here op haar hart gesit het om vir my te sê. Ek het die volgende aand gegaan na die ete toe.  Soos ek in stap het André daar gesit en op daai oomblik het die stem in my hart gesê dit is jou man . ek was so skaam en opgewonde, “love at first sight” ek kan nie beskryf wat ek ervaar het nie.  Ek onthou dit wat my buurvrou aan my weke voordie tyd gesê het dat die Here vir haar gewys het en dit was 100% alles soos wat sy beskryf het.

Aand by die huis gekom en dadelik gaan bid en vir die Here gesê, ekt gedoen wat Hy gesê het om te gaan doen.  Toe ek instap het die Here gesê dit is hy wat my man is . ek wil net weer bevestiging hê, en as dit so is moet André my bel of sms in die volgende uur.  Ekt net kla gebid.  Toe gaan my foon af, toe was dit André , en hy het ook bevestig dat ‘n stem het in sy hart gesit dat ek die een is en dat hy dadelik kontak met moet maak soos hy by die huis gestop het . (Prys die Here) van toe af is alles presies soos wat die Here aan ons gewys het.  So daar is mense daar buite wat opsoek is na liefde, wat nie glo dat liefe dalk bestaan nie.  Maar daar is lewende God wat bestaan en wat gebede hoor en sal sy perfekte altyd stuur vir die wat Hom nader.  So ons gee al die eer aan die Here.


Rhodé & André_0014 Rhodé & André_0015 Rhodé & André_0016 Rhodé & André_0017 Rhodé & André_0018


Hoe het julle verloof geraak?

Sondag 4 Oktober 2015, het ons die oggend lekker golf gaan speel, toe ons klaar was het ons die aand Kampsbaai strandfront toe gegaan om Pizza te gaan eet.

Kampsbaai strandfront – is waar ons eerste afspraak gehad het 26 Oktober 2014.  So ons het die aand pizza geëet. Ek get niks vermoed nie. dit was pragtige warm aand, daarna het ons langs die see afgestap en by elke plek gestop waar ons herinneringe gemaak het op 26 Oktober 2014 en weer herleef. Volgende oomblik toe ek weer kyk is my ander helfte op sy knieg, het vir my gevra om met hom te trou.


Rhodé & André_0019 Rhodé & André_0020 Rhodé & André_0021 Rhodé & André_0022 Rhodé & André_0023 Rhodé & André_0024 Rhodé & André_0025 Rhodé & André_0026 Rhodé & André_0027 Rhodé & André_0028 Rhodé & André_0029 Rhodé & André_0030 Rhodé & André_0031


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons het mekaar eerste keer gesien 17 September2014 , begin uitgaan 26 Oktober 2014 toe verloof geraak 04 Oktober 2015.


Rhodé & André_0032 Rhodé & André_0033 Rhodé & André_0034 Rhodé & André_0035 Rhodé & André_0036 Rhodé & André_0037 Rhodé & André_0038 Rhodé & André_0039 Rhodé & André_0040 Rhodé & André_0041 Rhodé & André_0042 Rhodé & André_0043 Rhodé & André_0044 Rhodé & André_0045 Rhodé & André_0046 Rhodé & André_0047 Rhodé & André_0048 Rhodé & André_0049 Rhodé & André_0050 Rhodé & André_0051 Rhodé & André_0052 Rhodé & André_0053 Rhodé & André_0054 Rhodé & André_0055 Rhodé & André_0056 Rhodé & André_0057 Rhodé & André_0058 Rhodé & André_0059 Rhodé & André_0060 Rhodé & André_0061 Rhodé & André_0062 Rhodé & André_0063 Rhodé & André_0064 Rhodé & André_0065 Rhodé & André_0066


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Huwelik vir my, kompromie en begrip, bo alles Sy onvoorwaardelike liefde.
Sy geduld en aanvaarding. Die wete om te sê jammer en wanneer om vergifnis te bied.
Hy is vir my alles deur al die goeie en slegte. Om mekaar onvoorwaardelik  lief te hê vir ewig en altyd.
God altyd nommer een te maak in alles julle begeertes en Hom in alles te neem wat jy doen.


Rhodé & André_0067 Rhodé & André_0068 Rhodé & André_0069 Rhodé & André_0070 Rhodé & André_0071 Rhodé & André_0072 Rhodé & André_0073 Rhodé & André_0074 Rhodé & André_0075 Rhodé & André_0076 Rhodé & André_0077 Rhodé & André_0078 Rhodé & André_0079 Rhodé & André_0080 Rhodé & André_0081 Rhodé & André_0082 Rhodé & André_0083 Rhodé & André_0084 Rhodé & André_0085 Rhodé & André_0087 Rhodé & André_0088 Rhodé & André_0089 Rhodé & André_0090 Rhodé & André_0091 Rhodé & André_0092 Rhodé & André_0093 Rhodé & André_0094 Rhodé & André_0095 Rhodé & André_0096 Rhodé & André_0097 Rhodé & André_0098 Rhodé & André_0099 Rhodé & André_0100 Rhodé & André_0101 Rhodé & André_0102 Rhodé & André_0103 Rhodé & André_0104 Rhodé & André_0105 Rhodé & André_0106 Rhodé & André_0107 Rhodé & André_0108 Rhodé & André_0109 Rhodé & André_0110


Diensverskaffers:

Fotograaf: Agape Studios
Blomme Seremonie: To-Netts Paarl
Blomme Venue: Familie Bester & Van Tonder
Dekor: To-Netts Paarl
Skryfbehoeftes: KCDA-Brackenfell
Trou Koek: Privaat–Belinda
Hare en Grimering: Corlé Barnard
Trou Rok: Ilse Roux
Musiek: Reccord Production
Venue: Nooitgedacht Wynlandgoed 

30