Yolandie & Richard

Yolande Oosthuysen en Richard Holloway


Die liefde tussen Yolandie en Richard is op ‘n baie sterk fondament gebou.

Ons by Mooi Troues hou baie van die skemer lig wat die agtergrond vul en laat ons baie dink aan die Pantone Kleure van 2016 wat Rose Quartz en Serenity is.  Die mooi paartjie het eers gemaklik begin poseer vir die kamera met hul Pommerse hondjie wat in die sand van die duine hardloop terwyl hul Skaaphond hul rustig toe kyk en later geëindig as balletdansers op die strand.

‘n Baie romantiese inspirasie vir ‘n verlowing fotosessie.


Yolande Oosthuysen en Richard Holloway Yolande Oosthuysen en Richard Holloway Yolande Oosthuysen en Richard Holloway Yolande Oosthuysen en Richard Holloway


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons was albei ‘n skrale 9 jaar oud toe ons paadjies vir die eerste keer gekruis het (ongeveer 13 jaar gelede). Ek was op daardie stadium heeltemal onbewus van die Here se planne vir ons maar dit wil blyk asof Richard toe al ‘n ogie op my gehad het.  Ons vriendskap het regdeur ons skooljare gegroei en is vandag ons verhouding se sterkste fondament.


Yolande Oosthuysen en Richard Holloway Yolande Oosthuysen en Richard Holloway Yolande Oosthuysen en Richard Holloway Yolande Oosthuysen en Richard Holloway Yolande Oosthuysen en Richard Holloway


Hoe het julle verloof geraak?

Richard het ‘n ongelooflike romantiese naweek vir ons gereël by Oceana Beach and Wildlife Reserve in Port Alfred, my gunsteling dorpie.  Ek het nie geweet wat ons bestemming sou wees nie, maar toe ons daar aankom het ek geweet hierdie is ‘n ‘spesiale’ naweek. Alles was haarfyn beplan, soos ek vir Richard ken. Ons het, tydens sonsondergang, op ‘n ongelooflike privaat wildtrit gegaan . Ons het uitgeklim op die privaat strand en Richard het my gevra om met hom te trou.  Ek het geensins nodig gehad om te dink oor my antwoord nie, ek het eenvoudig geweet hy’s die een.


Yolande Oosthuysen en Richard Holloway Yolande Oosthuysen en Richard Holloway Yolande Oosthuysen en Richard Holloway Yolande Oosthuysen en Richard Holloway


Wanneer beplan jul om te trou?

Ons beplan ons troue vir Julie 2017.  Dit was vir ons belangrik om onsself genoeg tyd te gee om die verlowing tye geniet en rustig te droom en beplan aan hierdie spesiale dag.  Aangesien ons altwee alles self wil beplan, tot op die fynste detail, sal hierdie langer tydperk baie welkom wees!  En wat is meer gepas as warm kaggels op n yskoue wintersaand om ons witwarm liefde te vier?


Yolande Oosthuysen en Richard Holloway Yolande Oosthuysen en Richard Holloway Yolande Oosthuysen en Richard Holloway


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Maak elke dag tyd om te gesels en te luister. Besef dat elke dag wat jy saam met jou sielsgenoot kan deel ‘n voorreg en geskenk van bo is. Slegs dan besef mens hoe kosbaar die liefde werklik is. Al is ons verloof is ons steeds beste vriende. Ons ken mekaar beter as wat ons onsself ken. En dis belangrik. Leer mekaar se harte ken en beskerm dit met alles wat jy het.

Yolande Oosthuysen en Richard Holloway Yolande Oosthuysen en Richard Holloway Yolande Oosthuysen en Richard Holloway Yolande Oosthuysen en Richard Holloway Yolande Oosthuysen en Richard Holloway


Diensverskaffers

Fotograaf: Christine Visser Photography