Groen en Pienk illustrasie skryfbehoeftes

Creative Heroes Skryfbehoeftes_0001


Ons deel vandag die oulikste Groen en Pienk illustrasie skryfbehoefte stel met jou op Mooi Troues.  Die kreatiewe Nadia van Creative Heroes het hierdie oulike skryfbehoefte stel ontwerp.   Van die uitnodiging tot die spyskaart is baie kreatief, helder, maar tog gesofistikeerd.  Die uitnodigings en spyskaart het ‘n illustrasie van die bruid en bruidegom opgehad wat nogal ‘n spesiale gevoel gee aan die skryfbehoeftes.  Dit voel ook of die paartjie bietjie meer beplanning en moeite in hulle skryfbehoeftes gesit het.  Ons is mal oor die kleur kombinasie van die skryfbehoeftes, die Groen en Pienk komplimenteer mekaar vreeslik goed.  Nog ‘n oulike idee is die vlaggies vir die vetplantjies wat jy kan gebruik as ‘n trou geskenk.  Hierdie is definitief ‘n ontwerp vir die paartjie wat anders as die res wil wees en iets elegant, maar nog steeds prettig soek.  Dankie Carla en Heinrich wat toegelaat het dat ons julle trou skryfbehoeftes mag deel.


Creative Heroes Skryfbehoeftes_0002 Creative Heroes Skryfbehoeftes_0003 Creative Heroes Skryfbehoeftes_0004 Creative Heroes Skryfbehoeftes_0005 Creative Heroes Skryfbehoeftes_0006 Creative Heroes Skryfbehoeftes_0007 Creative Heroes Skryfbehoeftes_0008 Creative Heroes Skryfbehoeftes_0009


Artikel Krediet:

Ontwerp: Creative Heroes | Fotograaf: D’amor Photography