Tiaan & Amoré se selfdoen troue

Amoré is eers lank met Tiaan se broer voordat sy hom uiteindelik ontmoet.  Hulle word ook dadelik vriende en dit vat nie lank voordat die verhouding in iets veel dieper ontwikkel nie. Tiaan beplan  die mees romantiese geleentheid om die mooi blouoog meisies te vra om met hom te trou.  Hy kook self ‘n heerlike ete en plak hulle fotos in ‘n hart vorm teen ‘n kamer muur met die woorde “Ek is lief vir jou.”  Op hul troudag by Langkloof Roses is alles sprokies mooi gemaak vir die bruidspaar te spesiale dag. Amoré lyk lieflik in haar baie mooi trourok van Bridal Allure.  Die fotograaf, Gustav Klotz se kamera-lens mis geen spesiale oomblik  nie en die buitelug fotos is iets uit die boeke.


Tiaan & Amore_0002Tiaan & Amore_0004

Tiaan & Amore_0005

Tiaan & Amore_0006

Tiaan & Amore_0007

Tiaan & Amore_0008

Tiaan & Amore_0009

Tiaan & Amore_0010

Tiaan & Amore_0011

Tiaan & Amore_0012

Tiaan & Amore_0013

Tiaan & Amore_0014

Tiaan & Amore_0015

Tiaan & Amore_0016

Tiaan & Amore_0017

Tiaan & Amore_0018

Tiaan & Amore_0019

Tiaan & Amore_0020

Tiaan & Amore_0021

Tiaan & Amore_0022

Tiaan & Amore_0023


Hoe het julle die eerste keer ontmoet? 

Ek en Tiaan se broer, Divan, was vir vier jaar vriende voordat ek Tiaan vir die eerste keer ontmoet het. Ek het in Februarie 2011 saam met Divan na ‘n troue toe gegaan, waar Tiaan ook was. Ons het dadelik gesels en baie lekker gekuier. Ek en Tiaan was vriende van daardie dag af. Ons het elke paar weke gesels, tot op ‘n punt, aan die einde van 2011, waar ons weer begin gesels het en toe nog nooit weer opgehou het nie. Ons het Desember in 2011 begin uitgaan, 4 jare vol avonture gehad en in Desember 2015 getrou.


Tiaan & Amore_0089Tiaan & Amore_0024

Tiaan & Amore_0025

Tiaan & Amore_0026

Tiaan & Amore_0027

Tiaan & Amore_0028

Tiaan & Amore_0029

Tiaan & Amore_0030

Tiaan & Amore_0031

Tiaan & Amore_0032

Tiaan & Amore_0033

Tiaan & Amore_0034

Tiaan & Amore_0035

Tiaan & Amore_0036

Tiaan & Amore_0037

Tiaan & Amore_0038

Tiaan & Amore_0039

Tiaan & Amore_0040

Tiaan & Amore_0041

Tiaan & Amore_0042


Hoe het julle verloof geraak? 

Op 14 Februarie 2015 het Amoré wakker geword en gedink ek is besig om iets te spesiaal te reël vir Valentyns dag – presies wat ek wou hê sy moes dink. Min wetende dat ek hard aan die bak en brou is in my kombuis, besig om vir die eerste keer in my lewe ordentlik kos in die oond gaar te maak, en heerlike nagereg uit die boonste rakke :). Ek was natuurlik bietjie agter skedule en het haar aangeraai om net vinnig vir my ma eerste te gaan hallo sê. My ma het toe al geweet van die plan en het seker gemaak sy wen nog bietjie tyd vir my, deur vir Amoré na die China winkels te vat en deur elke liewe ry te stap tot vervelens toe.

Die oomblik het toe aangebreek. Laat middag, toe sy by my aangkom, het en ek haar verras met ‘n heerlik bobotie en malva pudding vir nagereg en mooi gedekte tafel. Ek het ook ‘n hele muur, wat uit een groot hart bestaan, saamgestel uit klomp fotos van die tyd wat ek haar ontmoet het in 2011 tot 2015, en dit in kronologiese volgorde geplak (sien foto) – ‘n opsomming van al ons avonture saam. Na ‘n rustige aand en vol mae word sy toe geblinddoek, ek lei haar toe na ‘n kamer wat se deur toe was van die begin van die aand. Met haar rug teen die muur verwyder ek die blinddoek met die voorwaarde dat sy net voor haar kyk en nie mag rondkyk nie. Ek neem toe ‘n paar kiekies en sommer selfies, blindoek haar weer en lei haar uit die kamer.

Nadat die nuuskurigheid al lekker opgebou het later die aand, met lekker muskiek in die agtergrond, gee ek haar toe die geleentheid om op my foon te kyk na die foto wat geneem is (met haar rug na my toe). Soos sy die foto oopmaak, en sien dat agter op die muur het daar in groot rooi letters gestaan: “EK WIL MET DIE MEISIE TROU”, gryp ek vinnig die ring uit ‘n boksie wat ek onder die eetkamertafel weggesteek het en soos sy omdraai is ek al op my knieë! Sy begin rondhop en op en af hardloop terwyl ek nog daar onder wag vir my “ja”, maar nadat ek weer gevra het het ek gelukkig die antwoord gekry wat ek wou hê 😀 Paar minute later hoor ek hoë stemmetjies gil oor die foon en aanhoudende beeps van smse en whatsapps wat deurstroom.! SMS


Tiaan & Amore_0043

Tiaan & Amore_0044

Tiaan & Amore_0045

Tiaan & Amore_0046

Tiaan & Amore_0047

Tiaan & Amore_0048

Tiaan & Amore_0049


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was 4 jaar lank saam.


Tiaan & Amore_0050

Tiaan & Amore_0051

Tiaan & Amore_0052

Tiaan & Amore_0053

Tiaan & Amore_0054

Tiaan & Amore_0055

Tiaan & Amore_0056

Tiaan & Amore_0057

Tiaan & Amore_0058

Tiaan & Amore_0059

Tiaan & Amore_0060

Tiaan & Amore_0061

Tiaan & Amore_0062

Tiaan & Amore_0063

Tiaan & Amore_0064

Tiaan & Amore_0065

Tiaan & Amore_0066

Tiaan & Amore_0067

Tiaan & Amore_0068

Tiaan & Amore_0069

Tiaan & Amore_0070

Tiaan & Amore_0071

Tiaan & Amore_0072

Tiaan & Amore_0073

Tiaan & Amore_0074

Tiaan & Amore_0075

Tiaan & Amore_0076

Tiaan & Amore_0077

Tiaan & Amore_0078

Tiaan & Amore_0079

Tiaan & Amore_0080

Tiaan & Amore_0082

Tiaan & Amore_0083

Tiaan & Amore_0084

Tiaan & Amore_0085

Tiaan & Amore_0086

Tiaan & Amore_0087

Tiaan & Amore_0088


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Om te trou is een van die mees opwindende en stresvolste tye tegelyk in ‘n paartjie se lewe! Dit is belangrik om tye te hê wat julle trou reëlings bespreek, maar ook tye te maak waar julle weer kan verbind en vir mekaar luister.  My raad aan paartjies, i.v.m. administrasie en finansies, is om goed te beplan (hou boek van alles), te begroot, en geld oor die los vir al daardie ekstra ‘klein goedjies’ wat op die ou end duur raak. Daar is baie maniere om te bespaar, mens moet net kreatief wees. Ek het self meeste van my dekor gedoen en my eie skryfbehoeftes gemaak , asook die ‘S’mores’ geskenke vir die gaste. Geniet die reis na julle troue, onthou dit is maar net die begin. Maak voorbereiding vir ‘n goeie fondament waarop julle jul huwelik bou, deur te gaan vir ‘n voorhuwelikse kursus of iets soortgelyk. Verder, ontspan! ontspan! ontspan!


Tiaan & Amore_0090

Tiaan & Amore_0091

Tiaan & Amore_0092

Tiaan & Amore_0093

Tiaan & Amore_0094

Tiaan & Amore_0095

Tiaan & Amore_0096

Tiaan & Amore_0097

Tiaan & Amore_0098

Tiaan & Amore_0099

Tiaan & Amore_0100

Tiaan & Amore_0101

Tiaan & Amore_0102

Tiaan & Amore_0103

Tiaan & Amore_0104

Tiaan & Amore_0105

Tiaan & Amore_0106

Tiaan & Amore_0107

Tiaan & Amore_0108

Tiaan & Amore_0109

Tiaan & Amore_0110

Tiaan & Amore_0111

Tiaan & Amore_0112

Tiaan & Amore_0113


Diensverskaffers: