Marco & Chrystal

Marco en Chrystal ontmoet ook soos menigte ander paartjies as studente en dadelik is die vonk tussen hulle daar.  Een aand op die mat van hul sitkamer tydens ‘n poker  spel, vra hy die mooi blonde Chrystal om hom die gelukkigste man wat lewe te maak deur met hom te trou. Hello Love fotografie is daar toe die twee se groot dag uiteindelik aanbreek. Elke spesiale oomblik word op kamera vasgelê sodat die paartjie oor die jare nog met heimwee kan terugkyk na die mooiste dag van hul lewens.


Marco en Krystle_0002 Marco en Krystle_0003 Marco en Krystle_0004 Marco en Krystle_0005 Marco en Krystle_0006 Marco en Krystle_0007 Marco en Krystle_0008 Marco en Krystle_0009 Marco en Krystle_0010 Marco en Krystle_0011 Marco en Krystle_0012 Marco en Krystle_0013 Marco en Krystle_0014 Marco en Krystle_0015 Marco en Krystle_0016 Marco en Krystle_0017 Marco en Krystle_0018 Marco en Krystle_0019 Marco en Krystle_0020 Marco en Krystle_0021 Marco en Krystle_0022


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Tydens ons eerste jaar van studies, het ek en Marco klas geloop by 2 verskillende kolleges wat langs mekaar was op dieselfde kampus. In daardie eerste week het ek en ‘n paar vriendinne na ‘n News Café gegaan vir middagete, en daar ontmoet ons toe ‘n groepie manne saam met wie ons so lekker gekuier het dat ons klas gebank het vir die res van die dag. Marco was natuurlik deel van die groepie mansmense. En dit was op daardie einste dag dat ons sommer net gekliek het en daar en dan verlief geraak het. My “Italian Stallion” en sy Mini-Cooper #sosexy


Marco en Krystle_0023 Marco en Krystle_0024 Marco en Krystle_0025 Marco en Krystle_0026 Marco en Krystle_0027 Marco en Krystle_0028


Hoe het julle verloof geraak?

Dit was ‘n kuier aand vir die twee van ons. Ons het pizza bestel, wyn geskink en piekniek op die mat in ons sitkamer. Daar was liefdes liedjies in die agtergrond, ons het vir mekaar serenades gesing, en lekker gelag oor hoe laf ons saam is. Dit was soveel pret! Dit was ook die eerste keer wat ons poker saam gespeel het. Marco het aanhoudend “per ongeluk” sy kaarte en “chips” laat val sodat hy op een knie moes af gaan om dit op te tel. Die laaste keer wat dit gebeur het, toe vra hy die woorde wat ek nooit sal vergeet nie: “Sal jy my die gelukkigste man lewendig  maak en my die voorreg gee om jou my vrou te noem? Sal jy met my trou?” Natuurlik het ek JA gesê!!


Marco en Krystle_0029 Marco en Krystle_0030 Marco en Krystle_0031 Marco en Krystle_0032 Marco en Krystle_0033 Marco en Krystle_0034 Marco en Krystle_0035 Marco en Krystle_0036 Marco en Krystle_0037 Marco en Krystle_0038 Marco en Krystle_0039 Marco en Krystle_0040 Marco en Krystle_0041


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Nadat ons ‘n jaar uitgegaan het, het ons saam ingetrek en voor ons ons oë kon uitvee was dit 5 jaar later! Tyd om die gesprek te hê oor trou en ons paadjie vorentoe. Maar Marco het sy tyd gevat om die groot vraag te vra! Dit het ons egter amper ‘n jaar gevat om die troue te beplan.


Marco en Krystle_0042 Marco en Krystle_0043 Marco en Krystle_0044 Marco en Krystle_0045 Marco en Krystle_0046 Marco en Krystle_0047 Marco en Krystle_0048 Marco en Krystle_0049 Marco en Krystle_0050 Marco en Krystle_0051 Marco en Krystle_0052 Marco en Krystle_0053 Marco en Krystle_0054 Marco en Krystle_0055 Marco en Krystle_0056 Marco en Krystle_0057 Marco en Krystle_0058 Marco en Krystle_0059 Marco en Krystle_0060 Marco en Krystle_0061 Marco en Krystle_0062 Marco en Krystle_0063 Marco en Krystle_0064 Marco en Krystle_0065 Marco en Krystle_0066 Marco en Krystle_0067 Marco en Krystle_0068 Marco en Krystle_0069 Marco en Krystle_0070 Marco en Krystle_0071 Marco en Krystle_0072 Marco en Krystle_0073 Marco en Krystle_0074 Marco en Krystle_0075 Marco en Krystle_0076 Marco en Krystle_0077 Marco en Krystle_0078 Marco en Krystle_0079 Marco en Krystle_0080


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Die grootste les wat ons geleer het, is om te onthou dat dit ons dag was – al wou almal hul inset lewer en graag hê ons moes hul idees gebruik. As ‘n paartjie moes ons besef dat ons hierdie paadjie saam loop, en leer om besluite SAAM te neem. Ons het gevind dat as ons nie kon ooreenstem oor iets nie, ons eerder daardie idee sou los en ‘n plan beraam wat vir beide van ons aanvaarbaar was. Dit het sommer baie goed gewerk vir ons.


Marco en Krystle_0081 Marco en Krystle_0082 Marco en Krystle_0083 Marco en Krystle_0084 Marco en Krystle_0085 Marco en Krystle_0086 Marco en Krystle_0087 Marco en Krystle_0088 Marco en Krystle_0089 Marco en Krystle_0090


Diensverskaffers: