Hanno & Liné se kleurvolle verlowing

Hannes en Line_0001


Hanno en Liné het mekaar al raak gesien voordat hulle uiteindelik by ‘n studente koshuis-skakel aanmekaar voorgestel word. Die mooi paartjie se kleurvolle verlowings fotos vertel ‘n storie van jong liefde en ‘n toekoms wat net so kleurvol wink.  Hanno beplan ‘n stylvolle affêre om die mooi blonde Liné te vra om sy vrou te word. Hy ontvoer haar in ‘n limousine wat al om die mooie Kaap ry.  Tussen ‘n glasie sjampanje en heerlike eetgoed wag hy vir hul gunsteling liedjie voordat hy op sy knieg gaan en die groot vraag vra. Liné kon nie vir ‘n meer romantiese en spesiale oomblik vra nie.


Hannes en Line_0002 Hannes en Line_0003 Hannes en Line_0004 Hannes en Line_0005


Hoe het julle die eerste keer ontmoet? (Hanno se antwoord)

Ons het eintlik twee afsonderlike “ontmoetings” gehad in ons eerste jaar as studente op Stellenbosch. Die eerste keer, sê sy het sy my een aand in die kerk in die gallery sien sit. Min wetende dat sy al vroeg die aand my oog ook gevang het. So het ons skelm na mekaar sit en kyk en gewonder wie die ander een is. ‘n Paar weke daarna het ‘n vriendin ons by ‘n koshuis-skakel van Harmonie Dameskoshuis en Eendrag Manskoshuis uiteindelik aan mekaar voorgestel, waarna ons die res van die aand verder saam gekuier het.


Hannes en Line_0006 Hannes en Line_0007 Hannes en Line_0008


Hoe het julle verloof geraak? (Liné se antwoord)

Ons het beplan om uit te gaan vir ete die aand. Toe ek hom by sy woonstel kry het daar ‘n limousine vir ons gewag! Binne die limousine was al my gunsteling eetgoed en ‘n bottel sjampanje wat hy altyd gesê het hy spaar vir ‘n baie spesiale geleentheid. Ons het seelangs al om die mooie Kaap gery – volgende oomblik het ‘n baie spesiale liedjie begin speel en toe ek weer kyk was hy op sy knieë besig om my te sê hoe lief hy my het en toe vra hy my om sy vrou te word! Ek was natuurlik skoon in trane! Dit was ongelooflik spesiaal.


Hannes en Line_0009 Hannes en Line_0010 Hannes en Line_0011 Hannes en Line_0012 Hannes en Line_0013 Hannes en Line_0014 Hannes en Line_0015 Hannes en Line_0016 Hannes en Line_0017 Hannes en Line_0018 Hannes en Line_0019 Hannes en Line_0020


Wanneer beplan julle om te trou? (Hanno se antwoord)

Ons troudag is die 12de Maart 2016. Hierdie is ‘n baie spesiale dag vir ons albei aangesien ons op daardie dag presies al 5 jaar saam is. Ek het haar op die 12de Maart 2011 uitgevra en terwyl ons toe so na trou datums gekyk het, het Liné agtergekom dat die 12de Maart in 2016 val op ‘n Saterdag, en toe weet ons – dit is die dag.


Hannes en Line_0021 Hannes en Line_0022 Hannes en Line_0023 Hannes en Line_0024 Hannes en Line_0025 Hannes en Line_0026 Hannes en Line_0027 Hannes en Line_0028 Hannes en Line_0029 Hannes en Line_0030 Hannes en Line_0031


Diensverskaffer: 

Ons foto’s is deur Laetitia van PurelightStudio geneem in Napier in die Overberg.