Jaco & Di-Anne se troue

Di-Anne lyk sprokiesmooi toe sy aan haar pa se arm na die altaar stap waar Jaco wag.  Madelein Botha het bygedra deur die mooi bruid ekstra mooi te grimeer. Dit was op ‘n gemeenskaplike vriendin se troue waar die bruidspaar ontmoet het toe hulle by dieselfde tafel beland.  Di-Anne spot dat sy Jaco oor sy knoffel asem berispe het maar dit is beslis iets wat sy hom later verskoon het as jy sien hoe verlief die tweetjies is.  Selfs ‘n tydelike langafstand verhouding was nie vir hulle ‘n probleem nie omdat eerlikheid en kommunikasie vir albei baie belangrik is in hulle verhouding.


Jaco & Di-Ann Burger_0001 Jaco & Di-Ann Burger_0002 Jaco & Di-Ann Burger_0003 Jaco & Di-Ann Burger_0004


Hoe het julle ontmoet?

Ons was by ‘n gemeenskaplike vriendin se troue op 19 November 2011, en is beide by die enkellopende  tafel langs mekaar geplaas.  Ek het Jaco se knoffelasem beledig, ons het begin gesels, en die res is geskiedenis!


Jaco & Di-Ann Burger_0005 Jaco & Di-Ann Burger_0006 Jaco & Di-Ann Burger_0007 Jaco & Di-Ann Burger_0008 Jaco & Di-Ann Burger_0009


Hoe het julle verloof geraak?

Dit was 23 Mei 2015, en my hokkiespan het lekker vroeg by Stellenbosch gespeel. Na ‘n koue tydjie langs die veld het Jaco voorgestel ons gaan eet iets by die Botaniese tuine.  Ek kon nie verstaan hoekom hy my so in die koue laat rondloop deur die tuine en my weghou van kos nie, totdat hy op sy knie neergesak het op ‘n bruggie en die Groot Vraag gevra het nie!  (Nadat hy eers paniekbevange geraak het omdat hy gedink het die ring gaan in die water val, en my afgetrek het van die bruggie af.)


Jaco & Di-Ann Burger_0010 Jaco & Di-Ann Burger_0011 Jaco & Di-Ann Burger_0012 Jaco & Di-Ann Burger_0013 Jaco & Di-Ann Burger_0014 Jaco & Di-Ann Burger_0015 Jaco & Di-Ann Burger_0016 Jaco & Di-Ann Burger_0017 Jaco & Di-Ann Burger_0018


Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het?

Ons gaan vas uit vanaf 29 Januarie 2012, en het op 2 Januarie 2016 getrou.


Jaco & Di-Ann Burger_0019 Jaco & Di-Ann Burger_0020 Jaco & Di-Ann Burger_0021 Jaco & Di-Ann Burger_0022 Jaco & Di-Ann Burger_0023 Jaco & Di-Ann Burger_0024


Advies wat jul kan gee aan ander paartjies?

Na ‘n tydjie wat ons ‘n bietjie langafstand “gevry” het,  was kommunikasie die belangrikste.  Eerlikheid is noodsaaklik en om saam te lag maak elke dag ‘n avontuur.  Ons is mekaar se beste vriende.


Jaco & Di-Ann Burger_0025 Jaco & Di-Ann Burger_0026 Jaco & Di-Ann Burger_0027 Jaco & Di-Ann Burger_0028 Jaco & Di-Ann Burger_0029 Jaco & Di-Ann Burger_0030 Jaco & Di-Ann Burger_0031 Jaco & Di-Ann Burger_0032 Jaco & Di-Ann Burger_0033 Jaco & Di-Ann Burger_0034 Jaco & Di-Ann Burger_0035 Jaco & Di-Ann Burger_0036 Jaco & Di-Ann Burger_0037 Jaco & Di-Ann Burger_0038 Jaco & Di-Ann Burger_0039 Jaco & Di-Ann Burger_0040 Jaco & Di-Ann Burger_0041 Jaco & Di-Ann Burger_0042 Jaco & Di-Ann Burger_0043 Jaco & Di-Ann Burger_0044 Jaco & Di-Ann Burger_0045 Jaco & Di-Ann Burger_0046 Jaco & Di-Ann Burger_0047 Jaco & Di-Ann Burger_0048 Jaco & Di-Ann Burger_0049 Jaco & Di-Ann Burger_0050 Jaco & Di-Ann Burger_0051 Jaco & Di-Ann Burger_0052 Jaco & Di-Ann Burger_0053 Jaco & Di-Ann Burger_0054


Diensverskaffers: