Charl & Yolandé

Yolandé sou nooit kon dink dat sy die man waarmee sy haar lewe gaan deel in ‘n gimnasium gaan ontmoet nie.  Die eerste dag toe sy in haar mooi trou rok met ‘n meermin snit van Bridal Manor by die kerk in stap, dat sy besef alles was nie net ‘n droom nie.  Charl was in die begin bietjie verward oor watter sussie dit was wat eintlik sy aandag getrek het maar toe hy eers sekerheid het, was daar geen keer aan hom nie.  Op die wal van die Vanderkloof dam gaan hy op sy knie met die mooiste diamantring in die hand.  Die paartjie vertrou dat God reeds lank voor hul tyd reeds beplan het dat hulle by mekaar pas.  Op hul troudag, die mooiste dag in hul lewe, kry hul liefdesverhaal ‘n volgende hoofstuk waarin liefde die hoofrol speel.

Charl en Yolande_0001Charl en Yolande_0002 Charl en Yolande_0003 Charl en Yolande_0004 Charl en Yolande_0005 Charl en Yolande_0006 Charl en Yolande_0007


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ouers waarsku altyd, dat die plek waar jy jou man of vrou ontmoet tog belangrik is. Nodeloos om te sê soek mens op al die plekke wat in jou kop reg klink, ek dink dit is hoekom ons ontmoeting my totaal onkant gevang het. Die gym is verseker nie die plek waar ek beplan het om my man te ontmoet nie, verseker het ek nie op my heel beste gelyk nie – nog minder het ek gedink dat my sussie ons aan mekaar sou voorgestel.  Ek was totaal verras was toe my jonger sussie my een aand laat angstig kom roep om my aan my toekomstige man voor te stel.

Wel nie een van ons het verseker geweet wie se man dit sou wees nie. ‘n Jong bewonderaar het aan haar ‘n boodskap gestuur op Facebook en net gedeel dat hy haar in die gym gewaar het, en haar graag beter sou wou leer ken? Sonder om twee keer te dink laat sy hom baie goed verstaan waar Dawid die wortels begrawe het, min wetend dat soos sy self sê: “sy eintlik ‘n boetie bygekry het daardie aand.”


Charl en Yolande_0008 Charl en Yolande_0009 Charl en Yolande_0010 Charl en Yolande_0011 Charl en Yolande_0012 Charl en Yolande_0013 Charl en Yolande_0014 Charl en Yolande_0015 Charl en Yolande_0016 Charl en Yolande_0017 Charl en Yolande_0018


Hoe het julle verloof geraak? 

Die man was eers van koers gegooi, maar toe hy weer rigting kry kon niks hom stop om die keer die regte sussie op te spoor nie.  Na ‘n paar dae se “spioenasie” (net om seker te maak dat daar net 2 sussies is), kry ek uiteindelik ‘n boodskap van die bekende vreemdeling. ‘n Rondomtalie van drie jaar gaan verby en laat een Sondag middag in die hartjie van die Suid-Vrystaat ( ‘n week na Valentynsdag en totaal onverwags terwyl ek die asemrowende massas waters van die Vanderkloof Dam aanskou), gaan Charl op sy knieë en vra of ek sy vroutjie sal wees. In sy twee hardwerkende hande hou hy die mooiste diamant ring wat ek ooit voor kon vrae.


Charl en Yolande_0019 Charl en Yolande_0020 Charl en Yolande_0021 Charl en Yolande_0022 Charl en Yolande_0023 Charl en Yolande_0024 Charl en Yolande_0025 Charl en Yolande_0026 Charl en Yolande_0027 Charl en Yolande_0028 Charl en Yolande_0029 Charl en Yolande_0030 Charl en Yolande_0031


Waneer het julle getrou?

Ons trou in November 2015 by die pragtige Green Leaves stables venue, met die trou tema “Twee vaar beter”.


Charl en Yolande_0032 Charl en Yolande_0033 Charl en Yolande_0034 Charl en Yolande_0035 Charl en Yolande_0036 Charl en Yolande_0037 Charl en Yolande_0038 Charl en Yolande_0039 Charl en Yolande_0040 Charl en Yolande_0041 Charl en Yolande_0042 Charl en Yolande_0043 Charl en Yolande_0044 Charl en Yolande_0045 Charl en Yolande_0046 Charl en Yolande_0047 Charl en Yolande_0048 Charl en Yolande_0049 Charl en Yolande_0050 Charl en Yolande_0051 Charl en Yolande_0052 Charl en Yolande_0053 Charl en Yolande_0054 Charl en Yolande_0055 Charl en Yolande_0056 Charl en Yolande_0057 Charl en Yolande_0058 Charl en Yolande_0059 Charl en Yolande_0060 Charl en Yolande_0061


Advies aan ander paartjies?

Aan ander paartjies, onthou altyd dat die prentjie wat in jou kop geskets is van hoe liefdesverhale moet wees, nie noodwendig jou liefdesverhale hoef te wees nie. Soms vind liefde jou op die mees onverwagse tye of plekke.  Al wat jy moet kies is om dit aan te gryp, want God het lank voor Aspoestertjie haar skoen laat val het, reeds jou lewensreis beplan.


Charl en Yolande_0062 Charl en Yolande_0063 Charl en Yolande_0064 Charl en Yolande_0065 Charl en Yolande_0066 Charl en Yolande_0067 Charl en Yolande_0068 Charl en Yolande_0069 Charl en Yolande_0070 Charl en Yolande_0071 Charl en Yolande_0072 Charl en Yolande_0073 Charl en Yolande_0074 Charl en Yolande_0075 Charl en Yolande_0076 Charl en Yolande_0077 Charl en Yolande_0078 Charl en Yolande_0079 Charl en Yolande_0080 Charl en Yolande_0081 Charl en Yolande_0082 Charl en Yolande_0083 Charl en Yolande_0084

Diensverskaffers: