Wian & Marzaan elegante troue

Op Chapmans Peak gaan Wian onverwags op sy knie om Marzaan die ja woord te vra.  Natuurlik was sy nie bewus daarvan dat hulle vriende agter bosse wegkruip en besig is om die hele  seremonie af te neem nie.  Soos alle bruide lyk Marzaan so mooi op haar unieke manier dat die trane vrylik oor haar bruidegom se wang rol toe hy haar sien. Compact Sound is daar om hulle groot dag onvergeetlik te maak en te sorg dat hulle gaste op die dansbaan bly. Die paartjie maak seker hul spandeer ‘n paar minute alleen om die groot oomblikke in te neem en bewus te word en te ervaar dat dit hul spesiale dag is. Hulle troudag.

Wian en Marzaan_0002 Wian en Marzaan_0003Wian en Marzaan_0004 Wian en Marzaan_0005 Wian en Marzaan_0006Wian en Marzaan_0007 Wian en Marzaan_0008 Wian en Marzaan_0009 Wian en Marzaan_0010 Wian en Marzaan_0011 Wian en Marzaan_0012 Wian en Marzaan_0013 Wian en Marzaan_0014 Wian en Marzaan_0015 Wian en Marzaan_0016 Wian en Marzaan_0017 Wian en Marzaan_0018 Wian en Marzaan_0019Wian en Marzaan_0020 Wian en Marzaan_0021 Wian en Marzaan_0022


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het saam skool gegaan, maar nooit regtig geweet van mekaar nie. In ons matriek jaar het beide van ons deel geneem aan die skool se eerste “Voorbladnooi” kompetisie – ek was een van die finaliste en Wian was een van die manne wat die meisies moes vergesel het tydens die vertoning. Deur al die oefensessies en voorbereiding van die vertoning was daar steeds nie ‘n woord aan mekaar gesê nie. Eers n paar weke later by ‘n gemeenskaplike vriendin se 18de verjaardag het Wian uiteindelik die moed bymekaar geskraap om die eerste “move” te maak. 7 Jaar later het hy die jawoord gevra.


Wian en Marzaan_0023 Wian en Marzaan_0024Wian en Marzaan_0025 Wian en Marzaan_0026 Wian en Marzaan_0027 Wian en Marzaan_0028


Hoe het julle verloof geraak?

Daar was voorgestel dat ons die rugby by ‘n nuwe kuier plek naby Houtbaai moes gaan kyk. Ons was nie seker waar die plek was nie.  Hy het voorgestel dat ons  êrens moet aftrek en die res van die groep dan agtervolg wanneer hulle verby ry. Ons het by Chapman’s Peak gestop waar ons ‘n paar jaar gelede piekniek gehou het. Ek het voorgestel dat ons netso wel die kombers kan uitgooi en die uitsig geniet tot die res kom. Terwyl ek nog fotos neem van die mooi uitsig en omdraai om die foto vir Wian te wys, was hy op sy regterknie. Nadat  ek “ja” gesê het en omdraai staan die hele groep vriende reg met ‘n bottel champagne om saam te vier.  Hulle was die heeltyd besig om weg te kruip en fotos te neem van die gebeurtenis!


Wian en Marzaan_0029 Wian en Marzaan_0030 Wian en Marzaan_0031 Wian en Marzaan_0033 Wian en Marzaan_0034 Wian en Marzaan_0035 Wian en Marzaan_0036 Wian en Marzaan_0037 Wian en Marzaan_0038 Wian en Marzaan_0039 Wian en Marzaan_0040 Wian en Marzaan_0041 Wian en Marzaan_0042 Wian en Marzaan_0043


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

7  jaar


Wian en Marzaan_0044 Wian en Marzaan_0045 Wian en Marzaan_0046 Wian en Marzaan_0047 Wian en Marzaan_0048 Wian en Marzaan_0049 Wian en Marzaan_0050 Wian en Marzaan_0051 Wian en Marzaan_0052 Wian en Marzaan_0053 Wian en Marzaan_0054 Wian en Marzaan_0055 Wian en Marzaan_0056 Wian en Marzaan_0057 Wian en Marzaan_0058 Wian en Marzaan_0059 Wian en Marzaan_0060 Wian en Marzaan_0061 Wian en Marzaan_0062 Wian en Marzaan_0063 Wian en Marzaan_0064 Wian en Marzaan_0065 Wian en Marzaan_0066


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Julle troudag gaan te vinnig verby.  Maak seker dat jy elke oomblik inneem. Vat n paar minute uit die dag om net alleen te wees en in te neem wat als vandag in jou lewe gebeur het. Dit is die beste dag van jou lewe en maak seker jy neem die groot oomblikke in (al is dit net 1).


Wian en Marzaan_0067 Wian en Marzaan_0068 Wian en Marzaan_0069 Wian en Marzaan_0070 Wian en Marzaan_0071 Wian en Marzaan_0072 Wian en Marzaan_0073 Wian en Marzaan_0074 Wian en Marzaan_0075 Wian en Marzaan_0076 Wian en Marzaan_0077 Wian en Marzaan_0078 Wian en Marzaan_0079 Wian en Marzaan_0080 Wian en Marzaan_0081 Wian en Marzaan_0082 Wian en Marzaan_0083 Wian en Marzaan_0084 Wian en Marzaan_0085 Wian en Marzaan_0086 Wian en Marzaan_0087 Wian en Marzaan_0088

Diensverskaffers: