Norman & Lianca

Norman & Lianca_0001


Lianca was teensinnig om na ‘n rugbywedstryd te gaan kyk maar op die ou einde was dit vir haar die moeite werd.  Sy laat nie op haar wag toe sy  die aantreklike Norman onder op die veld sien verby stap nie. Beslis ‘n meisie wat weet wat sy wil hê.  Norman is dadelik verlief toe hy haar ontmoet.  Tydens ‘n vakansie in Ballito verras hy haar in die Fairmont Hotel in Zimbali met ‘n diamant en die groot vraag.


Norman & Lianca_0002 Norman & Lianca_0003 Norman & Lianca_0004


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Dit was in Maart 2009, by ‘n klub rugby wedstryd.  Vryheid teen Pongola. Lianca was niks lus vir dit nie maar haar vriendin het haar oortuig om saam haar klub toe te gaan om te gaan Rugby kyk. Norman het voorheen vir die Pongola span gespeel maar het sy knie beseer en toe op die spesifieke dag net saam gegaan om te ondersteun.

Lianca was op die paviljoen en Norman het onder langs die veld verby geloop.  Sy het dadelik gesê, ” kyk daai aantreklike man.” Sy het  na die klubhuis gegaan en gaan uitvis oor wie hy was en ‘n wedersydse vriend het hulle aan mekaar voorgestel.


Norman & Lianca_0005 Norman & Lianca_0006 Norman & Lianca_0007


Hoe het julle verloof geraak?

Ons was op vakansie in Ballito en Norman het as verrassing ‘n aand bespreek by die Fairmont Hotel in Zimbali. Norman het gesê ons gaan net iemand daar groet, toe ons by die hek kom toe gee Norman vir Lianca ‘n Spa voucher en se hy bederf haar bietjie voor ons ry.  Na 2ure se Spa het Norman vir Lianca gese hy het ‘n sleutel gekry vir een van die kamers sodat hulle kan kyk hoe dit lyk.  Toe hulle by die kamer inloop lê al hulle tasse daar. Na aandete is hul kamer toe en toe Lianca die deur oop maak was daar kerse en roosblare orals. Blomme en shampanje met aarbeie en ‘n botteljie parfuum met die naam “Marry Me”… Lianca het nie geweet of vra hy haar vra en of is dit net die parfuum se naam is todat hy op sy kniee gegaan het en haar gevra het met ‘n diamant.


Norman & Lianca_0008 Norman & Lianca_0009 Norman & Lianca_0010 Norman & Lianca_0011 Norman & Lianca_0012 Norman & Lianca_0013 Norman & Lianca_0014 Norman & Lianca_0015 Norman & Lianca_0016 Norman & Lianca_0017 Norman & Lianca_0018 Norman & Lianca_0019


Wanneer beplan julle om te trou?

17 Oktober 2015


Norman & Lianca_0020 Norman & Lianca_0021 Norman & Lianca_0022 Norman & Lianca_0023


Diensverskaffer:

Fotograaf: Rolene van der Merwe