Kobus & Danielle se selfdoen troue

Danielle is dood bang toe Kobus haar op ‘n perde-karretjie laai om na expo agter die Monument in Pretoria te ry.  Natuurlik  was daar geen expo en toe sy oor haar ergste vrees kom besef sy eers dat hy alles beplan het om haar die groot vraag te vra.  Hulle troudag is volmaak en sy lyk baie mooi toe sy stralend met ‘n enkele groot roos haar opwagting maak.  By Mooi Troues moedig ons ,doen-dit-jouself troues baie aan omdat dit so uniek en spesiaal is.  Danielle se moeder het absoluut elke item self gemaak en soos op die fotos gesien kan word het sy haarself oortref.  Wat ‘n wonderlike herinnering sal hulle groot dag nie bly wat met soveel liefde verfraai is nie.


Kobus en Danelle_0002 Kobus en Danelle_0003 Kobus en Danelle_0004 Kobus en Danelle_0005 Kobus en Danelle_0006 Kobus en Danelle_0007 Kobus en Danelle_0008 Kobus en Danelle_0009 Kobus en Danelle_0010 Kobus en Danelle_0011 Kobus en Danelle_0012


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Kobus se vriend het met my vriendin uitgegaan. Hulle het gedink dat ons ‘n baie oulike paartjie sal maak! Ons nommers is  uitgeruil.  Ons het eers via BBM boodskappe gestuur en toe na ‘n paar weke besluit om mekaar te ontmoet! Ons eerste ontmoeting was by Mugg & Bean in Menlyn gewees! Dit was ongelukkig ‘n vinnige en gejaagde afspraak, want ek was soos gewoonlik weer laat! Ek het ‘n dagboek, maar om hom te organiseer is nou nie my sterkste eienskap nie.  Ek is altyd laat! Al was dit kort, was ons altwee dadelik mal oor mekaar! Definitief skoenlappers in die maag van dag een af!


Kobus en Danelle_0013 Kobus en Danelle_0014 Kobus en Danelle_0015 Kobus en Danelle_0016 Kobus en Danelle_0017


Hoe het julle verloof geraak?

Kobus het vir my daardie oggend ‘n SMS gestuur om te sê dat daar ‘n “outdoor expo” is wat hy wil hê ons moet bywoon. Dit kan baie voordelig wees vir sy besigheid. Hy het ‘n jag besigheid, Ek het niks daarvan gedink nie! Soos ‘n goeie meisie (wou ek hom graag ondersteun) en het ek gesê dat ek saam sal gaan,  Dit kon eers aansienlik later wees omdat ek 17:00 ‘n afspraak met ‘n kliënt gehad het. My kliënt kanselleer toe met my op die laaste minuut (min weet ek dat Kobus haar gebel het, en gesê  het sy moet kanselleer)

Ons het na die Voortrekker Monument gery waar die “expo” gehou was.  Toe ons daar aankom het daar niks aangegaan nie.  Daar was nie ‘n siel nie! Kobus sê toe dat die expo agter die monument is en die rede waarom daar geen voertuie gestaan het nie.  Ons stop toe by die perdry plekkie, want ons gaan perd ry na die expo.  Kobus het nie geweet dat ek baie bang vir perde is nie. Na baie gesukkel, gekla, gehuil, angs en vrees (dit was voordelig, omdat dit my aandag van alles afgetrek het) is ons toe by Ford Klapperkop. Daar het ons ‘n piekniek gehad onder die sterre en met Pretoria se mooi liggies.  Toe ek weer sien was hy op sy knie!


Kobus en Danelle_0018 Kobus en Danelle_0019 Kobus en Danelle_0020 Kobus en Danelle_0021 Kobus en Danelle_0022 Kobus en Danelle_0023 Kobus en Danelle_0024 Kobus en Danelle_0025 Kobus en Danelle_0026 Kobus en Danelle_0027 Kobus en Danelle_0028 Kobus en Danelle_0029 Kobus en Danelle_0030 Kobus en Danelle_0031


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

4 Jaar


Kobus en Danelle_0032 Kobus en Danelle_0033 Kobus en Danelle_0034 Kobus en Danelle_0035 Kobus en Danelle_0036 Kobus en Danelle_0037 Kobus en Danelle_0038 Kobus en Danelle_0039 Kobus en Danelle_0040 Kobus en Danelle_0041 Kobus en Danelle_0042 Kobus en Danelle_0043 Kobus en Danelle_0044


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Trou met jou beste vriend! Julle moet mekaar kan geniet en lief hê met jou hele hart. Eendag as julle oud is, gaan julle net mekaar hê, en daardie liefde moet meer as genoeg wees vir jou! Julle moet lief wees vir die mooi eienskappe van mekaar en ook die swakker eienskappe aanvaar. “Date nights” moet boaan jul lysie wees, want tyd saam is baie kosbaar! Die mees belangrikste advies is dat julle God die middelpunt maak van jul huwelik! Om saam Bybel te lees en tyd saam God te spandeer is noodsaaklik vir enige huwelik!


Kobus en Danelle_0045 Kobus en Danelle_0046 Kobus en Danelle_0047 Kobus en Danelle_0048 Kobus en Danelle_0049 Kobus en Danelle_0050 Kobus en Danelle_0051 Kobus en Danelle_0052 Kobus en Danelle_0053 Kobus en Danelle_0054 Kobus en Danelle_0055 Kobus en Danelle_0056 Kobus en Danelle_0057 Kobus en Danelle_0058 Kobus en Danelle_0059 Kobus en Danelle_0060 Kobus en Danelle_0061 Kobus en Danelle_0062 Kobus en Danelle_0063 Kobus en Danelle_0064 Kobus en Danelle_0065 Kobus en Danelle_0066 Kobus en Danelle_0067 Kobus en Danelle_0068 Kobus en Danelle_0069


Diensverskaffers:

  • Venue: Rosemary Hill
  • Fotograaf: Him and Her Pictures
  • Platejoggie: Wedding DJ SA
  • Trourok: The Wedding Boutique
  • Hare: Planet Waves By Reg
  • Grimering: Rene Greyling-Coetsee
  • Suits/pakke: Black Tie
  • Strooimeisie rokke: Gelique
  • Dekor: My liefste, kosbare, dierbare ma! Dit was ‘n DIY troue! Alles was self gemaak! Elke tissue paper blom se petal en bottel… elke detail was handgemaak!
  • Gaste geskenkies: CockTales –  Cocktails met ons stories as paartjies