Alisia & Abie se selfdoen troue

In ‘n La Sposa Mullet tabbert van Bridal Manor lyk die donkerkop Alisia asemrowend mooi op haar troudag. Alhoewel daar ‘n paar wolke op die horison saampak is dit ‘n mooi dag en nie so koud soos die aand toe sy Abie in Delmas by ‘n mielie fees ontmoet het nie. Hulle het toevallig albei vir koffie gaan soek by die koffiemasjien en die res van die aand soos ou vriende gesels en saam gekuier. Skaars ‘n jaar later verras neem Abie die vrou van sy drome op ‘n wild-rit net om haar tydens die besoek met ‘n romantiese piekniek te verras en die groot vraag te vra.

Alisia en Albie_0001Alisia en Albie_0003 Alisia en Albie_0004


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Dit het alles begin op ‘n baie koue aand in Mei 2013. Ons was albei by die “mielies fees” wat op Delmas plaas gevind het. Al wat ons daardie aand in gedagte gehad het, was om ‘n warm koppie koffie te kry om ons lywe warm te maak.
Dit is toe ook waar ons mekaar ontmoet, reg langs die koffie masjien. Nadat Abie homself aan my voorgestel het, was die ys gebreek. Ons het die hele aand verder saam spandeer, en gesels soos ou vriende rondom’ n groot vuur.
Die volgende dag het ons mekaar weer ontmoet by die Wimpy op Delmas, waar ons verder gebou het op die wonderlike vriendskap wat besig was om tussen ons te groei.
Die res is geskiedenis. Ons het begin uitgaan die 2de Junie 2013. Ons het verloof geraak op die 15de April 2014. En op die 24ste Oktober 2015 het ek en my beste vriend en sielsgenoot getrou.


Alisia en Albie_0005 Alisia en Albie_0006 Alisia en Albie_0007 Alisia en Albie_0008 Alisia en Albie_0009 Alisia en Albie_0010 Alisia en Albie_0011 Alisia en Albie_0012 Alisia en Albie_0013


Hoe het julle verloof geraak?

Abie het my verras met ‘n lekker lang naweek weg. Ons het gaan ontspan by, “La granja game farm” net buite Witrivier.
Ek het die dag toe ons in die kar klim om te ry ‘n voorgevoel gehad dat hy die naweek die groot vraag gaan vra. Maar nadat ek arme Abie moeg gepla het met my voorgevoel, het hy my verseker ek my verbeel. Min het ek  geweet dat hy die ring vinnig weggesteek het toe ons daar aankom. Hy het die ring met sy boksie in toilet papier toe gedraai en dit onder die kombuiskas weggesteek, sodat ek dit nie kan uitsnuffel nie. (Ek is vreeslik nuuskierig).
Twee dae het verby gegaan en ek het al vergeet van die voorgevoel.
Die een middag so 12 uur het die eienaar van die wildsplaas ons kom oplaai vir ‘n wildrit. Ons het op en af gery teen die berge en die mooiste wild gesien, Skielik het hulle gestop.  Dit was ongeveer 12 uur.  Ons is afgelaai by ‘n stroompie waaroor ‘n hout blad gebou is. Bo-op die blad was die mooiste piekniek vir ons reg gesit.  Daar het lanterns uit die bome gehang en mooi kussings met roosblare gestrooi regoor die blad. All wat jy kon hoor is die kabbeling van water oor die klippies.
Dis toe ook waar Abie op sy een knie voor my neersak en my die ja-woord vra. Ek het so gehuil van opgewondenheid dat ek eintlik vergeet om hom ‘n antwoord te gee.  Ek het net ook op my knieë neer gesak en hom omhels.


Alisia en Albie_0014 Alisia en Albie_0015Alisia en Albie_0016 Alisia en Albie_0017 Alisia en Albie_0018Alisia en Albie_0019 Alisia en Albie_0020 Alisia en Albie_0021 Alisia en Albie_0022 Alisia en Albie_0023 Alisia en Albie_0024 Alisia en Albie_0025 Alisia en Albie_0026 Alisia en Albie_0027 Alisia en Albie_0028 Alisia en Albie_0029 Alisia en Albie_0030 Alisia en Albie_0031 Alisia en Albie_0032 Alisia en Albie_0033 Alisia en Albie_0034


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Enigste advies wat ons het, is dat ‘n mens nooit kwaad vir mekaar moet gaan slaap nie, en dat kommunikasie tussen man en vrou die belangrikste is om ‘n goeie verhouding te hê, en te bou.


Alisia en Albie_0035 Alisia en Albie_0036 Alisia en Albie_0037 Alisia en Albie_0038Alisia en Albie_0039 Alisia en Albie_0040 Alisia en Albie_0041 Alisia en Albie_0042 Alisia en Albie_0043 Alisia en Albie_0044 Alisia en Albie_0045 Alisia en Albie_0046 Alisia en Albie_0047 Alisia en Albie_0048

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: