Rose Quartz geïnspireer gestileerde fotosessie

Mooi Troues_0025


Vertel on van die inpsirasie agter die fotosessie

Michelle Denton vertel ons bietjie meer oor die gestileerde fotosessie: Troues is romanties daarom is my inspirasie gebore uit die nuwe kleure vir 2016 wat bekend gemaak is deur Pantone’ Rose Quartz.  Ek het besluit om klem te lê op die Rose Quartz om warmte en romanse te skep.  Daardeur word ook klem gelê op goud wat in die decor ingebring word.

Die diensverskaffers het ek  uit ‘n handjievol passievolle mense met ‘n groot liefde vir wat hulle doen gekies.  Regte perfeksioniste.  Net die beste is goed genoeg


Mooi Troues_0026 Mooi Troues_0027 Mooi Troues_0028 Mooi Troues_0029 Mooi Troues_0030 Mooi Troues_0031


Hoekom het jul die plek gekies vir die fotosessie?

Die Venue, Elegant Manor Gaste Huis  is ‘n lieflike venue in Rustenburg Noordwes met uitstekende diens.  Geen taak was te groot nie. Hulle diens was proffesioneel tog met ‘n glimlag en gewilligheid om die ekstra myl te loop om aan enige versoek te voldoen. Die mooi venue kom nog nie heeltemal tot sy reg nie deurdat dit onder my aandag gekom het hoe min diensverskaffers van hul bestaan bewus is.  Die lieflike kamers spreek vir hul self en behalwe die uitstekende diens is dit voorwaar baie spesiaal en maak dit in die geheel ‘n blywende indruk op almal wat dit vir die eerste keer besoek.


Mooi Troues_0032 Mooi Troues_0033 Mooi Troues_0034 Mooi Troues_0035 Mooi Troues_0036 Mooi Troues_0037 Mooi Troues_0038 Mooi Troues_0039 Mooi Troues_0040


Wie het die grimering en hare van die model gedoen?

Die model se grimering is gedoen deur Annerie Jordt en die versorging van haar hare wat stylvol maar gemaklik los gestilleer agter  haar kop saamgevat is, was deur Jana Hazel.


Mooi Troues_0041


Ons hou van die rok, wie het dit gemaak?

Die indrukwekkende trourok is verksaf deur Lianél Schwartz Couture. Die klassieke snit met ‘n interrestante valle patroon en pragtige borduurwerk op die bo stuk is een van ‘n versameling treffende skeppings.


Mooi Troues_0043


Advies aan paartjies wat trou:

Beplan lank genoeg vooruit. Doen goed navorsing oor diensverskaffers. Kies verskaffers met ondervinding en wat lank in die bedryf is. Dis belangrik om verskaffers te kies met die regte styl vir die troue wat jy verkies.

Kry ‘n trou beplanner as jou ondersteunings netwerk klein is omdat daar baie dinge is wat moet gereël word.  As  jy alles self moet doen kan dit baie spaning en onnodige druk op jou plaas. Bespreek vooraf met jou seremonie meester en stel ‘n program op van alles wat die die dag gaan gebeur.  Voorsien  ‘n lys van  familie en vriende wat saam julle moet fotos neem sodat hy/sy seker kan maak dat daardie mense naby moet wees tydens die fotosessie. Bruid, moet nie laat wees vir jou diens nie.  Jy en jou man het ‘n afspraak met God vir daardie tyd.  Maak seker jou gaste weet ook om stiptelik in die kerk te wees wanneer die seremonie begin.  Kies die regte fotograaf.  Doen baie goeie navorsing daarmee en maak seker dat jy van die fotograaf se styl, manier van fotos neem en foto redigering styl hou.  Dit is baie belangrik omdat jy agterna wil sien dat elke belangrike oomblik  vasgevang is sodat julle nog jare later weer jul groot dag kan koester en onthou.  Hou God die middelpunt van julle lewens.  As ons Hom eerste plaas sal als mooi in plek val. Julle troudag is iets waarna julle lank uitsien so geniet elke oomblik en moet nie toelaat dat kleinighede wat dalk kan verkeerd loop jul dag bederf nie.


Mooi Troues_0044


Diensverskaffers: