Pieter & Chanel se plaas troue

Nadat Pieter letterlik ‘n pad vir die vrou van sy drome tot op ‘n berg skoongemaak het, wen hy uit eindelik haar hart vir ewig. Hulle troudag by Kwanja Lodge is sprokiesmooi.  Die venue geleë in die mooiste natuurskoon, bied alles waarvan die paartjie vir hul sprokies dag gedroom het. Terwyl wilde diere  in die klowe weiding soek beloof die paartjie ewige trou aan mekaar onder die blaredak van hoë bome in die buitelug. Mooi Troues wens hulle ‘n geseënde huwelik toe wat al die berge sal oorsteek wat voor hul huwelik pad mag staan.


Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0001Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0002 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0003Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0004 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0005 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0006 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0007


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek was nog op skool. Hy het soms verby my gery as hy sy boetie hulle skool toe vat.  Ons het soms vir mekaar in die truspieëltjie geloer en dan net geglimlag. Eenkeer op my verjaardag wat op ‘n Maandag geval het was hy ook by die kuierplek waar ons was.  Hy was saam met sy vriende.  Ek het sommer myself gaan voorstel. Van daar af het dinge begin.


Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0008 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0009


Hoe het julle verloof geraak?

Die eerste keer toe Pieter my plaas toe vat, +-7 jaar gelede het ek aan hom genoem dat ek daar (op die berg) wil verloof raak.

Pieter het hard gewerk om die berg skoon te maak sodat hy die groot vraag kan vra.  Hy het naweek in en naweek uit bosse en bome gesny om ‘n pad te maak tot bo-op die berg.

Hy het my die Saterdag 9 Augustus 2014 gevat om “wild” te gaan kyk.  Hy het op gery na die berg en waar ‘n tafel met twee stoele en lanterns gestaan het.  Pieter sê toe vir my: “Toe jy wou mos so graag piekniek hier bo hou.” Die son het begin ondergaan en toe staan hy op en gaan op sy knie en vra toe die Groot vraag.  Ek was so verbaas dat ek hom gevra het of my ma weet. Uiteindelik het ek “JA” gesê.


Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0010 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0011Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0012Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0013 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0014 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0015Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0016 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0017 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0018


 Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was saam vir 7 jaar.


Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0019 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0020 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0021 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0022 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0023 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0024 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0025 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0026 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0027 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0028 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0029 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0030 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0031Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0049Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0043Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0047Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0046Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0045Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0048 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0032Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0051 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0033Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0044


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Stel belang in jou lewens maat se doen en late.


Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0034 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0035 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0036 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0037 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0038 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0039 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0040Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0041 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0042 Chanel & Pieter-Kwanja Lodge_0050


Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Happy Snaps Photography
  • Blomme & Koek: My tannie het dit as n geskenk gedoen
  • Dekor: Hettie Roos | Skryfbehoeftes: Postnet
  • Trourok: Sinette van Eyk
  • Bruidegom pak: Edgars
  • Strooimeisies klere: Michelle du Toit
  • Strooijonkers klere: Edgars
  • Naels & Grimering: Sone Malherbe
  • Houtsnee van Borsspelde & Gaste boom: Ernst
  • Skoene: Shoe city
  • Juwele: Touch of Gold
  • Dankie sê geskenkies & Lekker tafel: Zelda Olivier
  • Venue: Kwanja Lodge