Luani & Wessel se selfdoen troue

Luani slaan asems weg toe sy te voorskyn kom in haar trourok van Bridal Manor.  Die Wit bloeisels in haar hand val in harmonie met die geborduurde kant wat wasig om haar vleklose hals en rug lyn pryk.  Haar troudag is sprokiesmooi.  Hoe anders met ‘n bruidegom wat geen steen onaangeraak gelaat het om die vrou van sy drome op die mees romantiese manier te vra om te trou nie. In ‘n restaurant hoog bo die glinsterende liggies van Johannesburg gaan hy op sy knie.  Sy toekomstige vrou en haar vriendin is van kop tot tone uitgevat in uitrustings wat hy en Luani se tweeling suster spesiaal vir hulle gaan uitsoek het.

Wit spookasem torings op die agtergrond van ‘n hoë sink skuur tower ‘n unieke prettige foto van die bruidspaar en gevolg op.  Soos die meeste paartjies verloor Luanie en Wessel nie uit gedagte dat hul daar is om die grootste dag van hul lewe te vier en alles juis om hulle gaan.


Mooi Troues_0001Mooi Troues_0002 Mooi Troues_0003Mooi Troues_0004 Mooi Troues_0005 Mooi Troues_0006Mooi Troues_0007


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het mekaar vir die eerste keer raakgesien in 2009, ons matriek jaar. Ons was ‘n klompie jare saam in dieselfde voog klas maar ons romanse het eers in die laaste jaar van Hoërskool begin.


Mooi Troues_0008 Mooi Troues_0009 Mooi Troues_0010Mooi Troues_0011 Mooi Troues_0012


Hoe het julle verloof geraak?

Dit het alles begin met ‘n verassing die eers komende Saterdag in Johannesburg. Ek vind toe ‘n paar dae later uit dat een van my goeie vriendinne ook ‘n verassing hê.  Dit was ook op dieselfde Saterdag in Johannerburg. Almal het natuurlik geweet dis die groot dag en saam gespeel.

Wessel het die Vrydagaand gemaak of hy laat werk.  Hy het eintlik die balkon by sy werk, wat uitkyk oor die hele Johannesburg, versier met honderde foto’s, liggies en lanterns. Sy plan was ‘n romantiese ete en om daar die vraag te vra…

Ek was die Saterdag opgelaai en oppad na sy woontel het ons verby sy werk gery.  Hy sien toe dat die wind en weer alles afgewaai het en  moes vinnig aan ‘n plan B dink. Toe ek en my vriendin by sy woonstel aankom was daar vir ons gesê dat ons 30minute het om onsself mooi te maak. My tweeling sussie het vroeër die week my verloofde gehelp om vir my die mooiste rokkie, juwele en skoene uit te kies.  My vriendin het dieselfde gekry net om my van die spoor af te lei.

Ons is daarna na ‘n deftige hotel in Johannesburg waar ons iet gedrink het. Wessel reë dat ons na die Restaurant van die hotel gaan met die mooiste uitkyk oor die stad.  Ons het die hele restaurant vir onsself gehad. Ek stel toe voor dat ons ‘n paar foto’s neem en net toe ek wou regs draai om Wessel vas te hou vir die foto word ek verras met hom af op sy knieg. Dit was ‘n bitter spesiale oomlik.  Ek het natuurlik ja gesê en ons het die aand gevier met die lekkerste “wine pairing” ete by DWeleven13.


Mooi Troues_0013 Mooi Troues_0014 Mooi Troues_0015 Mooi Troues_0016 Mooi Troues_0017 Mooi Troues_0018 Mooi Troues_0019


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was ‘n volle 6 jaar & 6 maande saam voordat hy my gevra het om met hom te trou.


 

Mooi Troues_0020 Mooi Troues_0021 Mooi Troues_0022 Mooi Troues_0023 Mooi Troues_0024 Mooi Troues_0025 Mooi Troues_0026 Mooi Troues_0027Mooi Troues_0028 Mooi Troues_0029 Mooi Troues_0030 Mooi Troues_0031 Mooi Troues_0032 Mooi Troues_0033 Mooi Troues_0034 Mooi Troues_0036 Mooi Troues_0037 Mooi Troues_0038 Mooi Troues_0039 Mooi Troues_0040


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Moet nie perspektief verloor nie.  Daar gaan soveel tyd in al die beplanning in dat mens maklik fokus verloor van die eintlike rede vir die dag. Geniet elke oomlik van verloof wees.  Doen wat vir julle lekker gaan wees en moet nie toelaat dat enige iemand die dag of die aanloop daarvan vir julle bederf nie.


Mooi Troues_0041 Mooi Troues_0042 Mooi Troues_0043 Mooi Troues_0044 Mooi Troues_0045 Mooi Troues_0046 Mooi Troues_0047 Mooi Troues_0048 Mooi Troues_0049 Mooi Troues_0050 Mooi Troues_0051 Mooi Troues_0052 Mooi Troues_0053 Mooi Troues_0054 Mooi Troues_0055 Mooi Troues_0056 Mooi Troues_0057 Mooi Troues_0058 Mooi Troues_0059 Mooi Troues_0060 Mooi Troues_0061 Mooi Troues_0062 Mooi Troues_0063

Diensverskaffers: