Lochner & Nerissa se Boere Chic troue

Dit is nie in die koue Londen waar Lochner en Nerissa mekaar ontmoet nie maar eers toe albei terugtrek na sonnige Suid Afrika.  By mooi troues hoor ons gereeld dat paartjies reeds met die eerste ontmoeting aan gevoel het dat hulle vir mekaar bedoel is.  So was dit ook met die mooi paartjie.  Op ‘n strandjie in Transkei vra Lochner die vrou van sy drome om te trou. Op hulle spesiale dag by Delsma Farm sorg die spyseniering span dat die kos nie afskeep by die prentjie mooi paartjie en hul gaste nie. Nerissa is so mooi soos wat net ‘n bruid kan wees.  Lochner en sy kap dit uit op die dansvloer terwyl Andy Hawes van Cape DJ’s vir musiek sorg wat in almal se smaak val en die voete laat juk.

Verse uit Korintiërs 13 se verse besing die liefde agter op die bruidspaar en hul gevolg se hempies. Die bruidspaar bewys hierin dat hul geloof sterk en hul liefde bedoel is om vir ewige te bestaan.


Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0001Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0002Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0003 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0004 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0005Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0006 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0007 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0008 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0009


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Met ‘n gemeenskaplike vriend en die feit dat ons altwee in Londen gewoon het, sou mens dink dat ons mekaar al vroeër sou ontmoet, maar dit was eers nadat ons albei terug was in SA by ‘n wynfees dat ons paadjies vir die eerste keer gekruis het in Junie 2013.


Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0010 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0011 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0012 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0013 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0014 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0015 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0016 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0017


Hoe het julle verloof geraak en hoe lank was julle saam voordat julle getrou het?

Dit klink cliché, maar dit was liefde met eerste oogopslag en ons het net geweet dat ons ons ‘One & Only’ ontmoet het. Ons wou nie verder tyd mors nie so in ‘n neutedop -ons het ontmoet in Junie 2013, ek het afgetrek na Kaapstad in Oktober en dieselfde jaar het Lochner my die groot vraag gevra op ‘n strand in die Transkei op Desember 2014. Die groot dag was toe op 31 Oktober 2015.


Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0018 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0019 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0020 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0021Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0022 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0023Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0024 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0025


Meer informasie oor die tema? 

Die troue se tema was ‘boere-chic’ ontmoet vintage met tikkies pastel. Ons wou ‘n elegante ‘look’ hê maar op dieselfde tyd ‘n warm atmosfeer vir ons gaste skep en met lente wat sopas aangebreek het en Somer om die draai, watter beter kleure kan mens dan kies as romantiese skakerings van pienk, pers, bloue en groen met koning proteas, vetplante, sagte beligting en smul lekker kos!


Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0026 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0027 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0028 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0029 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0030 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0031 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0032 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0033 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0034 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0035 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0036 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0037 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0038 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0039


Advies aan ander paartjies?

Die advies wat ons vir ander paartjies wil gee wat trou, is laat julle persoonlikheid wys deur alle aspekte van julle troue, van die uitnodigings tot by die dekor.  Dit is julle dag en geniet elke liewe oomblik daarvan, vanaf die beplanning regdeur tot die einde toe.  Dit is waarlik die mees “amazingste” tyd van jou lewe.


Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0040 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0041 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0042 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0043 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0044 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0045 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0046 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0047 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0048 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0049 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0050 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0051 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0052 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0053 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0054 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0055 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0056 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0057 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0058 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0059 Lochner en Nerissa soos op Mooi Troues_0060


Diensverskaffers: