Johan & Restelle mooi verlowing

Restelle se werkgewer het besluit om cupido te speel om die mooi paartjie by mekaar uit te bring.  Haar gevoel dat die mooi blouoog meisie en Johan by mekaar hoort was toe in die kol.  Drie maande nadat hulle mekaar die eerste keer gesien het begin hul saam uitgaan,  Johan  skep ‘n romantiese atmosfeer spesiaal vir die vrou van sy drome om die groot vraag te vra.  Hy verlig ‘n paadjie met kerse in sy huis na ‘n piekniekmandjie vol van Restelle se gunsteling lekkernye. Watter vrou kan dan nee sê?


Johan & Restelle_0001Johan & Restelle_0002 Johan & Restelle_0003


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Johan het ‘n entrepreneurskap kursus vir besighede in Hartenbos aangebied en my werkgewer het dit bygewoon. Hy het haar dadelik aan haar eie man laat dink en sy kon nie die kans laat verby gaan om ons aan mekaar voor te stel nie. Die laaste dag van die kursus het sy hom Apteek toe gebring (onder die false voorneme dat hy haar met iets moet kom help.) Ons het egter eers 3 maande daarna regtig begin saam uitgaan en mekaar leer ken.


Johan & Restelle_0004 Johan & Restelle_0005 Johan & Restelle_0006 Johan & Restelle_0007 Johan & Restelle_0008


Hoe het julle verloof geraak?

Ek het gedink ons gaan saam met sy niggies wat vir die naweek in Hartenbos was uit eet.  Op pad restaurant toe het hy vir my gesê ons moet net eers by sy huis stop want hy het sy beursie vergeet. Toe ek die huis binne stap het hy die hele gang vol kerse gepak en ons fotos orals op geplak.  Die paadjie het gelei na n piekniek mandjie, met al my gunsteling lekkernye. Die oomblik was perfek toe hy my vra om vir ewig syne te wees en met oë vol trane en n dol gelukkige hart het ek JA gesê!


Johan & Restelle_0009 Johan & Restelle_0010 Johan & Restelle_0011 Johan & Restelle_0012 Johan & Restelle_0013 Johan & Restelle_0014 Johan & Restelle_0015 Johan & Restelle_0016 Johan & Restelle_0017 Johan & Restelle_0018 Johan & Restelle_0019 Johan & Restelle_0020 Johan & Restelle_0021


Wanneer beplan julle om te trou?

Ons trou 19 Maart 2016 by La Rosa Blu die mooiste vintage cafe op ‘n Roos plaas buite George.


Johan & Restelle_0022 Johan & Restelle_0023 Johan & Restelle_0024 Johan & Restelle_0025


Diensverskaffers: