Appelboord verlowing fotosessie

Tussen die eerste bloeisels van ‘n appelboord straal Ernst en Tanya terwyl ‘n fotograaf van e.Late Fotografie hul verlowingsfotos op film vas lê. Die paartjie het mekaar die eerste keer raakgesien toe Ernst oor Tanya se bene klim waar sy en haar vriendinne in ‘n gang gesit het. Oogkontak is gemaak en ‘n glimlag uitgeruil. Die liefde het sy manier om twee mense by mekaar uit te bring en so was dit ook met hierdie mooi paartjie.  Hulle ontmoet later weer in ‘n kuierplek en is daarvandaan onafskeidbaar.

Tydens ‘n vakansie in Mosambiek steek Ernst sy ring aan Tanya se vinger. Hulle toekomsdrome is groot en hul liefde vir mekaar net so mooi soos die natuurtonele op die familie plaas waar e.Late fotografie besondere fotos neem. Romanties mooi in ‘n lang rooi rok staan Tanya uit in haar toekomstige man se arms. Sy lyk asemrowend in die vlak water van die uitgestrekte Theewaterskloof dam.

Ons by Mooitroues wens hulle alle voorspoed en die mooiste troudag toe.


Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0001Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0002 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0003


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons was studente van Stellenbosch en dit was Jool toe een van my beste vriendinne in ‘n nuwe woonstel ingetrek het. Vir ons was die beste manier om nuwe mense te ontmoet om in die middel van die gang te gaan sit, haha. Nie te min, loop – klim daar een dag ‘n oulike ou met die mooiste blou oë oor my. Ons het oogkontak gemaak en geglimlag, en netso was die koeël deur die kerk! Maande later het ons mekaar raak geloop in ‘n kuier plek en die res is geskiedenis.


Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0004 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0005 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0006


Hoe het julle verloof geraak?

Ons was op ons eerste cruise na Mosambiek! Na ‘n dag van snorkel en swem, is ons moeg na ons kajuit. “Oë toe en hand oop,” het hy skielik gesê. Senuweeagtig het ek my hand uitgesteek, bang vir wat dit kan wees aangesien ons sopas uit die see gekom het en hy bekend is vir sy “grappies” . Toe ek iets voel aan my vinger geplaas word, vlieg my oë oop en die eerste ding wat ek sien is die ring. Sy oë vind toe myne en hy vra my, “Sal jy my vir altyd lief hê?”. Natuurlik was dit JA!!!


Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0007 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0008 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0009


Wanneer beplan julle om te trou?

21 November 2015!!! By ‘n Langkloof Roses net buite Wellington saam met ons familie en vriende. Ek kan nie wag nie!


Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0010 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0011 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0012 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0013 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0014 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0015 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0016 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0017 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0018 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0019 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0020 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0021 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0022 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0023 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0024 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0025 Ernst&Tanya soos op Mooi Troues_0026


Diensverskaffer

  • Fotograaf: e.Late Photography
  • Plek: Familie plaas net buite Theewaterskloof dam in Villiersdorp
  • Grimering: Tarien van Placecol Paarl
  • Hare: Mikele by Fringe Hair & Make-up Studio