Stiaan & Irma se troue

Die mooi Irma se nog mooier glimlag het waarskynlik Stiaan se hart gesteel toe sy die eerste meisie in Potchefstroom is wat hy ontmoet. Dit was die begin van groot dinge want daarna het hy nie weer een meisie ontmoet wat sy hart so warm laat klop nie. Hy is uit die staanspoor baie romanties daarom vermoed sy geen onraad toe hy haar vir ‘n naweek Hartebeespoortdam toe neem nie. Die aand na ‘n heerlike ete voel sy iets in sy sak toe hulle styf teenmekaar op die balkon van hul naweek plekkie die uitsig bewonder. Hy kan nie anders as om die verloofring uit te haal en haar net daar vra om met hom te trou nie. Op ‘n heuwel in ‘n klein wit kapel beloof hulle ewige trou aan mekaar. Irma se mooi klassieke trourok pas haar perfek. Stiaan is daar om te troos toe sy sukkel om die trane te keer na die seremonie. Daarna knyp hulle die eerste paar minute voordat hulle na die onthaal gaan af om hulle eerste ervaring as man en vrou alleen te ervaar.


Irma en Stiaan se troue_0012Irma en Stiaan se troue_0001Irma en Stiaan se troue_0002Irma en Stiaan se troue_0003 Irma en Stiaan se troue_0004


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

My man vertel vir almal dat ek die eerste meisie was wat hy in Potchefstroom ontmoet het. In sy matriekjaar het hy vir ‘n paar dae Potch toe gegaan, waar ek reeds ‘n eerstejaarstudent was, om ‘n woonstel te soek as ‘n voornemende student. Hy en my kamermaat is ou vriende en so word ek genooi om saam met hulle ‘n drankie te gaan geniet. Ons was lank in dieselfde vriendekring voor ons verlief en amptelik ‘n paartjie geword het – en nadat hy my selfoon nommer afgebedel het by my kamermaat!


Irma en Stiaan se troue_0005Irma en Stiaan se troue_0006Irma en Stiaan se troue_0008Irma en Stiaan se troue_0009Irma en Stiaan se troue_0010Irma en Stiaan se troue_0011Irma en Stiaan se troue_0012


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was vier jaar en vier maande saam voor ons getrou het.


Irma en Stiaan se troue_0013Irma en Stiaan se troue_0014Irma en Stiaan se troue_0015Irma en Stiaan se troue_0016Irma en Stiaan se troue_0017Irma en Stiaan se troue_0018Irma en Stiaan se troue_0019Irma en Stiaan se troue_0020Irma en Stiaan se troue_0021Irma en Stiaan se troue_0022


Hoe het julle verloof geraak?

My man is baie romanties en hou daarvan om my te bederf. Ek het niks daarvan gedink toe hy ‘n naweek beplan by Hartebeespoortdam nie. Inteendeel, ek het met hom die spot gedryf en heeltyd gevra of ek my naels moet laat doen! Na ‘n heerlike aandete vra hy dat ons op die balkon van ons gastehuis na die uitsig moet kyk. Knus staan ek teen hom en voel iets in sy sak. Ek vra hom wat is dit die? Dit is toe dat hy die boksie uithaal en oopmaak om vir my die mooiste, blinkste ring te wys! Ek was stomgeslaan en het natuurlik JA gesê.


Irma en Stiaan se troue_0024Irma en Stiaan se troue_0025Irma en Stiaan se troue_0026Irma en Stiaan se troue_0027Irma en Stiaan se troue_0028Irma en Stiaan se troue_0029Irma en Stiaan se troue_0030Irma en Stiaan se troue_0031Irma en Stiaan se troue_0032Irma en Stiaan se troue_0033


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Besluit wat julle graag op julle troue wil hê – dit is immers julle dag! Moenie verlore raak in al die verskillinde opsies en idees op Pinterest nie, besluit op iets en hou daarby. Vra jou ma en skoonma vir hulp en advies – partykeer het jy ‘n ander persoon se perspektief nodig. Die dag van die troue gaan so vinnig verby, steel vyf minute voor die onthaal waar julle as nuwe bruidspaar ‘n oomblik aleen kan wees en die groot oomblik kan indrink.


Irma en Stiaan se troue_0035Irma en Stiaan se troue_0036Irma en Stiaan se troue_0037Irma en Stiaan se troue_0038Irma en Stiaan se troue_0039Irma en Stiaan se troue_0040Irma en Stiaan se troue_0041Irma en Stiaan se troue_0042Irma en Stiaan se troue_0043Irma en Stiaan se troue_0044Irma en Stiaan se troue_0045Irma en Stiaan se troue_0046


Diensverskaffers: