Robertson Vallei wegbreek

Ons was uitgenooi deur Mira van Hot Oven Marketing en Robertson Wine Valley om die mooi Robertson vallei te besoek waar ons verlede naweek een van die beste naweke ooit gehad het. Mira het vir ons ‘n paar van Robertson vallei se oulike verborge skatte gewys en laat ervaar.  Dit was ‘n belewenis en ons het baie ander fantastiese mense van die vallei ontmoet.

Ons het by die pragtige Excelsior Wynlandgoed in Robertson gebly. Excelsior het ‘n herehuis wat nou as gastehuis gebruik word.  Dis geleë reg langs ‘n mooi dam met ‘n uitsig oor wingerde, bome en berge. Jy kan ontspan langs die swembad met ‘n boek en ‘n glas van Excelsior se wyn of ‘n lekker koppie tee as jy dit so sou verkies.


Mooi Troues in Robertson_0001Mooi Troues in Robertson_0002 Mooi Troues in Robertson_0003 Mooi Troues in Robertson_0004 Mooi Troues in Robertson_0005 Mooi Troues in Robertson_0006Mooi Troues in Robertson_0005


Ons eerste stop was by Tanagra Boetiek Distillery net buitekant Robertson op pad na McGregor. Tanagra se eienaar en wynmaker, Robert Rosenbach, het ons persoonlik op ‘n toer gevat deur die distillery waar hy vir ons stap vir stap gewys het van begin tot einde hoe hulle wyne en likeurs gemaak word. Dit is iets wat ons stadsjapies nie baie sien nie en het dit baie interessant gevind. Daar gaan baie meer in wyn maak in as wat ‘n mens besef. Dit is ‘n skeppings proses met harde hande werk, sweet en moeite om die perfekte Tanagra wyn te skep. Tanagra is nie net ‘n Boetiek wynplaas nie, maar het ook akkommodasie beskikbaar op die plaas insluitende ‘n afgeleë eenheid wat reg langs ‘n natuur reservaat geleë is. Dit is die perfekte wegbreek plek vir verliefde paartjies,  verloof of getroud. Dit maak nie saak nie.


Mooi Troues in Robertson_0044 Mooi Troues in Robertson_0007 Mooi Troues in Robertson_0008 Mooi Troues in Robertson_0009


Ons volgende stop was in McGregor. Dit was ons eerste keer in McGregor en was verstom oor hoe mooi die oulike dorpie is. Dit is definitief ‘n plekkie wat jy op jou lysie kan sit om te ervaar. McGregor is omring deur plase en die dorpie self het slote met lopende water,groen tuine en mooi argitektuur. Ons eerste stop in McGregor was by Bemind Wyne waar Ilse Schutte, die eienaar en wynmaker van die Garagiste Kelder ons verwelkom het. Bemind Wyne was ons gunsteling plekkie wat ons die naweek besoek het. Ilse het ons mooi verduidelik van die Garagiste Kelder konsep en die wyn-maak proses wat sy letterlik alles met die hand doen. Meeste van Bemind Wyne se wyn word ook per hand gebottel en die van julle wat weet, sal verstaan hoe ‘n delikate proses dit is. Ilse is verskriklik passievol oor wyn-maak en was ‘n wynmaker by een van McGregor se top wynplase voordat sy haar eie wyn-reeks begin het.


Mooi Troues in Robertson_0010Mooi Troues in Robertson_0011


Ons het sommer ‘n bottel Bemind wyn saam met ons geneem na ons volgende stop by Flora’s Eating House and Gallery, reg oorkant Bemind Wyne. In die klein dorpie help die plaaslike besighede mekaar nog deur mekaar te ondersteun. By Flora’s Eating House en Gallery het ons ‘n heerlike middag ete onder bome langs ‘n visdam, die laaste dag van somer geniet.  Gunther het ‘n vegetariese slaai bestel en dit baie geniet vir iemand wat lief is vir vleis.  Jaun het ‘n smaaklike salm slaai geniet saam met ‘n glas Bemind wyn in die geselskap van Ilse Roux en haar eggenoot.

Na die heerlike middag ete het ons die Wahnfriend bioskoop besoek.  Dis in ‘n pragtige huis in die hartjie van Mc Gregor. Ons was verwelkom deur Michael McKenzie wat vir ons die storie agter Wahnfriend bioskoop vertel het. Dit is ‘n plek waar plaaslike inwoners saans gesellig kan verkeer en gratis films en lekker bekostigbare opvoerings kan kyk saam met ‘n glasie wyn.  As jy ooit  Mc Gregor toe gaan, is Wahnfriend ‘n moet om te besoek.  Dit is iets wat jy persoonlik moet ervaar aangesien woorde nie genoeg is om die wonderlike ervaring te beskryf nie.


 

Mooi Troues in Robertson_0031 Mooi Troues in Robertson_0032 Mooi Troues in Robertson_0033


Aandete was by die Mimosa Lodge in Montagu. Ons het nog altyd deur Montagu gery en gedink dat dit ‘n mooi dorpie is. Dit is egter anders om dit persoonlik te ervaar en met plaaslike inwoners te gesels. Mimosa Lodge is ‘n moet as jy lekker wil eet of opsoek is na oulike akkommodasie in die area. Mimosa Lodge het ‘n goud gegradeerde restaurant waar ons ‘n fees maaltyd geniet het. Die personeel was baie vriendelik en het ons tuis laat voel. Die atmosfeer in die plekkie het ons laat voel asof ons nog altyd daar gehoort het. Die restaurant maak saans half agt oop vir aandete. Ons was voor die tyd daar, daarom het ons eers ‘n Mampoer skemerkelkie in Mimosa se groen karootuin geniet. Daarna was ons bedien met ‘n heerlike voorgereg bestaande uit, humus, vars broodrolletjies, zebra, aartappel en kraakvars groente op die tafel. Die nagereg was uitsonderlik en ons sal sit nie sommer vergeet nie. Dit was letterlik ‘n sagte sjokolade bom.


Mooi Troues in Robertson_0012Mooi Troues in Robertson_0013Mooi Troues in Robertson_0014Mooi Troues in Robertson_0015Mooi Troues in Robertson_0016Mooi Troues in Robertson_0017Mooi Troues in Robertson_0018Mooi Troues in Robertson_0019Mooi Troues in Robertson_0020


Die Saterdag oggend het ons wakker geword met die gekekkel van hoenders en die reuk van pas ge-oeste druiwe. Ons het ontbyt geniet by Excelsior wynplaas waar ons ook oornag het. Die buffet ontbyt het weggespring met vars koffie, broodjies, kaasbord, vrugte slaai, jogurt, sappe. Daarna het ons weggelê aan die warm ontbyt geregte op die dek langs die swembad terwyl die oggend son sag oor die wingerde begin skyn. Na ontbyt het die eienaar van Excelsior ons agter op sy bakkie gelaai vir ‘n toer op die plaas. Ons het tot bo op die buurplaas se heuwel gery waar ons ‘n driehonderd en sestig grade uitsig oor die plaas  en die mooi Robertson vallei  in die verte gehad het. Dit was ‘n lekker en “sielsvervullende” uitstappie. Ons het langs die pad by ‘n trop koeie gestop. Tippies stadsjapies het ons kamera in die hand van die bakkie gespring om eers ‘n paar fotos van hulle te neem.  Hulle het nuuskierig na ons gekyk en dit het kompleet gelyk asof hulle vir die kamera poseer. Dit is die klein goedjies wat ‘n toer in die Robertson vallei ekstra spesiaal maak. Ons het ook ons eie wyn gemeng by Excelsior. Jy kan kies tussen Merlot, Shiraz en Cabernet Sauvignon en jou eie hoeveelhede bymekaar sit om die perfekte wyn vir jou smaak te maak. Jy vul jou eie bottels, kurk dit en smelt jou seël op. Daarna sit jy jou eie etiket op en skryf jou naam en mengsel op die bottel. Dit is nogal ‘n oulike idee vir ‘n troue of wittebrood. Dink net daaraan as jy vir elke gas ‘n bottel wyn gee wat jy self gemeng het en die etiket per hand persoonlik gemaak het. Beslis iets om in gedagte te hou.


Mooi Troues in Robertson_0021Mooi Troues in Robertson_0034Mooi Troues in Robertson_0022Mooi Troues in Robertson_0023Mooi Troues in Robertson_0024


Ons volgende stop was by Viljoensdrift, ‘n Wynplaas met ‘n rivier waar jy ‘n bootrit kan neem omring met die mooiste natuur tonele en baie voël spesies. Viljoensdrift se span het vir ons ‘n heerlike kaas- en vleis bord gemaak asook ‘n lekker bottel wyn wat ons op die boot geniet het. Ons het die ervaring baie geniet en sal dit aanbeveel vir ‘n paartjie wat verloof wil raak of net ‘n lekker romantiese wegbreek aktiwiteit wil geniet in die vallei. Na die bootrit het ons van Viljoensdrift se heerlike wyne geproe, insluitende hulle MCC. Viljoensdrift personeel se moeite en diens was van die beste gehalte en word hoog aanbeveel indien jy jou in die distrik bevind.


Mooi Troues in Robertson_0035Mooi Troues in Robertson_0025Mooi Troues in Robertson_0026Mooi Troues in Robertson_0027Mooi Troues in Robertson_0028Mooi Troues in Robertson_0029


Ons was by Esona waar die eienaars spesiaal van die Kaap af gery het om ons te ontmoet. Dit was al klaar vir ons ‘n spesiale element gewees. Esona is geleë op ‘n klein plasie met ‘n lopende rivier stroom deur die plaas. Die proe kamer is op ‘n verdieping aan die buitekant wat uitkyk oor die pragtige landerye en berge. Esona se eienaars het ons trakteer met ‘n vingerhappie wat ons geniet het met ‘n bottel ‘Frankly my dear….’ wyn terwyl ons die uitsig bewonder. Esona is ‘n baie mooi boetiek wynlandgoed. Jy kan ook ‘n ondergrondse wynproe doen wat gepaard gaan met ingelegde vrugte, Die Lindt sjokolade uit hoë kwaliteit glase komplimenteer die wyn se smaak. By Esona se ondergrond proe lokaal sit jy in die donker met kerslig en sagte agtergrond musiek wat saamsmelt met die wyn wat jy proe. Dit is regtig ‘n fantastiese ervaring om wyn en musiek te kombineer.


Mooi Troues in Robertson_0061Mooi Troues in Robertson_0062Mooi Troues in Robertson_0063


Ons het aandete geëet by Rosendal Wynlandgoed. Ons was eers op ‘n toer geneem deur die mooie Rosendal. Rosendal bied ook mini-wittebrood pakkette of romantiese pakkette aan vir paartjies wat opsoek is na ‘n prentjie mooi en romantiese wegbreek plek. Hulle het wel nie ‘n trou venue nie maar is die perfekte plek om te bly voor of na jou troue of om jou bruidsmeisies te bederf met ‘n lekker spa sessie. Ons het ‘n wynproe gehad met Heinrich wat baie pret was en het sjokolade gepaar asook koffie kasjoeneute met Rosendal se heerlike wyn. Rosendal staan ook bekend vir hulle Sauvignon Blanc wat se bottel se brandmerk verkeerd omgedraai is so jy moet die bottel onderste bo draai om dit te kan lees. Na die wynproe het ons aandete geniet by Rosendal se restaurant. Ons het fantastiese diens en kos geniet. As voorgereg het Günther  ‘n gerookte hoenderslaai bestel. Jaun ‘n snoek patte met brood geniet. As jy baie honger is, is Rosendal se porsie groote perfek vir jou. As hoofgereg het Günther ‘n “Porkbelly” dis gehad en Jaun Eend met Lensies en Granaatjie sous. Daar was amper nie genoeg spasie vir nagereg oor nie. Gunther het sjokolade tert verkies en  Jaun ‘n baie groot en heerlike kaasbord.


Mooi Troues in Robertson_0036Mooi Troues in Robertson_0037Mooi Troues in Robertson_0038Mooi Troues in Robertson_0039Mooi Troues in Robertson_0040Mooi Troues in Robertson_0041Mooi Troues in Robertson_0042


Ons Sondag oggend begin met ‘n rit Ashton toe waar ons by die oulikste versteekte skat, Platform 62, se restaurant The Shed vir ontbyt gegaan het. Platform 62 het ons voete onder ons uitgeslaan met ‘n top gehalte ontbyt buite onder die bome omring met hoenders en Fanie die vark. Platform62 is nie net ‘n lekker plek vir ontbyt nie, maar ook ‘n oulike inkopie plek waar jy amper alles kan vind.  Hulle het ook ‘n groot winkel waar jy wyn en ander drankies kan koop vir jou toer. Jy kan ook die heerlikste brandewyn proe doen by Platform62. Ons het ‘n paar opsies geproe soos brandewyn met gemmer & limonade en lemoen & Tonic Water. Dit was ‘n eerste vir ons en baie lekker gewees. As jy deur Ashton ry en die groot stoomtrein sien dan is jy by Platform62 en moet jy daar stop.


Mooi Troues in Robertson_0043Mooi Troues in Robertson_0045Mooi Troues in Robertson_0046Mooi Troues in Robertson_0047Mooi Troues in Robertson_0048Mooi Troues in Robertson_0049Mooi Troues in Robertson_0050Mooi Troues in Robertson_0051


Die volgende stop was by Van Loveren waar ons ‘n boom toer gehad het. Die oorspronklike boervrou het ‘n boom vir alle gebeurtenisse geplant – vanaf haar kinders se geboortes tot Nelson Mandela se vrylating. Dit is ‘n toer om te ervaar.  Ons het ook ‘n heerlike wynproe en kos-paring sessie gehad. Een van ons gunstelinge was die vleis-bord en rooiwyn paring en die “candy en cider paring.” Ons is absoluut gaande oor Van Loveren. Dit is ‘n pragtige plaas met heerlike wyn en die mooiste tuine.


Mooi Troues in Robertson_0052Mooi Troues in Robertson_0053Mooi Troues in Robertson_0054Mooi Troues in Robertson_0055Mooi Troues in Robertson_0056Mooi Troues in Robertson_0057Mooi Troues in Robertson_0058


Ons laaste stop in die Robertson Vallei was by Bon Cap. Michelle du Preez was die gasvrou en het ons baie welkom laat voel. Ons het van Bon Cap se laaste MCC geproe, want hulle maak nie meer wyn nie. Dit was baie spesiaal.  Ons is met die lekkerste plaas kos trakteer wat rooi vleis, hoender en vis ingesluit het. Bon Cap se Sondag middagete is lekker en laat jou sommer welkom voel met ‘n gesellige plaas atmosfeer. Bon Cap het ook ‘n mooi trou venue waar jy in styl kan trou. Klik hier om te kyk na ons vorige troues wat ons gepubliseer het wat by Bon Cap se venue gehou was. Jou seremonie is onder in die kelder tussen wynvate en kerse vir lig. Hulle het ook oulike basiese verblyf op die plaas as jy net ‘n plekkie soek om weg te breek. Maar jy sal moet hardloop as jy ‘n plekkie wil boek, want Bon Cap is ‘n baie besige venue.


Mooi Troues in Robertson_0059Mooi Troues in Robertson_0060


Die naweek was vir ons ‘n fantastiese ervaring en ons sal definitief binnekort weer terug wees in die vallei en sal enige iemand aanbeveel om na die Robertson vallei te gaan en die plekkies in die artikel te ondersteun. Vir meer Inligting kan jy ons kontak by kontak@mooitroues.co.za


Mooi Troues in Robertson_0030


Artikel Krediet: