Ons besoek Abalone House

Abaolone House on Mooi Troues_0003


Pas getroude paartjies is altyd opsoek na oulike wittebrood wegbreek plekkies. Verloofdes of selfs net paartjies in ‘n verhouding hou van romantiese plekkies weg van die besige stadslewe en geraas. Ons wys vandag vir jou Abalone House and Spa.

By die vyf-ster Abalone House and Spa is dit maklik om jou droom te beleef. Geleë in die prentjie mooi visserman dorpie, Paternoster, is die die perfekte plek om te gaan ontspan. Abalone House and Spa is ‘n intieme 10 kamer boetiek hotel en is bekend vir hulle Tretchikoff-geïnspireerde dekor en allerhoogste luuksheid. Die kamers is ontwerp om ‘n rustige, sentrale binnehof met ‘n kristalhelder swembad. Agt van die kamers het see-uitsig en van hulle het ook ‘n intieme buite area waar jy kan ontspan. Lees meer oor die spa en top restaurant onder in die artikel.


Abaolone House on Mooi Troues_0001 Abaolone House on Mooi Troues_0002 Abaolone House on Mooi Troues_0004 Abaolone House on Mooi Troues_0005 Abaolone House on Mooi Troues_0006Cocodash


Geleë in die iddiliese visserdorpie met sy uitgestrekte wit strand is Abalone House reeds ‘n wonderlike ervaring maar dis net die begin. Soggens kan jy op die strand gaan stap en sien hoe die plaaslike vissermanne dou voor dag hulle bootjies die see in stoot vir die dag se vangs. Daarna kan jy te voet deur die dorpie stap en al die winkeltjies en stalletjies besoek terwyl plaaslike kinders hulle handgemaakte skulp halsnoere aan jou probeer verkwansel. Die Healing Earth spa by die hotel is net die regte bederf na so ‘n uitstappie as jy terugkeer na die hotel. Dit is iets baie besonders vir gaste. Die spa het vier behandelings-kamers, met ‘n pragtige solder ruimte wat spesifiek ontwerp is vir paartjies sowel as ‘n holistiese sout terapie kamer, waar soutkristalle hulle betowerende wonders doen aan liggaam en gees.

Kwaliteit inheemse bestanddele word gebruik in alle behandelings: Geniet drankies soos maroela, Kalahari spanspek en Pinotage. Energie spa-behandelings, insluitend liggaam skrop, massering en gesigbehandeling is die ideale manier om jouself te bederf en ook jou batterye te herlaai. Verpersoonlik jou dag met hul verskeidenheid pamperlang pakkette, of word gelei deur bekwame professionele terapeute wat vir jou ‘n persoonlik gepaste terapie, sal aanbeveel.


Abaolone House on Mooi Troues_0009Abaolone House on Mooi Troues_0013 Abaolone House on Mooi Troues_0014


Wat is ‘n heerlike wegbreek dan nou sonder heerlike topgehalte kos. Een van ons gunsteling restaurante, Reuben’s is gebaseer by die Abalone House en is definitief die plek waar jy heerlike kos sal vind. Reuben Riffer is ‘n gevierde huishoudelike naam in Suid-Afrika en is bekend vir sy kulinêre bekwaamheid. Hy kies die beste plaaslike bestanddele, behandel hulle met respek en berei hulle pragtig voor om unieke smaak sensasies te skep.

Met die eindelose uitsig oor die Atlantiese Oseaan van beide die dek bo wat ‘n verhitte borrelbad huisves, en die restaurant dek onder is Abalone House & Spa die perfekte romantiese wegbreek plek vir jou. Dit is slegs ‘n uur en ‘n half se ry vanaf Kaapstad en dit voel of jy in ‘n ander wêreld is.


Abaolone House on Mooi Troues_0015 Abaolone House on Mooi Troues_0016 Abaolone House on Mooi Troues_0017


Vir meer inligting en om te bespreek, bel Abalone House and Spa direk by 027 022 752 2044 of stuur ‘n e-pos na info@abalonehouse.co.za


Abaolone House on Mooi Troues_0018


Artikel Krediet:

Teks: Verskaf deur Manley Communications | Fotografie: Verskaf deur Manley Communications