Johan Willem & Marelize se troue

Na ‘n lekker Sondag-ete by ‘n plekkie in Bainskloof, stop Johan Willem die motor in die pas.  Wellington lê ver onder hulle.  Dis reeds laat middag en Marelize is verbaas omdat hy ‘n foto van hulle wil neem.  Dit is ook die herdenking van hul tyd saam as paartjie daarom verwelkom sy die geleentheid.  Marelize het skaars haar voet uit die motor toe hy skielik op sy knie voor haar gaan sit met die mooiste ring in sy hand.  Natuurlik sê sy ja.  Sommer ‘n paar keer. Hulle vertoef ‘n rukkie om die sonsondergang te bewonder voordat hulle die goeie nuus met hulle familie gaan deel en hul verlowing vier. Elf maande later trou hulle in  Tulbagh. Die mooi Bolandse dorpie is ‘n  oase vir kunstenaars. Die argitektuur en ryk geskiedenis lok ook jaarliks baie toeriste.

Marelize lyk sprokies mooi in ‘n wasige rok wat uitklok vanaf haar dun middeltjie. Sy het seker gemaak sy voel gemaklik genoeg in haar sprokies-rok om heelaand saam met haar bruidegom te dans totdat die son weer opkom.  Hul gaste geniet elke oomblik saam met hulle en neem soms ‘n blaaskans op die strooibale wat op die gras voor die onthaal plek uitgepak is. Vir almal is dit  ‘n geleentheid wat hulle nie sommer gou sal vergeet nie.

Johann en Marelize se troue_0001Johann en Marelize se troue_0002 Johann en Marelize se troue_0003Johann en Marelize se troue_0004 Johann en Marelize se troue_0005 Johann en Marelize se troue_0006Johann en Marelize se troue_0008 Johann en Marelize se troue_0009Johann en Marelize se troue_0010 Johann en Marelize se troue_0011 Johann en Marelize se troue_0012 Johann en Marelize se troue_0013 Johann en Marelize se troue_0014Johann en Marelize se troue_0015 Johann en Marelize se troue_0016


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het ontmoet by ‘n braai, amper 9 jaar terug, gehou deur ‘n (nou) gemeenskaplike vriend, wat op daardie stadium ‘n ogie op my vriendin gehad het.


Johann en Marelize se troue_0017 Johann en Marelize se troue_0018 Johann en Marelize se troue_0019 Johann en Marelize se troue_0020 Johann en Marelize se troue_0021 Johann en Marelize se troue_0022 Johann en Marelize se troue_0023 Johann en Marelize se troue_0024 Johann en Marelize se troue_0025 Johann en Marelize se troue_0026 Johann en Marelize se troue_0027


Hoe het julle verloof geraak?

Ons het ‘n plekkie gesoek vir Sondag-middagete. Die plek waarheen ons oorspronklik wou gaan was vol bespreek en Johan Wilhelm het voorgestel dat ons na hierdie plekkie in Bainskloof Pas gaan. Dit het gevoel of ons vir ewig ry (ek dink hy het vergeet waar die plekkie is). Ons het later wel die plekkie gekry en dood normaal middagete geëet.  Op pad huis toe het ek al half aan die slaap geraak. Hy het toe ewe skielik langs die pas gestop en gesê ons moet nou ‘n foto neem, want dit was die dag na ons herdenking.  Ek was te bly, want ek is altyd die een wat vra vir fotos. Toe ek die bakkie se deur oopmaak om uit te klim het hy voor my gehurk op sy een knie en my gevra om sy vrou te word, met die mooiste ring in sy hand, terwyl die son sak oor Wellington waar ons toe ‘n paar maande terug ons eerste huisie gekoop het. Ek het dadelik oor en oor “ja” gesê! Ons het nog  ‘n tydjie by die uitkykpunt spandeer en daarna lekker gaan fees vier saam met ons gesinne! Dit was beslis een van die beste dae in ons lewens.


Johann en Marelize se troue_0028 Johann en Marelize se troue_0029 Johann en Marelize se troue_0030 Johann en Marelize se troue_0031 Johann en Marelize se troue_0032 Johann en Marelize se troue_0033 Johann en Marelize se troue_0034 Johann en Marelize se troue_0035 Johann en Marelize se troue_0036 Johann en Marelize se troue_0037 Johann en Marelize se troue_0038 Johann en Marelize se troue_0039 Johann en Marelize se troue_0040 Johann en Marelize se troue_0041 Johann en Marelize se troue_0042 Johann en Marelize se troue_0043 Johann en Marelize se troue_0044 Johann en Marelize se troue_0045 Johann en Marelize se troue_0046


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Offisieel 11 maande


Johann en Marelize se troue_0047 Johann en Marelize se troue_0048 Johann en Marelize se troue_0049 Johann en Marelize se troue_0050 Johann en Marelize se troue_0051 Johann en Marelize se troue_0052 Johann en Marelize se troue_0053


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Geniet mekaar in die tyd voor jul groot dag.  Ek en Johan Wilhelm het baie “DIY” goedjies saam gedoen (baie Bruidegomme wil graag deel wees/voel van die beplanning, al se hulle miskien nie so nie). ‘n Goeie Fotograaf, lekker kos en ‘n goeie Platejoggie is goud werd!

Kies jou gevolg baie noukeurig.  Hulle speel ‘n groot rol in die beplanning voor die troue en die oggend van die troue. Die trourok is ook baie belangrik.  Jy moet gemaklik wees. Vir ons was dit belangrik om lekker te kan dans.  My rok het soos ‘n droom gesit en ek het die hele dag soos ‘n fee prinses gevoel! Die belangrikste van als is dat die Bruid en die Bruidegom die dag, saam geniet. Moet nie bekommerd wees oor al die ander mense nie, hulle moet na hulself omsien.  Die dag gaan oor julle twee. Ek en Johan Wilhelm het vreeslik lekker gekuier, ons het saam geëet, gedans en met seer voete en vol harte half 5 die volgende oggend eers gaan slaap! As die Bruid en die Bruidegom lekker saam kuier, voel die gaste dit aan en dan is dit ‘n regte fees!


Johann en Marelize se troue_0054 Johann en Marelize se troue_0055 Johann en Marelize se troue_0056 Johann en Marelize se troue_0057 Johann en Marelize se troue_0058 Johann en Marelize se troue_0059 Johann en Marelize se troue_0060 Johann en Marelize se troue_0061

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: