Elida & Robert se Lemoen Boord Verlowing

Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0001


My nooi is in ‘n lemoen. Ons glo Robert en Elida sal in die geur van sitrus altyd herinneringe hê aan die dag toe hulle baie verlief in ‘n lemoen boord vir hul verlowings fotos poseer het.  Die fotograaf, Leandrie du Plessis Photography, gebruik die kontras van geel en groen in die boord om prentjie mooi fotos van die sprankelende paartjie op te tower. Die fotos is baie natuurlik en onopgesmuk. Robert is gemaklik geklee in ‘n kakie kortbroek en Elida in ‘n denim. Ons  hou van die speelsheid in sommige fotos waar hulle lemoene in die lug gooi en ewe laf hulle oë daarmee toemaak. Robert het geskimp dat die nooi van sy hart hom moet vra om te trou maar sy het volgehou dat dit ‘n man se werk is en prontuit geweier.  Waarskynlik was dit sy manier om haar daarop voor te berei dat hy haar vir ewig syne wil maak. Een aand in die wildtuin, hulle gunsteling wegbreek plek,” het hy op sy knieë gegaan en toe maar self die groot vraag gevra.


Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0002 Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0003


Hoe het jul ontmoet?

My klein niggie en haar man is goeie vriende van Robert. Hulle was almal in die bosveld vir ‘n naweek. Robert het gespot en gevra of sy nie dalk oulike vriendinne het waaraan my niggie hom kan voorstel nie en sy se toe maar sy het ‘n niggie wat enkellopend is. Hy het vir my ‘n Facebook “invite” gestuur en vreemd genoeg het ek “accept,” wat ek nie met vreemdelinge normaalweg doen nie. Ons het vir 2 weke net gesels op WhatsApp voor ons mekaar ontmoet het. So tegnologie het hier vir ons gewerk.


Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0004 Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0005


Hoe het jul verloof geraak?

Ons was in Junie wildtuin toe gewees. Dit is een van ons gunsteling plekke om te gaan vir ‘n wegbreek. Ons het die aand buite gesit en gesels oor as ons trou en hy het my begin vra wanneer gaan ek hom dan vra om te trou. Ek glo dis die man se werk!!! En na ‘n paar keer se verduidelik dat ek dit nie gaan doen nie, het hy gesê hy sal dan maar moet en het op sy kniee gegaan en die groot vraag gevra. Vir my was dit die perfekte oomblik!


Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0006 Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0007


Wanneer beplan jul om te trou?

Ons het getrou trou 6 Februarie 2016 by Cussonia Crest, de Wildt. Dit is ‘n ongelooflike mooi venue en die mense van Cussonia Crest is regtig baie vriendelik en behulpsaam. Ons kan nie meer wag vir die groot dag nie.


Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0008 Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0009 Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0010 Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0012 Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0014 Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0016 Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0017 Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0018 Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0019 Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0020 Robert en Elida se lemoenboord verlowing_0021


Diensverskaffers:

Fotograaf: Leandrie du Plessis Photography | Hare en Grimering:  Ilana Kramer van Cosmetiek