Ballet Inspirasie – Goud & Pienk

Geskryf deur Rene Heydon van Rene H Couture

Die idee van ‘n Ballet geïnspireerde fotosessie sit nou al lank in my gedagtes. Om professionele dansers in my unieke rokke te kan sien beweeg met grasie en prag is ‘n fantasie. Katie Mayhew kontak my uit die bloute met dieselfde idees vir net so ‘n gestileerde sessie. Sy het ‘n goeie vriendin wat n professionele danser is en ek het ‘n kliënt wat ook dans.

Ons “kliek” toe onmiddellik deur laat aand Skype gesprekke en tonne messenger boodskappe, het ons die idee ‘n werklikheid gemaak. Ek het vir haar verduidelik wat ek in gedagte het en sy het dit presies so verstaan.

Ek kontak toe my gunstelinge in die Trou bedryf omdat ek hul werk ken en hulle absolute fantastiese mense is om mee te werk.


Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0001Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0002 Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0003 Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0004 Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0005


D’Aria wedding and function venue was ons stel vir ‘n winderige en warm Sondag middag laat in November 2015. Ballet danser Jan en Genevieve was mooigemaak deur Antoinette Venter. Sy het die grimering en haarstyle met haar assistent se hulp pragtig aangepas vir elke styl wat ons gesoek het met die Rene H Couture rokke. Die haarstukke wat absoluut perfek was is deur die talentvolle Claire Niewoudt van Bella Chiara bygesit om die mooie prentjie te voltooi.

Seugnet Olivier en haar span van Joli Creations het hulle towerkuns kom maak met die dekor. Sy het perfek ons visie verstaan en die “moodboard” wat sy vir ons geskep het was ‘n inspirasie in sigself. Die tafel en al die stukke van kristal, glas en porselein met al die pragtige blomme , stoele en drapeersel was perfek bymekaar gebring om die prentjie te vervolmaak.


Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0006 Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0007 Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0008 Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0009 Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0010 Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0011 Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0012 Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0013 Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0014 Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0015


Op die tafel is die heerlikste en natuurlik, n ‘plesier-vir-die-oog’ ontradisionele ‘troukoek’ voorgesit met soet versnapperinge om die tema van die fotosessie bymekaar te bring, geskep deur Lianne Holt van PetitBouche

Die finale ‘touches’ was gebring met die gekoördineerde en kreatiewe skryfbehoeftes  van Sune Wahl van AdamAndEveWeddings.

Met danse, beweging en dramaties sit posisies het die Gestileerde fotosessie asemrowend verloop. Katie Mayhew het ‘n ongelooflike werk gedoen met die fotos en met die hulp van haar broer, het hulle die fynste detail tot die grootste beweging perfek vasgevang.

‘n Wonderlike span en baie lag en idees saamgooi het geëindig met ‘n passievolle en kreatiewe eindproduk.

Dankie vir almal wat regtig hard gewerk het om die visie eg te maak.


Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0016 Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0017 Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0018 Ballet Insprirasie op Mooi Troues_0019


Artikel Diensverskaffers: