Ulrich & Elizma se troue

In 2007 stel ‘n vriendin van Elizma haar aan Ulrich voor. Dis ‘n rugby wêreldbeker jaar en Ulrich, ‘n groot ondersteuner van rugby, is in sy element. Ten spyte van die rugby koors maak hy tyd om saam met die mooie Elizma te kuier. Die liefde laat nie toe dat rugby sy kollig steel nie en sommer gou is hulle ‘n paartjie. Teen Desember maand is hul reeds onafskeidbaar en raak hulle ‘n paartjie.

Min wetende daar is ‘n ring in Ulrich se sokkie versteek, gaan Elizma saam met hom vir ‘n naweek na Montagu. In die mooi vallei omring met bergkranse en natuurlike warm water bronne neem hy haar die aand vir ‘n romantiese ete by kerslig. Later die aand toe Elizma die deur van hul naweek plekkie oopsluit word sy verras met vonkelwyn, kerse en baie rooi rose. Verbaas het sy omgedraai net om Ulrich reeds op sy knie met die mooiste ring in sy hand te sien.

Meer as 7 jaar later, trou hulle. As mens kyk na die fotos wat deur die fotograaf, Ronel Strauss geneem is, slaan die romanse daarin jou asem weg. ‘n Rugby bal en gravering op ‘n glas wat Ulrich vashou is bewyse dat hy steeds ‘n groot ondersteuner van rugby is. Die emosie wat Ronel vasgevang het van die bruidegom in trane, toe sy bruid die kapel binnestap, vertel egter dat dit nie oor ‘n rugby nederlaag is wat hy huil nie. Dit is trane gelaai met emosie en opwinding wat die mees spanning volste rugby wedstryd, nie eers uit hom sal kry nie. Die vrou van sy drome neem op daardie oomblik al sy aandag in beslag.

In die groen geverfde sinkplaat kapel, met hope blomme wat om die ingang en onder al die vensters hang, sweer hulle ewige trou aan mekaar. Die stralende bruid lyk prentjie mooi in die fotos waar sy dolverlief in haar bruidegom se arms vir Ronel se kamera poseer. Hulle het pas begin om die sprokies dag verder te neem en elke dag daaraan te werk om hul huwelik net sterker te maak.


Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0001Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0002 Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0003Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0033


Hoe het julle die eerste keer ontmoet? 

Die eerste keer toe ek en Ulrich ontmoet het was in 2007, ‘n rugby wêreld beker jaar. Ek kan dit baie goed onthou omdat Ulrich n baie groot rugby ondersteuner is. Een van my vriendinne en Ulrich het vir dieselfde maatskappy gewerk en ek het gereeld by my vriendin gaan kuier. Sy het my voorgestel aan hierdie nuwe man wat saam met haar begin werk het en ons het onmiddellik begin gesels en saam met mekaar begin kuier. Als het baie gemaklik gevoel en ons het dadelik van mekaar begin hou. Ons het daardie Desember saam weg gegaan op vakansie en so het ons romanse ontstaan.


Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0004Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0005Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0006Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0007


Hoe het julle verloof geraak?

Ons het een week net besluit om weg te breek van die stad lewe af en ons het n plekkie bespreek net buite Montagu waar ons net kon ontspan en rustig wees. Die eienaar van die plek het ons verwys na ‘n romantiese restaurant in die dorp en sy het ook sommer vir ons n bespreking daar gemaak. Ons het ‘n smul lekker maaltyd geniet by romantiese kerslig en lekker wyn. Na ete het ons terug beweeg na ons bly plekkie. Ulrich het voorgestel dat ek die deur moes oopsluit. Ek het die deur oop gemaak en gesien dat ons hele plekkie vol kerslig, rooi rose en vonkel wyn was. Ek het oorspronklik gedink dit is die eienaar wat ons so verras en dat dit deel was van die pakket. Toe ek omdraai om met Ulrich te praat was hy op sy regter knie met n pragtige ring in sy hand. Hy het my gevra om sy vrou te wees en om sy hele lewe saam met my te deel. Sonder my wete het hy dit als weke vooruit beplan en die ring baie goed weggesteek (binne in sy sokkie).


Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0010 Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0011Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0012 Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0013


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was vir 7 jaar en 9 maande saam voor ons getrou het.


Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0015 Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0016Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0017Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0018Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0019Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0020Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0021Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0022Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0023Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0024Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0025Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0026Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0027


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Die beste advies wat ons aan ander paartjies kan gee is, bly lief vir mekaar en kry maniere om verlief te bly op mekaar. n Verhouding is iets wat mens altyd moet koester en altyd aan moet werk. Soos als in die wêreld kan mens nie net terug sit en verwag als gaan goed verloop nie. Wat jy in sit is wat jy uit kry. Bly getrou en moet nooit op gee op liefde nie.


Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0028Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0029Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0030Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0031Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0032Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0035Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0036Ulrich en Elizma se troue op Mooi Troues_0009


Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Ronel Strauss Photography
  • Venue & Spyseniering: Simondium Country lodge
    Grimering & Naels: La Petite Nail & Beauty Salon
  • Hare: Estelle Brand
    Uitnodigings & Skryfbehoeftes: Elizma Visser
  • Trou rok: Euro Bride
    Bruidegom & Strooijonker se pak: Mr Suit Hire
  • Strooimeisie rok: Monique Theron
    Blomme & Dekor: Chanteuse Events
  • Koek, Kolwyntjies & Nagereg tafel: Ma van die bruid & Elizma Visser
    Musiek: DJ DEAN
  • Dominee: DS. Siegfried