Maritz & Sune se Weskus Plaastroue

Sune & Maritz_0001


Dis nou ‘n boer wat dalk gras aanplant maar beslis nie onder sy voete laat groei nie. Prakties soos net ‘n boer kan wees laat Maritz dat Sune haar verloofring sommer aanhou toe sy dit na ‘n verstelling aanpas. Sy ervaar dit as deel van hulle ontmoeting wat reeds die grootste verassing en geskenk van bo was.

Een jaar en 6 maande nadat hy die mooi skooljuffrou uit gevra het, slaan Sune opnuut Maritz se asem weg toe sy op hul troudag by die kerk instap. Heel oorspronklik word hy met ‘n nota op ‘n groot hart voorberei dat sy vrou haar verskyning gaan maak. Proteas en fynbos uit die sandveld versier haar ruiker en die paadjie na die preekstoel. Haar bruidegom lyk aantreklik in sy kameelkleurige pak en goue das. Sy fris kuite wat hy later saam met sy strooijonkers vir die kamera ontbloot is vir eers stemmig bedek.

Sy bruid is vir Maritz mooier as net mooi. Die kant op haar noupassende trourok is met fyn diamantjies versier en komplimenteer haar fyn lyfie. Sy glimlag stralend terwyl sy aan haar pa se arm die kerk binnestap

Tussen strooibale en die gebulk van koeie hou die jong boer sy bruid teer vas tydens die fotosessie. ‘n Soentjie word gesteel onder ‘n windpomp wat geduldig vir die wind wag en dit nie gaan soek nie. Net soos die bruidspaar vir mekaar gewag het. Die dag toe dit gebeur het hul diep in hul harte geweet dat hul uiteindelik die een gevind het.

Agter op ‘n outydse sjef bakkie pruil die bruid later saam met haar strooimeisies in lawwe T-hempies en gemaklike broeke

Laat middag stap die paartjie hand aan hand deur ‘n laning lowergroen bome terwyl die laaste strale van die ondergaande son nog tussen die blare speel.

Die onthaal se mooi plaas tema is heerlik ontspanne. Strooibale versier met maskers en hoede is eenkant in die groot skuur opgestapel. Alles is presies soos die boer en sy vrou hul plaas opskop troue beplan het.


Sune & Maritz_0003 Sune & Maritz_0004 Sune & Maritz_0005 Sune & Maritz_0006Sune & Maritz_0007Sune & Maritz_0008


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek het by ‘n skooltjie buite Vredenburg skoolgehou en Maritz het oorkant die pad geboer.  Ons het as onbekendes vir ‘n paar maande verby mekaar gery en later vir mekaar begin waai.  Hy het Vrydae die orige voedingskema kos by die skool kom haal vir sy varke, maar daarvan was ek nie bewus nie.  Ons was op 27 September 2013 deur gemeenskaplike vriende aan mekaar voorgestel en op 3 Oktober 2013 het hy my uitgevra.  My hart het breed geglimlag,wetende dat die aantreklike, blou-oog boer wat verby my ry in sy vellies en pt-broek, myne is!  Hy het Brydae aan my klasvenster kom klop, soms met ‘n blom in sy hand.  Juffrou het haar boer gekry!


Sune & Maritz_0009 Sune & Maritz_0011Sune & Maritz_0012 Sune & Maritz_0013


Hoe het julle verloof geraak?

Ons was skaars Vyf maande saam toe ons ringe gaan aanpas het.  Ons het 21 Maart 2014 my ring in Kaapstad gaan haal.  Opgewondenheid het daartoe gelei dat hy my sommer op die einste dag gevra het om te trou.  Hy het op pad terug huistoe in die bakkie vir my gevra om die ring weer aan te pas.  Hulle moes die ring kleiner maak en hy wou net vir die laaste keer seker maak dit pas. Sy woorde het gevolg dat ek dit sommer moet aanhou.  Dit was nie nodig om ‘n verrassing of romanties te wees nie.  Die dag toe ons mekaar uiteindelik ontmoet het, was reeds ‘n verrassing in ons lewens en die grootste geskenk van bo.


Sune & Maritz_0014 Sune & Maritz_0015 Sune & Maritz_0017 Sune & Maritz_0018 Sune & Maritz_0019 Sune & Maritz_0020 Sune & Maritz_0021Sune & Maritz_0022 Sune & Maritz_0023 Sune & Maritz_0024 Sune & Maritz_0025


Advies vir ander paartjies:

Indien die bruid maklik stres sal ek ‘n kalmeer pilletjie aanbeveel.  Ek het gedink ek is ‘n sterk persoon en kan goed onder druk funksioneer en het dus nie een gedrink nie, maar ek het beslis daai kalmerende effek nodig gehad om rustiger te wees en ons droom dag meer te geniet.  As die bruid nie skaam is om voor mense te praat nie, sal ek aanbeveel dat die bruid ook iets sê tydens die heildronk.  Die bruidegom doen gewoonlik die bedankings,maar ek wens tot vandag toe dat ek die geleentheid benut het om voor al die gaste uit my hart uit dankie te kon sê en erkenning te kon gee aan almal wat betrokke was by ons trou reëlings.


Sune & Maritz_0027 Sune & Maritz_0028 Sune & Maritz_0029 Sune & Maritz_0030 Sune & Maritz_0031Sune & Maritz_0032Sune & Maritz_0033Sune & Maritz_0034Sune & Maritz_0035Sune & Maritz_0036Sune & Maritz_0037Sune & Maritz_0038Sune & Maritz_0039Sune & Maritz_0040


Diensverskaffers:

Fotograaf: Chenel Kruger photographer | Trourok: Elizabeth Stockenstrom
Venue en kos: Sunset avontuur plaas buite Dwarskersbos | Hare: Salon Nusha
Grimering: Janette Cronje | Strooimeisierokke: YDE
Blommemeisierokkies en Hofknapie se pakkie: Woolworths
Blomme: Woodies in Langebaan | Platejoggie – Dirkie Gildenhuys
Badges en strooimeisie hempies: Bakgat Ontwerp
Hout harte by bruidstafel en tafelnommers: Neo Design in Vredendal
Gravering op houtborde: Sizzling Beads in Langebaan
Plakkers op konfytpotjies en konfetti: Print and Post in Laguna Mall
Troukoek: Pretty Bakes in Saldanha |  Strooijonkers se hoedjies: Agrico in Vredendal