Renier & Alet se vliegveld verlowing

Vir ‘n jaar lank het Alet die aantreklike man op die Lanseria lughawe bewonder wanneer hy verby haar stap. Toe hulle uiteindelik met mekaar begin praat hou hulle nie weer op nie.

Op ‘n koue wintersoggend ontvoer Renier haar tot bo-op Tafelberg. Hy is ‘n man wat veilig voel op hoogtes daarom vra hy haar die groot vraag net daar. Vreemdes help gretig deur fotos te neem van die paartjies om die groot oomblik vas te lê.

Fotograwe DGR fotografie vang die verliefde paartjie se interaksie met mekaar baie mooi vas. In al die fotos is daar ‘n natuurlike speelsheid tussen die twee. Dit fotos vertel ‘n storie van twee mense wat deur die liefde vlerke gekry het om weg te vlieg na ‘n toekoms van ewige liefde en saamwees.

 

Renier en Alet se verlowing_0001Renier en Alet se verlowing_0002 Renier en Alet se verlowing_0003


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

By Lanseria lughawe. Hy het by die pad afgestap gekom en ek kon nie my oe van hom af hou nie. Ons het mekaar vir omtrent ‘n jaar lank in die verby loop gesien maar nooit regtig gepraat nie tot op een goeie dag toe hou ons nie op praat nie.


Renier en Alet se verlowing_0005 Renier en Alet se verlowing_0006


Wanneer beplan julle om te trou?

15 April 2016.  Ek weet nie hoekom nie maar April was nog altyd in my kop vir trou.


Renier en Alet se verlowing_0007 Renier en Alet se verlowing_0008


Hoe het julle verloof geraak?

Hy het my baie skelm Kaap toe gevlieg vroeg op ‘n baie koue wintersoggend. Ons het bo-op tafelberg gestaan en ek kon nie verstaan hoekom hy heeltyd vir mense vra om van ons fotos te neem nie. Natuurlik, toe ek nou omdraai en vra hoekom hy heeltyd vra toe staan hy op sy kniee.


Renier en Alet se verlowing_0009 Renier en Alet se verlowing_0010 Renier en Alet se verlowing_0011 Renier en Alet se verlowing_0012 Renier en Alet se verlowing_0013 Renier en Alet se verlowing_0014 Renier en Alet se verlowing_0015 Renier en Alet se verlowing_0016 Renier en Alet se verlowing_0017 Renier en Alet se verlowing_0018 Renier en Alet se verlowing_0019 Renier en Alet se verlowing_0020 Renier en Alet se verlowing_0021


Diensverskaffers:

  • Fotograaf: DGR Photography