Gratis liedjie versoek kaartjies

a

liedjie versoeke_0001


Vandag deel ons die oulikste gratis drukbare liedjie versoek kaartjies met jou. Die laaste ding wat jy wil hê is ‘n deurmekaar platejoggie. Mooi Troues help jou om jou platejoggie se liedjie versoeke maklik en georganiseerd te hou. Hierdie oulike kleurvolle waterverf liedjie versoek kaartjies kan gratis afgelaai word en op ‘n A4 papier grootte gedruk word in kleur of in wit en swart as jy nie kleur wil hê nie. Jou gaste kan nou net hulle liedjie se naam skryf en wie dit sing en die kaartjie gee vir die platejoggie wat dit dan later sal speel. As jy hierdie kaartjies wil aflaai klik hier.


liedjie versoeke_0002

a

liedjie versoeke_0003


Artikel Krediet:

Ontwerp: Mooi Troues