Wen Akkomodasie, Ontbyt en ‘n Massering sessie

Guvon Hotels Glennburn Lodge Giveaway_0003


Wen ‘n heerlike bederf vir die verloofde paartjie by Glenburn Lodge & Spa in Muldersdrift  wat een nag verblyf in die luukse Garden Suites insluit, ontbyt die volgende oggend asook n rug,  nek en skouer massering vir die paartjie by Glenburn Spa die volgende dag.


Baie gelyk Anneke Hattingh

Guvon Hotels Glennburn Lodge Giveaway_0002


LEES MEER OOR GLENBURN LODGE HIER:

Die Glenburn Lodge & Spa is omring deur die rustige atmosfeer van die Zwartkopsberge aan die oewer van die Blaauwbank- en Krokodilriviere.  Dit is in die nuut verklaarde wêrelderfenisgebied ‘Die Wieg van die Mensdom’ geleë en dié hotel met 100 slaapkamers, spa en trou geriewe is net 30 minute van Johannesburg en Pretoria af.

In 2016 bied die nuwe “Honeybee” troupakket dekor en ‘n spyskaart aan vir net R390 per persoon in 2016.  Winter troues word teen ‘n baie aantreklike afslag aangebied.

Die akkommodasie bestaan uit ruim kamers, elk toegerus met ‘n en suite-badkamer en lugversorging.  GlenPalms Venue is ‘n nuwe toevoeging tot die perseel se 2 swembaddens, tennisbane en putt-putt bane wat vakansiegangers se ervaring hier selfs nóg meer pret maak.  GlenPalms het nog 2 skitterende swembaddens, een vir volwassenes en een vir kinders en ligte maaltye en drankies is beskikbaar van 10:00 tot 18:00.

Glenburn Lodge is ideaal vir gesinspret, groepsuitstappies en buitemuurse aktiwiteite te danke aan die 2 riviere op die perseel, ‘n pragtige berg en oop grasvelde binne die privaat wildreservaat.  Bergfietse is te huur by die lodge en daar is twee roetes vir die met baie energie.  Glenburn Lodge se natuurlike skoonheid maak dit die ideale bestemming vir troues – met drie kapelle en drie troulokale kan bruide kies en keur.


Guvon Hotels Glennburn Lodge Giveaway_0001


Termes en voorwaards:

  1. Mooi Troues bemark die advertensie names Glenburn Lodge & Spa en kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie.
  2. Die kompetisie sluit op 25 Januarie 2016.
  3. Verblyf by Glenburn Lodge & Spa is onderhewig aan beskikbaarheid.
  4. Die wenner van die prys aanvaar dit op sy / haar eie risiko.
  5. Enige skending of poging om enige van die termes en voorwaardes te skend sal lei tot die onmiddellike diskwalifikasie van enige oortreder en kan lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
  6. Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, insluitend as gevolg van infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van die promotors, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid, integriteit of behoorlike uitvoering van die kompetisie bederf of raak, sal die promotors geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer en dit te hervat van die begin af op dieselfde of soortgelyke voorwaardes as hierdie.
  7. Vir meer spesifieke termes en voorwaardes deur Glenburn Lodge & Spa kan jy hulle direk kontak.

DIT IS ‘N GEBORGDE ARTIKEL