Verloof, wat volgende?

As jy verloof raak kan die hele trou konsep vir jou baie onnodige stres veroorsaak omdat alles so oorweldigend voel en elke liewe persoon het hulle opinie en raad oor wat om volgende te doen.  By Mooi Troues glo ons daaraan om die rustigste en mees stres vrye trou beplanning proses te hê.  Dit is darem jou spesiale dag waarvan ons praat en jy moet die beplanning proses geniet eerder as om daaroor te stres.  Ons het onder vir jou ‘n paar belangrike punte om te begin.  Onthou jy kan al jou diensverskaffers kry deur hier te klik.


VERLOOF-ARTIKEL4VERLOOF-ARTIKEL


Die heel eerste dinge waaraan jy moet dink is die volgende:

  • Watter seisoen wil jy in trou?
  • Watter area wil jy in trou?
  • Hoeveel gaste wil jy nooi?
  • Wil jy jou eie troue beplan of wil jy gebruik maak van ‘n trou koördineerder?

Sodra jy die boonste vrae kan beantwoord kan jy en jou verloofde sit en besluit oor ‘n datum wat julle graag gesametlik op sal trou.  Die boonste vrae sal jou min of meer help om op ‘n datum te besluit.


Wie betaal wat?

  • Wil julle self julle troue betaal of gaan julle ouers help betaal.
  • Indien julle ouers gaan help betaal, hier is ‘n gidslyn oor wie se ouers wat moet betaal.  Let wel die is ‘n meer tradisionele betaling struktuur, maar in vandag se moderne wêreld kan enige iemand, enige iets betaal.

BRUID:

  • Bruidegom se ring
  • Bruidsmeisies se geskenke
  • Bruidegom se geskenk
  • Ouers se geskenke
  • Bruidsmeisies se grimering en hare op die dag

BRUID SE OUERS:

  • Trou Skryfbehoeftes
  • Trou koördineerder
  • Trourok en bykomstighede
  • Blomme en Dekor
  • Platejoggie en vermaak by die seremonie en onthaal
  • Kos vir die onthaal
  • Fotograaf en Videograaf
  • Troukoek
  • Vervoer en motorhuur
  • Kombuis-tee

BRUIDEGOM:

  • Verloof en trou ring vir die bruid
  • Bruid se ruiker
  • Geskenk vir de bruid
  • Huweliksbevestiger
  • Bruidegom en strooijonkers Boutonnieres

BRUIDEGOM SE OUERS:

  • Pak vir bruidegom en strooijonkers
  • Geskenk vir die bruidspaartjie
  • Drankies
  • Akkomodasie indien nodig

Soos voorheen genoem – Die boonste is die ou tradionele betaling struktuur, maar met vandag se moderne wêreld kan enige iemand vir enige iets betaal en meeste verloofde paartjies betaal hulle eie troue.

Die volgende belangrike stap sal wees om jou hoof Diensverskaffers eerste te boek.  Seker Diensverskaffers moet lank voor die tyd geboek word, veral as hulle meer bekend is in die industrie.


VERLOOF-ARTIKEL2


Hier is ‘n paar Diensverskaffers wat jy heel eerste na moet kyk om te boek:


  • Trou koördineerder ( indien jy een gaan gebruik )
  • Venue
  • Fotograaf en Videograaf
  • Spyseniering
  • Trou Ring
  • Rokke en Pakke ( veral as jy dit gaan laat ontwerp )

Let wel die ander Diensverskaffers is nie minder belangrik nie, hierdie is net Diensverskaffers wat gewoonlik ver vooruit geboek word.


Eerlikheid:


  • Wees eerlik oor julle begroting.
  • Moet nie na diensverskaffers kyk wat nie in jou prysklas is nie, dit gaan jou net onnodig negatief maak.

VERLOOF-ARTIKEL3