Herman & Marlise se mooi troue

Vandag deel ons Herman en Marlise se mooi troue met jou.  Die paartjie het albei as tekenaars deur hulle werk ontmoet.  Herman het ‘n verlowing beplan soos iets wat jy in ‘n fliek sal sien.  Omdat hulle albei vir die selfde firma gewerk het, het Herman klaar Marlise se baas gekry om saam te speel.  Marlise se baas het vir haar gesê sy moet dringend dokumente afgee by Phalaborwa en moet sommer saam met Herman ry.   Daar was nie regtig dokumente om af te laai nie, maar wel ‘n verrassende wegbreek van Herman.  Die res van hulle verlowing storie kan jy verder lees in die artikel onder.  Ons is gaande oor die paartjie se troue, die bruidsmeisies se mooi rokkies asook die venue Welgelegen Cherry Estate en omliggende area waar hulle getrou het.  Geniet hierdie oulike troue.


Herman en Marlise_0001Herman en Marlise_0002 Herman en Marlise_0003 Herman en Marlise_0004 Herman en Marlise_0005 Herman en Marlise_0006 Herman en Marlise_0007 Herman en Marlise_0008 Herman en Marlise_0009 Herman en Marlise_0010 Herman en Marlise_0011


Hoe het julle verloof geraak?

14 Junie 2014.  Herman het almal by die kantoor aan boord gehad sonder dat ek geweet het.  Skielik storm die baas by die kantoor in en sê dat daar dringende dokumente moet afgelaai word in Phalaborwa en dat ek sommer saam met Herman kan ry.

Dit was baie onverwags, ons het vinnig gepak en gery, min wetend dat Herman reeds plek bespreek het vir die naweek en dat die baas nie regtig enige dokumente wou stuur nie.

Ons het toe die volgende dag, na ‘n vroeg oggend wild-rit, op ‘n hout dek langs die swembad met ontbyt verloof geraak.


Herman en Marlise_0012Herman en Marlise_0013 Herman en Marlise_0014 Herman en Marlise_0015 Herman en Marlise_0016Herman en Marlise_0017 Herman en Marlise_0018 Herman en Marlise_0019 Herman en Marlise_0020 Herman en Marlise_0021Herman en Marlise_0022 Herman en Marlise_0023 Herman en Marlise_0024 Herman en Marlise_0025


Advies vir ander paartjies:

Kommunikeer: Jy moet jou eie gedagtes, motiewe en gevoelens verstaan en dit op ‘n eerlike wyse met jou eggenoot kan deel.  Jy moet ook na jou eggenoot se gevoelens luister en wanneer jy verkeerd is, verantwoordelikheid neem vir dit wat jy doen.

Geestelike konneksie: Geloof speel ‘n beduidende rol in jou alledaagse leefwyse so as julle oortuigings dus dieselfde is, is die kanse soveel beter dat julle oor ander dinge in die lewe sal saamstem.

Lag ‘n slag: Maak ‘n punt daarvan om mekaar te laat lag en die humoristiese kant van die lewe te waardeer.


Herman en Marlise_0026 Herman en Marlise_0028 Herman en Marlise_0029 Herman en Marlise_0030 Herman en Marlise_0031Herman en Marlise_0033 Herman en Marlise_0034 Herman en Marlise_0035 Herman en Marlise_0036Herman en Marlise_0037 Herman en Marlise_0038 Herman en Marlise_0039 Herman en Marlise_0040 Herman en Marlise_0041


Diensverskaffers: