Boheemse Reisiger Trou Inspirasie

Mooi Troues deel vandag ‘n baie oulike boheemse reisiger tema trou inspirasie met jou geïnspireer deur Günther Schubert se praatjie op Radio Sonder Grense oor tendense wat moet eindig in 2015. Ronel Strauss het aandagtig geluister na wat ons stigter en aanlyn Redakteur te sê gehad het en het ‘n simplistiese en onkonvensionele tog stylvolle benadering gehad ten opsigte van die Boheemse reisiger tema fotosessie.  Hulle het nie die algemene Boheemse kleurskema gevolg nie, maar meer die vryheid van Boheems beklemtoon met die tafel in die oop veld en mooi vars blomme. Geniet die fotosessie en maak seker jy deel dit met almal wat jy weet hou van mooi goed.

Boheemse Reisiger_0002 Boheemse Reisiger_0003


Wat was die inspirasie agter die fotosessie?

Ek het een dag op RSG na Günther Schubert van Mooi Troues se raad geluister oor die vyf tendense in troues waarvan die tyd verby is.  Ons het die raad noukeurig gevolg en ons het ‘n simplistiese en onkonvensionele tog stylvolle benadering gehad ten opsigte van die fotosessie.

Ons het ook besluit om geheel en al af tewyk van die tipiese helderkleurige boheemse kleure, en het liewer gegaan vir die meer aardse kleure met wit, goud, pienk, en ook spatsels geel en blaargroen.

Ons het ook baie gehou van die gebruik van fyn, sagte en mooi blomme, kant, materiaal, ens. saam met growwe hessian, hout, vetplante, tou, ens.

Ook wou ons dit graag in ‘n veld met blomme doen waar dit die vryheid van die boheemse lewe uitbeeld en ook iets van die pastorale leefwyse weergee.


Boheemse Reisiger_0004 Boheemse Reisiger_0005 Boheemse Reisiger_0007 Boheemse Reisiger_0008


Vertel ons meer van die tafel?

Ons het ’n ou houtkis gebruik as tafel wat ook die reisigerslewe uitbeeld.  Die blomme is gekies volgens die kleurskema, en om die aardse gevoel terug te bring, het ons vetplante gebruik.  Die ander dekor was wynbottels en consul bottels wat ons met goue verf gespuit het.  Verder het ons kantagtige lopers op die punte geplaas waar die borde op gedek was.  Belangrik vir ons by die tafel was om die simplistiese reël toe te pas, die spyskaart wat dan ook dien as ‘n servet houer en naamplaatjie reflekteer hierdie idee en is ‘n praktiese dog stylvolle benadering ten opsigte van die doel voor oë.

So ook die koektafel: Die idee was om die koektafel avontuurlustig te laat voorkom maar ten opsigte van die versiering het ons ons steeds laat lei deur die reël van simplisme.  Weereens die mooi refleksie van ons kleurskema en sagte kant saam met die growwer hessian en vetplante wat weer terugkeer na die aardse gevoel.


Boheemse Reisiger_0009 Boheemse Reisiger_0010 Boheemse Reisiger_0011 Boheemse Reisiger_0012


Hoekom het julle die venue gekies?

Pampoenkraal is ongerep en die groen woudagtige voorkoms en velde met lenteblomme, lelies en grondpaadjies was hierdie venue absoluut in die kol om die vryeheid van ‘n reisiger uit te beeld.

Die idee was ook om die natuur se lentegroen as agtergrond vir hierdie fotosessie te gebruik en hiervoor was Pampoenkraal perfek.


Boheemse Reisiger_0013 Boheemse Reisiger_0014 Boheemse Reisiger_0015 Boheemse Reisiger_0016


Hoekom het julle daardie spesifieke rokke gekies?

Die rok het ons gekies omdat dit die boheemse styl pragtig reflekteer met die kantafwerkings op die bolyf en die sagte sjiffon wat lospassend om die lyf val.  Totaal en al ‘n wegbreek van die oorbekende vintage gevoel.

Ons was van die eerste oomblik af net verlief op hierdie rok.


Boheemse Reisiger_0017 Boheemse Reisiger_0018 Boheemse Reisiger_0019 Boheemse Reisiger_0020 Boheemse Reisiger_0021 Boheemse Reisiger_0022


Enige advies wat jy as fotograaf kan gee aan paartjies?

Bespreek die verloop van jou troue deeglik met jou fotograaf;  hulle kan vir jou regtig goeie raad gee ten opsigte van die tydslynbeplanning van jou groot dag, en hou dan by die tydlyn op die dag.

Maak ook seker jy kies ’n goeie en dinamiese MC vir die dag, sodat jy jou troue kan geniet en hy/sy verantwoordelik kan wees om almal op hulle plekke reg te kry.  Geen bruidspaar is veronderstel om agter familie aan te roep of te hardloop vir familiefoto’s en wat nog alles nie.

Kies ook jou strooimeiseis baie keurig: Kies iemand wat jy weet wat nie oor hulself meer gaan omgee op jou troudag as oor jou nie.  Jy as die bruid, wil jou dag geniet; kies mense rondom jou wat dit vir jou moontlik gaan maak.  ‘n Gelukkige bruid op haar troudag maak mooi foto’s.


Boheemse Reisiger_0023 Boheemse Reisiger_0024 Boheemse Reisiger_0025 Boheemse Reisiger_0026


Diensverskaffers: