Advies: Tradisies wat opsioneel begin word

Tradisies sal altyd groot bly by troues, maar soos enige iets anders in vandag se moderne wêreld verander tot tradisies by troues. Ons noem vandag ‘n paar punte wat nie meer so erg ‘n tradisie is nie, maar eerder meer van ‘n ekstra opsie by jou troue.


5TALENTS


Dit is “ongeluk” om die Bruid voor die troue te sien?

Hierdie is al lankal nie meer so ‘n groot tradisie soos dit altyd was nie. Dit was in die ouer dae dat die bruidegom nie die bruid mag sien nie. Dit kom nog uit die era waar daar beplande huwelike was en waar die bruid nie eens geweet het wie haar bruidegom gaan wees nie. As jy nie so erg gepla is oor die tradisie nie, is dit mos nie ‘n probleem om mekaar te sien voor die seremonie nie. Tensy jy dit as ‘n verassing wil hou oor hoe mooi julle lyk vir mekaar se spesiale dag.


Jy moet op ‘n naweek trou?

In vandag se moderne wêreld is ‘n naweek net nog ‘n dag. Jy kan enige tyd, enige dag en enige maand van die jaar trou. Wat vir jou en jou gaste wat jy gaan nooi die maklikste pas sal die datum wees wat jy sal trou. Moet nie jouself te bekommer oor ander se opinies nie. As hulle by jou troue wil wees, moet hulle self ‘n plan maak om jou troue by te woon.


Die bruid moet vergesel in die paadjie af

Glad nie meer nie. Die bruid kan ook alleen stap! Dit was altyd tradisie dat die bruid se pa die bruid in die paartjie moet vergesel, maar dit is glad nie meer die geval nie. Baie bruide doen dit nog steeds en ons dink dit is baie oulik, maar jy hoef nie te voel dat dit ‘n ‘moet’ is nie. Jy kan ook jou Ma, Ouma, Strooimeisies vrae om jou te vergesel of alleen die paadjie afstap na jou bruidegom.


Jy moet elke kind van elke gas nooi?

Die antwoord is baie kort. Dit is jou troue en jou besluit wie jy wil nooi na jou troue toe. As jy nie kinders wil nooi onder 12 nie of glad nie kinders wil nooi na jou troue nie is dit jou besluit. Jy kan dit net in jou uitnodiging noem dat geen kinders toegelaat is nie.


Trou geskenke vir gaste is ‘n moet?

As jy voel jy moet ‘n oulike geskenk vir jou gaste gee om dankie te se dan kan jy, maar dit is glad nie ‘n moet nie. Elke een van die gaste het na jou troue toe gekom omdat hulle lief is vir jou en nie net om ‘n geskenk te kry nie.


Vervoer is jou verantwoordelikheid?

Baie bruidspaartjies voel dat vervoer hulle verantwoordelikheid is. As jy jou gaste vroeg genoeg nooi dan kan jou gaste self reëlings maak om by jou troue uit te kom.


Jy moet streng by die tydlyn bly?

Hierdie beteken nie dat jy net oor jou dag se tyd skedule kan gaan nie. Dit beteken net dat jy enige iets enige tyd van die dag kan beplan. As jy eerste jou foto’s wil neem, dan jou kerk diens dan kan jy dit so doen. As jy die meer tradisionele tydslyn wil volg, dan is dit ook goed.


Huur jou vriende is ‘n goeie idee?

Baie bruidspaartjies dink dit is ‘n fantastiese idee om vriende te huur vir hulle troue en sodoende dan goedkoop weg te kom.  Onthou jou vriende is jou vriende en nie ‘n professionele persoon wat betaal word om ‘n diens te lewer op jou troudag nie.  As jy byvoorbeeld ‘n fotograaf soek wat die mooiste natuurlike lig foto’s neem, maar jou beste vriend het nou ‘n kamera en hy neem die hier-en-daarfamilie foto’tjie en jy dink dit is goed om hom/haar te hier vir jou troudag. Dan op die troudag neem hy alles met “flash”, dan gaan jy glad nie die selfde effek kry nie. Professionele diensverskaffers word gehuur om professioneel te wees op jou troue en sodoende ook ‘n professionele diens te lewer. Jou vriende is by jou troue om die dag te geniet so die kans dat hulle nie so baie aandag aan die diens waarvoor jy hulle betaal gaan gee nie is baie waarskynlik.


Elke bruidspaartjie het ‘n hoeveelheid gaste wat hulle kan nooi?

As die bruidegom 60 wil nooi en die bruid 20 dan is dit reg. Wie het die reëls gemaak dat gaste gelyk moet wees. As die een se familie miskien baie groot is gaan die aantal gaste wat hulle nooi heelwat meer wees. Wees ontspanne daaroor. Besluit saam wie julle wil nooi en as dit te veel saam is besluit gesamentlik wie julle dink nie by julle troue hoef te wees nie.


Jy moet dans by jou troue:

As dit ‘n aand troue is, is dit lekker om partykeer te dans. Maar as jy weet nie een van jou gaste is regtig dansers nie dan hoed jy nie ‘n dansvloer te hê nie en heel moontlik kostes bespaar om ‘n kleiner meer intiem onthaal lokaal te boek as een wat oor groot is sonder ‘n dansvloer.


Artikel Krediet:

Geskryf deur: Mooi Troues | Bronne gebruik: Wedding Forward