Vernon & Larike se plaas troue


Ons is mal oor plaas troues en Vernon en Larike se trou is ‘n goeie voorbeeld om inspirasie vir jou plaas troue te kry en om alle te kroon is die dekor self gedoen!


 

Vernon & Larike_0001 Vernon & Larike_0002


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het ontmoet by ‘n geselligheid by Vernon se ouers se huis.  Ons het mekaar se geselskap geniet en in dieselfde week weer moeite gedoen om saam te kuier.


Vernon & Larike_0003 Vernon & Larike_0004 Vernon & Larike_0005Vernon & Larike_0006 Vernon & Larike_0007


Hoe het julle verloof geraak? 

Ons het besluit om die Saterdagoggend ‘n kort 9 putjie baan te gaan speel.  Hy het als so goed beplan en toneel gespeel, dat ek gedink het ek die golf speel voorstel, min wetende van sy planne.

 As ek nou terug kyk moes ek die tekens sien, maar daardie oggend het ek nie sy senuwees-agtigheid opgetel nie.

Op die tweede gat laat hy my heeltyd eerste speel soos ’n ware heer en toe ek naby die gatjie kom, sien ek die ring daarin lê.  Ek het die ring opgetel met waterige oë en toe ek omdraai staan hy op een knie.


Vernon & Larike_0008 Vernon & Larike_0009 Vernon & Larike_0010 Vernon & Larike_0011


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het? 

Ons was net meer as twee jaar saam teen ons troudag.


 

Vernon & Larike_0012 Vernon & Larike_0013 Vernon & Larike_0014 Vernon & Larike_0015Vernon & Larike_0016 Vernon & Larike_0017 Vernon & Larike_0018 Vernon & Larike_0019 Vernon & Larike_0020Vernon & Larike_0021 Vernon & Larike_0023 Vernon & Larike_0024 Vernon & Larike_0025 Vernon & Larike_0026Vernon & Larike_0027 Vernon & Larike_0028


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee? 

Begin met die klein goedjies wat jou troue persoonlikheid gee sodra jy n tema of kleurskema het.

Die laaste paar weke gaan so gou verby en dan is daar baie keer nie meer genoeg tyd of geld nie en is mens geneig om idees te laat vaar. Trourëelings kan stresvol raak so ondersteun mekaar en doen steeds moeite met jul verhouding.

Woon dalk ‘n huweliks voorbereidingsnaweek/kurses by.   Beplan julle tyd op die dag goed, want dit gaan so gou verby.

Kuier ook op die onthaal lekker saam met mekaar en moenie te veel stress oor die gaste se geluk of gemak nie.

GENIET net alles! (al loop iets skeef)


 

Vernon & Larike_0029 Vernon & Larike_0031Vernon & Larike_0032 Vernon & Larike_0033 Vernon & Larike_0034 Vernon & Larike_0035 Vernon & Larike_0036Vernon & Larike_0037 Vernon & Larike_0038 Vernon & Larike_0039 Vernon & Larike_0040


 

Diensverskaffers:

Venue en spyseniering: OukraaltjieFotograaf: Franklin PhotographyVideograaf : Visual Corp
Dekor: DIY | Trou Rok: Linda Couture Designer | Troukoek: Bake my day
Blomme: Cheryl van Whishez | Plattejoggie en troukar: AMA Promotions