Pedro & Karien


Ons gaan nie te veel sê oor Pedro en Karien se troudag nie, want die video en fotos het die liefde tussen die twee baie mooi vasgevang.  Geniet die video, fotos en natuurlik die paartjie se liefdes verhaal.


Pedro en Karien se mooi troue_0001 Pedro en Karien se mooi troue_0002 Pedro en Karien se mooi troue_0003


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek het in die Kaap vir ‘n maatskappy gewerk wat tydskrifte publiseer, en Pedro was ‘n Grafiese Ontwerper in Johannesburg wat ontwerpe vir die tydskrif gedoen het. Ons het oor emails begin gesels, later mekaar begin bel, toe, na ‘n maand en half, vlieg hy af om my te kom ontmoet, van daardie dag af was ons saam. Ons het die lang afstand ding vir so 6 maande gedoen, toe kry ek werk in Johannesburg en trek op.


Pedro en Karien se mooi troue_0004 Pedro en Karien se mooi troue_0005 Pedro en Karien se mooi troue_0006 Pedro en Karien se mooi troue_0007


Hoe het julle verloof geraak?

Ek en my ma het vir 2 weke deur Zimbabwe getoer laas jaar, toe vlieg Pedro vir ‘n dag deur Kaap toe en ry al die pad Robertson toe om vir my pa te vra of hy met my mag trou.

Ek was salig onbewus van al sy planne.  So 3 weke na ek teruggekom het het ons vir die dag deurgery Harties toe, en met die kabelkarretjie opgegaan (al is hy doodbang vir hoogtes!). Toe die son sak, toe gaan hy op sy knieg met die ring in sy hand en vra my om te trou.


Pedro en Karien se mooi troue_0008 Pedro en Karien se mooi troue_0009 Pedro en Karien se mooi troue_0010


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was 2 jaar saam toe ons verloof geraak het, en ‘n jaar later getrou.


Pedro en Karien se mooi troue_0011 Pedro en Karien se mooi troue_0012 Pedro en Karien se mooi troue_0013 Pedro en Karien se mooi troue_0014 Pedro en Karien se mooi troue_0015 Pedro en Karien se mooi troue_0016 Pedro en Karien se mooi troue_0017 Pedro en Karien se mooi troue_0018 Pedro en Karien se mooi troue_0019 Pedro en Karien se mooi troue_0020 Pedro en Karien se mooi troue_0021 Pedro en Karien se mooi troue_0023 Pedro en Karien se mooi troue_0024 Pedro en Karien se mooi troue_0025 Pedro en Karien se mooi troue_0026 Pedro en Karien se mooi troue_0027 Pedro en Karien se mooi troue_0028 Pedro en Karien se mooi troue_0029 Pedro en Karien se mooi troue_0030 Pedro en Karien se mooi troue_0031 Pedro en Karien se mooi troue_0032 Pedro en Karien se mooi troue_0033 Pedro en Karien se mooi troue_0034 Pedro en Karien se mooi troue_0035 Pedro en Karien se mooi troue_0036 Pedro en Karien se mooi troue_0037


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Rëel die troue soos julle dit wil hê en probeer altwee se idees by jul groot dag inwerk. Respekteer mekaar, en onthou waaroor dit alles gaan – julle beloof aan mekaar en voor God om mekaar te eer en altyd by te staan.

Verloof wees is ‘n heerlike fase, geniet elke oomblik!


Pedro en Karien se mooi troue_0038 Pedro en Karien se mooi troue_0040 Pedro en Karien se mooi troue_0041 Pedro en Karien se mooi troue_0042 Pedro en Karien se mooi troue_0043 Pedro en Karien se mooi troue_0044 Pedro en Karien se mooi troue_0045 Pedro en Karien se mooi troue_0046


Diensverskaffers:

Fotograwe: Lilac Photography | Videograaf: Boland Weddings | Venue: Wolfkloof, Robertson
Hare & Grimering: Essence of Beauty | Musiek: DJ Glen | Rok: Sincerity Bridal
Juwele: Hayley Goodrich Accessories | Pakke: Eurosuit | Dekor: My ma
Strooimeisie rokke: Aneleen van Zyl