Mariska & Havier se verlowing fotosessie

Vandag se verlowing fotosessie was by ‘n Lugmag basis gehou by ‘n vliegtuig en die talentvolle JC Click het Mariska en Havier se liefde op kiekies vasgevang.  Die paartjie trou volgende week 10 Desember 2015 by Oak House en ons sien uit daar na om hul troue ook met jul te deel.  Geniet die fotos en die paartjie se storie.


Mariska & Havier_0001Mariska & Havier_0002 Mariska & Havier_0003 Mariska & Havier_0004


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het ontmoet na matriek, waar ons altwee ‘n Gap jaar bygewoon het.  Die eerste dag het Havier met my kom praat omdat “sy het ‘n pers enkel bandjie gedra en ek het gedink sy het mooi bene”.  Die vriendskap het sterker geword van daar af, en na ‘n staptoer deur Sabie se asemrowende berge, ‘n Survivor kamp en verskeie ander avonture het ons die volgende jaar saam by Target Life gewerk.  ‘n Jaar en ‘n half later het ons met ander oë na mekaar begin kyk. Dit was nie net meer my beste vriend nie, en op 1 Mei 2013 het ons besluit dat die lewe net nie dieselfde is sonder mekaar nie.


Mariska & Havier_0005 Mariska & Havier_0006 Mariska & Havier_0007


Hoe het julle verloof geraak?

Alles het eintlik al in 2011 begin toe Havier vir my vertel het van sy oom wat in Rustenburg ‘n wildsplaas het. Alles was gereël dat ons daardie oggend vir ‘n safari sou gaan. Ons het 04:00 die oggend al begin ry, op die aanwysings wat hy vir my op ‘n los papiertjie geskryf het.

Oppad na die “plaas” toe, draai ons toe op ‘n grondpad af wat se Balloon Safari. In my kop dink ek net ” Yes, ek wou dit nog altyd gedoen het, finally kan ek dit ook van my bucket list afmerk”, min wetende wat op my gewag het.

Ons het ons eie privaat lugballon gehad by Bill Harrops Ballon Safari en het om en by 06:00 opgestyg. Die sonsopkoms was een vir die boeke. Soos altyd het ek met my kamera alles probeer vasvang en die knoppie onophoudelik gedruk. Die dame wat ons ballon gevlieg het, het toe gevra of sy ‘n paar fotos vir ons kon neem ” dit was die sleutel woord tussen Havier en haar, vir alles gaan nou gebeur”,

Havier het op een knieg afgesak om sy hoed in sy rugsak te bere, hy het toe ook ‘n klein wit boksie uit sy sak gehaal.  Ek het hom nie eers behoorlik kans gegee om te vra ” sal jy met my trou?” nie, en dadelike met trane in my oë ja gese.  Ons het die rit verder geniet, alles was perfek, want ek wou altyd ‘n oomblik net ons saam waar niemand anders by is nie geniet, onder op die grond het daar shampanje en lemoensap gewag, waar ons ‘n glasie geklink op ons lewe saam.


Mariska & Havier_0008 Mariska & Havier_0009 Mariska & Havier_0010 Mariska & Havier_0011 Mariska & Havier_0012 Mariska & Havier_0013 Mariska & Havier_0014


Wanneer beplan julle om te trou?

Ons trou die 10de Desember 2015 in Cullinan en is al behoorlik opgewonde vir die dag wat nou moet aanbreek.


Mariska & Havier_0015 Mariska & Havier_0016 Mariska & Havier_0017 Mariska & Havier_0018 Mariska & Havier_0019 Mariska & Havier_0020 Mariska & Havier_0021 Mariska & Havier_0022 Mariska & Havier_0024 Mariska & Havier_0025 Mariska & Havier_0026 Mariska & Havier_0027


Diensverskaffers:

  • Fotograaf: JCclick
  • Grimering: Charmonix Magnifique Artistry
  • Verlowing fotosessie Venue:  Swartkops Lugmag Basis
  • Trou Venue:  Oak House Cullinan
  • Verlowing: Bill Harrops Balloon Safari