Kuier by Kagga Kamma

kaggakamma_0001


Ons kuier by Kagga Kamma, ‘n luukse wegbreek plek in die Cederberge.  As jy nog nie in die Cederberge was nie, dan sal jy definitief vinning ‘n plan moet maak.  Dit is een van die mooiste dele in ons land.  Kagga Kamma bied nie net vir gaste pragtige natuurskoon en rustigheid nie, maar ook stylvolle unieke akkommodasie, heerlike etes en eksklusiewe toere en aktiwiteite om te geniet gedurende jou verblyf.

Die Ceberberge is ‘n unieke Karoo-agtige wildernis waar jy die wêreldberoemde wilde blomme kan geniet gedurende die reënseisoen en ook die besonderse diere wat in hierdie geharde omgewing aangepas het om te oorleef.

Kagga Kamma self is uniek ten opsigte van die aktiwiteite wat beskikbaar gestel is vir gaste.  Besoekers kan kies uit `n verskeidenheid akkommodasie-tiepes naamlik: die Grot suites, `n opelug kamer en luukse grasdak rondawels om die omgewing en sy uniekhied in te neem.


Sandstone Rock Formations in the Cederberg of South Africa Sandstone Rock Formations in the Cederberg of South Africa


Van die ander aktiwiteite by Kagga Kamma sluit in ‘n begeleide 4×4 en vierwielmotorfiets safaris, staproetes en sterrekyk fasiliteite by die Sterrewag.  Jy kan lekker onstapn in die swembad terwyl hulle na die indrukwekkende rotsformasies om  jou kyk.  Die Spa se eksklusiewe gesondheidsrooeks bestaan uit verfrissende en vernuwende behandelings wat jou sal laat tintel van genoegdoening.  Die skilderagtige Karoo landskap en sonsondergang is reg deur die jaar iets besonders om te aanskou.


kaggakamma_0004


Die restaurant en kroeg by Kagga Kamma het ‘n volledige à la carte spyskaart waar jy definitief smullekker kos sal kan geniet.  Jy kan ontbyt, middagete en aandete onder die sterre by die restaurant geniet.  Daar is ook ‘n kroeg waar jy drankies kan bestel, Wi-Fi kan opvang en sateliet TV kan geniet.  Nie dat jy nou enigsens enige een van die twee sal benodig in die pragtige omgewing nie en heel moontlik meeste van die dag buite sal wee, maar dit is altyd lekker om te weet dat dit beskikbaar is indien jy dit wel sou benodig.


kaggakamma_0005


Een van Kagga Kamma se unieke kenmerke is die Boesman rotskuns in en om die oord.  Van hierdie kunswerke is ongeveer 6,000 jaar oud.  Die rotskuns in die Kagga Kamma omgewing wys ons dat sekere diere wat in hierdie streek voorgekom het uitgesterf het.  Sommige rotskuns beeld ook die Boesmans se geloof en rituele uit deur voorstellings van beswymingsdanse.  Tydens hierdie danse sou vrouens ritmies sing en handeklap terwyl mans en toordokters hulself in `n toestand van beswyming in gedans het.  Hulle het geglo dat mans kontak kon maak met die spirituele wêreld wanneer hulle in `n beswyming is en dan direk met die geeste (wat verantwoordelik is vir siekte) kon kommunikeer om beter geneeshere te word.


kaggakamma_0006 kaggakamma_0007kaggakamma_0008 kaggakamma_0009 OLYMPUS DIGITAL CAMERA


Kagga Kamma is die perfekte wegbreek plek vir jou wittebrood of as jy verloof is om net ‘n lekker wegbreek te vat en bietjie die skoene uit te skop en te ontspan.


Sandstone Rock Formations in the Cederberg of South Africa


Fotos: Verskaf deur Kagga Kamma